Opperman se vuurdoop
2017-11-09"Vandat Opperman hier aangekom het, is Vrydagaande nou grammofoonaande. Nou sit almal in die voorhuis en koud kry en die grammofoon speel 'Moonlight and roses' en 'Tennessee waltz', maar niemand dans nie."
Nostalgie
2013-10-11 Kaarte is my swak - nie speelkaarte nie, maar gekarteerde areas. Om plekname en gedagtes op die rekenaar se soekenjin in te tik en die plastiekmuis ’n klikkie te gee, is die toppunt van (skoon, eerlike) plesier op kantoor!!!
Afrikaanse Skryfgids-kompetisie: Om iemand in die donker te lei
2012-09-06 "Tot ek die handjie teen my bors vasdruk en soen,soen, soen. Maar net ek kon dit doen, want ek het hom vir my gevat. Dit is die hand wat my getug het toe ek klein was."
Joop
2012-07-31 "Iemand braai vleis. Naby, sê die rokie wat om my draai op pad kar toe. Binne-in die motor klou die vetdeurtrekte doringhoutgeur aan my vas en laat my maag ’n sekonde lank ruk. ’n Motor swaai om die hoek en gooi sy hoofligte oor my; gryp die honger weg ... soos Joop se oë, netnou."Vervaldatum-kompetisie: Seereis
2012-04-26 Die skielike kilte wat van êrens teen haar kom aandruk, laat haar ril en Naomi trek die handdoek stywer om haar vas. Gaan druk haar lyf teen die reling en staar na die golwe wat van die boeg af wegssteier.

