Wesens: R15 000 se pryse te wen

  • 0

Filmstudente en -liefhebbers kan groot kontantpryse wen. Die skeppende agentskap The Suits en LitNet soek ’n kritiese ontleding van Wesens, die veelbekroonde Karoo-wetenskapfiksiefilm wat in Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is en nou vanaf 8 Maart 2021 eksklusief beskikbaar is op DStv BoxOffice.

(This page is available in English, click here.)

Skryf ’n filmontleding

Ons vra meer as ’n konvensionele filmresensie. Ontlééd die film vir ons. ’n Kundige paneel, saamgestel uit LitNet en The Suits se geledere, sal die inskrywings keur as die gehalte van die inskrywings na hulle oordeel hoog genoeg is. Die prysgeld is soos volg:

  • R10 000 as eerste prys
  • R3 000 as tweede prys
  • R2 000 as derde prys.

Enigeen kan deelneem, maar werknemers van LitNet en The Suits sal nie in aanmerking kan kom vir die pryse nie.

Hoe om in te skryf
  • Kyk die film. Wesens is vanaf 8 Maart 2021 eksklusief beskikbaar is op DStv BoxOffice.
  • Skryf ’n kritiese ontleding van die film (tussen 500 en 1 200 woorde).
  • Stuur jou inskrywing aan [email protected] met die woord “Wesens” duidelik in die onderwerplyn.
Reëls
  • Inskrywings moet LitNet voor of op 9 Mei 2021 bereik om in aanmerking te kom vir ’n prys.
  • Inskrywings mag gelewer word in enige variant van Afrikaans, Engels of Nederlands.
  • Die kopiereg op die inskrywings bly by die skrywer daarvan, maar deur in te skryf, gee die skrywer LitNet en/of ons susterblad Voertaal die reg om die ontleding gratis te publiseer.
  • Alle inskrywings sal oorweeg word, maar LitNet behou die reg voor om inskrywings nie te publiseer nie.
  • Elke inskrywing moet vergesel word van ’n kort biografie (100 woorde) van die skrywer en ’n foto.
  • Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.
  • Geen inskrywings op LitNet se sosiale media of op LitNet se kommentaarafdeling sal in aanmerking kom vir pryse nie.
  • Die wenners sal op LitNet se webwerf en sosiale media aangekondig word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
Lees ook

Persverklaring: Wesens eksklusief beskikbaar op Dstv BoxOffice vanaf 8 Maart

Wesens: R15 000 in prizes to be won

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top