
LitNet, in samewerking met Vicky Davis Media en die Suidoosterfees, gee 3x2 kaartjies weg na twee vertonings elk by die Suidoosterfees.
Ses paartjies sal dus die geleentheid kry om saam ’n vertoning by die Suidoosterfees by te woon.
- Daar is 3x2 kaartjies te wen na Konsert van hoop.
- En daar is 3x2 kaartjies te wen na Under African skies.
Hoe om in te skryf vir Konsert van hoop:
Lees die persverklaring.
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Konsert van hoop”.
- In die e-pos self moet jy sê wie speel die tjello in Konsert van hoop.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op Dinsdag 25 April 2023 bereik.
Hoe om in te skryf vir Under African skies:
Lees die persverklaring.
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Under African skies”.
- In die e-pos self moet jy sê saam met wie die supergroep Zasha! getoer het voor hy oorlede is.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op Dinsdag 25 April 2023 bereik.
Reëls
- Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
- Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
- Wenners sal self by die fees moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan Vicky Davis Media te verskaf en jy gee aan Vicky Davis Media die reg om met jou kontak te maak.
- LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.

