Persverklaring: Konsert van hoop by die Suidoosterfees

27 April is Vryheidsdag, ’n nasionale geleentheid wat hoop vir alle Suid-Afrikaners simboliseer. Vanjaar vier Suidoosterfees hierdie spesiale dag met ’n skouspelagtige uitvoering van ligte en klassieke musiek, opera en dans, aangebied deur Artscape se top uitvoerende kunstenaars en van die land se gewildste sangers, musikante en kore.