
LitNet, in samewerking met Lekkerland Carnival, gee 5x2 kaartjies weg na die Lekkerland Carnival op Saterdag 13 Mei in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin.
Vyf paartjies sal dus die geleentheid kry om die Lekkerland Carnival by te woon.
Hoe om in te skryf:
Persverklaring: Lekkerland Carnival, Saterdag 13 Mei, Pretoria
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Lekkerland Carnival”.
- In die e-pos self moet jy een van die twee komediante se name noem wat optree as seremoniemeesters.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op Vrydag 5 Mei 2023 bereik.
Reëls
- Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
- Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
- Wenners sal self by die fees moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan die organiseerders te verskaf en jy gee aan hulle die reg om met jou kontak te maak.
- LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.

