Persverklaring: Lekkerland Carnival, Saterdag 13 Mei, Pretoria

  • 0

Lekkerland Carnival
Saterdag 13 Mei, Pretoria Nasionale Botaniese Tuin.

Musiek en karnavalspeelterrein. Geskik vir die hele gesin, kinders onder 15 kry gratis toegang. 

Prime Circle, Elandré, Matthew Mole, Irene-Louise van Wyk, Georgetown, Ryno Velvet, Pedro Barbosa en Zaan Sonnekus.

King Price Insurance se gewilde dagkonsert, Lekkerland Carnival, wat sedert 2017 in Dullstroom, Mpumalanga aangebied was, skuif vanjaar na die Nasionale Botaniese Tuin in Pretoria. Dis die perfekte dag uitstappie vir vriende en familie wat hou van goeie musiek en baie pret. ’n Groot verhoog met topgehalteklank, tesame met ’n kleurvolle karnavalterrein waar kinders lekker kan speel, maak dit een van die lekkerste uitstappies wat jy hierdie jaar vir jou gesin kan beplan.

Elke kunstenaar wat vanjaar op die Lekkerland verhoog gaan speel is bekend vir hul onvergeetlike vertonings: Die legendariese rock groep Prime Circle, die blue-billy folk-popgroep Georgetown, en van ons land se mees geliefde solo kunstenaars Elandré, Matthew Mole, Irene – Louise van Wyk, Ryno Velvet, Pedro Barbosa en Zaan Sonnekus gaan sorg vir heeldag-musiekvermaak, terwyl kinders lekker in die pretparkarea kan speel. Die komediante Bouwer Bosch en Themba Robin sal sorg dat alles sonder moeite wissel as die seremoniemeesters.

De Wet van Deventer, hoof van bemarking by King Price sê:

Ons is baie opgewonde oor vanjaar se Lekkerland Carnival en wil almal aanmoedig om die dag saam met ons te kom geniet. Bring jou vriende en familie, en onthou kinders onder 15 kry gratis toegang. Dit is juis ons wens dat vriende en familie vir die dag sorgvry saam kuier. Daar is iets vir almal. So, maak gereed vir ‘n #lekkerrr karnaval. Met sommer baie King Price pret, natuurlik!

Zaan Sonnekus vertel: “Lekkerland is ’n plek waar familie en vriende bymekaar kom in vreugde en die musiek binne jou op ’n luidspreker gespeel word.”

Ryno Velvet som dit dan alles lekker op: “Wat kan nou beter wees as om by die Lekkerland Carnival te kan stof opskop en litte los te maak? Kom hê die tyd van jou lewe!”

Die program vir die dag lyk so:

08:30 ​Hekke maak oop

10:00​ Zaan Sonnekus

11:00​ Ryno Velvet

12:00​ Irene Louise van Wyk

13:00​ Pedro Barbosa

14:00​ Georgetown and the Moonies

15:00​ Matthew Mole

16:00​ Elandré

17:00​ Prime Circle 

Neem asseblief kennis: Dinge gebeur, so tydlynveranderinge mag dalk plaasvind, sou die produksiespan dit vereis. Hou ons sosiale platforms dop om seker te maak jy mis nie jou gunstelingkunstenaar nie. 

Plek: Pretoria Nasionale Botaniese Tuin
Hekke oop: ​​08:30
Hekke toe:​​ 18:00
Kaartjies: ​Computicket, op die Lekkerland Carnival webblad, of by Usave, Shoprite en Checkers Money Markets
Algemene toegang: ​R280
VIP: Daar is ook ’n VIP-opsie – R700 (sluit nie die feeskaartjie in nie.) Sien VIP-inligting op www.lekkerland.co.za.
Kinders onder 15: ​Gratis (onthou om jou kinders te registreer wanneer jy jou kaartjies koop)
Kinders: ​​​Karnavalspeelterrein met springkastele, glybane, ritte en speletjies
Verversings: ​​Gelisensieerde biertent met kosstalletjies vir almal se smake

Instagram: ​​@lekkerlandZA

Hutstekens: ​​#lekkerlandZA #lekkerlandcarnival #lekkerwasnognooitsolekkernie

Ons Club VIP is terug. Betaal R700 ekstra en kry toegang tot ons lekker BBP area wat geallokeerde drankies en kos insluit. Inligting by lekkerland.co.za.

King Price-kliënte kan ook gebruik maak van king’s cab om seker te maak hulle kom veilig by die huis. Bel net 0860 50 50 50 en volg die instruksies om jou king's cab te bespreek.

Feesgangers moet ook oorweeg om van saamrygeleenthede gebruik te maak.

Lekkerland Carnival is kontantloos – betalings by die fees kan met enige kaart gemaak word, of Snapscan, Masterpass, Appel Pay, Samsung Pay en so aan. 

B’s & V’s geld.

lekkerland.co.za

Lees ook:

Wen kaartjies na die Lekkerland Carnival op Saterdag 13 Mei in Pretoria

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top