Terwyl die lood van unregistered pistole gate in tallose headlines brand oppie Kaapse Vlakte, wek die ontplooiing vannie weermag na talle gemeenskappe nuwe suspisie in my op. Is dit die finale oplossing om korrupsie en misdaad te tem? Is dit die beste move van 'n intelligence-gedrewe operasie?
My skeptiese breinvinger pluk aan hierdie trekpleister wat lê op 'n gapende wond: 'n politiese poging deur die DA wat 'n valse indruk skep dat kalmte uiteindelik binne skietafstand is. Intussentyd dryf underground syndicates ongesteurd handel onder die neus van 'n dysfunctional government structure wat 'n skade berokken op politiese, ekonomiese, fisiese en gemeenskaplike vlakke. Hoe gaan jy die probleem oplos deur die misdaad se verkoopsman te arresteer, maar jy los die verskaffers en verspreiders vir nogge dag?
Georganiseerde misdaad se mutasie strek met elke nuwe geleentheid om ekonomies voordelig te verskyn aan 'n plaaslike populasie wat aanteel soos hofsake van corrupt officials. Die genadelose druk word voortdurend op die mees kwesbare lede van die samelewing geplaas met die gevolg dat korrupsie guns vind deur direkte netwerke binne en buite die tronkmure en die staat.
Buitelandse sindikate het die Reënboognasie se floodgates binnegeval na '94 met die gevolg dat plaaslike gangsters via die Nommer nuwe lede ingetrek het buitekant die tronk om hierdie indringers van hulle turf af te hou en sodoende die traffic in hul gemeenskap te control. Gangsterskap bied steeds 'n gemeenskaplike hanteringsmeganisme wat die samewerking van hulle mense kry in ruil vir beskerming en vul 'n noodsaaklike gaping steeds onaangeraak deur verskeie institusies en soortgelyke instansies.
Die matrix vannie ondergrondse misdaadhandel oor 'n magdom van dwelms, prostitusie, perlemoen, liggaamsdele, ensovoort, met die vemoë om 'n variasie van strategieë as beginsels aan te stel. Die dienaars van hierdie boule is grensloos met 'n bodemlose skatkis courtesy van belastingbetaler en finansieel verswakte populasiegroepe.
Die medianavorsers pomp weekliks statistieke om die leser te desensitise en sodoende die indruk te skep dat die populasie handuit ruk. Oplossing: die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se ontplooiing teen 'n aantreklike bedrag van R23 miljoen. Vir hierdie bedrag sal een van die gewapende kampeerders vrywilliglik na die naaste spaza shop hardloop vir 'n brood vi' my antie? Sal die army-trok 'n lift gee tot by die stasie? Versterk hierdie magte die vloei van plaaslike en internasionale sakebelange of wink hier nog moontlik vorms van gentrifikasie in die aftermath? Sodra die tente se flappe nie meer wapper nie is ons terug op vlak een?
Aksieplanne van die hoogste orde word ingeroep na digbevolkte areas soos Mfuleni, Mitchell's Plain, Gugulethu, Delft, Nyanga, Kraaifontein, Harare, Manenberg, Phillipi East en Bishop Lavis wat ryk is aan menslike hulpbronne vir die andersins kriminele selfstandiges. Verdedigingkundiges stimuleer die optimisme van die gefrustreerde publiek met teoretiese tandtrektaktieke wat deur die weermag ingestel sal word om kriminele te onttrek uit die sisteem. Hierdie doellose tydelike vergunning doen niks om die wortel van die kwaad te verwyder nie. Minister van Community Safety, Albert Fritz, se woorde weergalm die sentiment van die status quo soos 'n knaldemper:
"Die ontplooiing van die SANW is 'n groot verligting vir die mense van ons provinsie wat nou kan uitsien om veilig te wees in hul eie gemeenskappe en huise” (Defence Web, 25 July 2019).
Dit laat my nog minder met rus. Hierdie poging sit aan die voorkant van 'n skadu-operasie wat ons diep in die gesig staar. Het jy dalk vergeet van die Zuma-fenomeen? Ja wel, groter beeste loop deur hierdie trog, my vriend. Kennisse in die wetstoepassingsdienste se lippe hou donker demone vas terwyl globale smokkeltakke by die tros oor die grense stroom: van chemies tot eksoties, kern tot mineraal (Patric Tariq Mellet, 23 July 8:16AM).
Die oorlog woed maar nie op die skaal soos daar in die media gesê word nie. Fiksie maak meer sin as die waarheid sodra jy die gedeeltes bymekaar sit soos 'n legkaart. My poging om die noodlot van die publiek in my mooiste Afrikaaps te rangskik gaan soos volg:
Dis die aand voor tweeduisend en "X"
Innie paleis vannie keiser sit ek
Langs die tafel wat tax collectors met spyse bedek
Gaste stap in met diamonds ge-decorate ommie nekke
Respect die Bill 'cos aanmekaar word daar geskryf innie cheque boeke
Kameraman, vervan die tape en connect soos ons
Skarrel op dese aand met TDK's ge-stack
Almal wat iemand is is daar
Tussen eidel gesprekke sien ek hoe politici lounge mettie sewe duiwels
Heel spef,
check 'it
Bellydancers vannie fynste finesse is twaalf jaar oud
Enkels drape chains vannie ghetto's
Amptenare speel kaarte
Die stakes is petrol, water, minerale, education, rates, etcetera!!
Walms van vleis en spek is dik
Maaltyd kom uit'ie gereg
Judge en staatsgetuie raak buite-egtelik in mekaar ge-strangle
Soos mosaic patterns op carpets
Konstables drink wyn uit 'n jar ge-shape soos 'n tiet
'n Vrag members of parliament nestle in 'n tattoo parlour
En stap uit met barcodes: die latest trend
Base, ryk en gevestig maak gebruik vannie pleasure
Cigars met compliments van working-class pay puff hulle
Passive
Die aand voor tweeduisend en “x”
Vir baie mense is hierdie stap 'n verligting, soos vir diegene in Hanover Park. Die teenoorgestelde word gesê in Manenberg, waar hulle hulself uitsorteer, volgens nuusberigte. Die mense oppie grond weet wie die skietwerk doen. Gangsterskap is ook famielieskap en strek oor generasies.
Dis eintlik die gangsters wat ons nie sien nie, wat wegkom met die grootste byt uit die misdaadkoek. Gesiglose haaie wat swem in die bloedbaddens rond gedrapeer in tuxedos en uncapped Wi-Fi connection. Hulle toesprake kap soos beitels teen die grafstene van die voortydige dood van jong gestorwenisse. Hulle limos word ge-escort deur die blue brigade na die airport. Die firepool bly vol alhoewel die droogte hoog loop. Kriminele neigings word soos kuns en kultuur spesiale gebeurtenisse, met aftree-pakette van die mees gesofistikeerde ondergrondse geldeenhede. Ons is opie payroll, my broe. Die munstuk het twee kante. Die weermag handhaaf die funksies van 'n skaakspel geskyf deur die onsigbare hand van die georganiseerde kriminele sindikaat. Wie is die government? En wie is hulle government?
Kommentaar
Ek wil sommer op my seepkissie klim en op Die Braak in Stellenbosch voor al die geleerdes én politici van die dag "Ek het julle mos gesê!" uitroep! Ek deel die sentiment van #Jitsvinger dat die regering deur 'n onderduims modderige onsigbare regering bínne die regering regeer word, en dáái president ace ál sy meetings al sit hy brand-bek om 'n pot gif sterk kerrie in die hitsige woesynsand van Sahara en back-space op die qwerty. Tog met die hulp van 'n dop vodka en 'n orange spray tan graveer hul daagliks die name van die gerúkte blomme op doodsertifikate ...
Befok My Bro ...
So true my friend, I fully agree with you.