Army versus gangstes: Round one, fight!

  • 2

Soe lank soes ek op die Flêts bly ken ek vi hulle, die gangs wat die mense besteel en dood maak, wat die vroumense vekrag, en die jongmense intrek om hulle veil wêk te doen. Maa is hulle rêrig soe evil soes ôs dit uitmaak, lat ôs nou die army moet in bring? Natuurlik is die antwoord ja, wan hoeveel onskuldige mense het nou al hulle liewens veloo deu ’n bullet wat sy pad veloorit? Te veel mense. Maa hoe gat die army help?

Daa is baie mense wat vra, “Wat is die use?” Die hele storie is ’n spektakel, ’n moerse joke wat die heidige gawement speel op die mens van die Cape Flêts. Selfs die gangstes dink dis ’n joke, wan vi hulle is dit business soes altyd. Dink die gawement rêrig die gangstes is bang vi hulle army, as hulle armies van hulle eie het? Die gangstes is biesagheidsmense, en hulle gattie ophou nie. Die game speel hulle vêder, en die drie maane wat die army gat paradeer op die Flêts, wat gannit baat?

Die vrae wat my die êgste pla oo die gangste vs army gedoente is as volg. Waa kry die gangstes hulle guns, en waa kry hulle die drugs wat hulle soe lat baklei oo turf? En hoe issit moonlik lat die gangstes aliewig net ’n tree voo die polies is? Op Amerikaanse TV en movies, dan loep die storielyn mos dat daa iewers ’n collussion is tussen die polies en die gangs as soe iets gebee, en in ’n artikel wat ek gelies het, sê een gangste-baas dat dit die saak is. Hulle hoefie te warrie nie wan hulle het die gattas in hulle sakke. Nou as dit die saak is vi hoekô moet daa soe baie geld gewaste wôt om die army vi ’n paa maande op die Flêts te hê?

 Ek mien dissie soes die mense wat gehuur wôt ’n spesiale unit uit die UK of Amerika issie. Dis die Suid-Afrikaanse weermag! Is dit oekie anyway deel van hulle memo om Suid-Afrikaners veilig te hou nie? En nog op dit, wat maak die army as hulle nie in ’n oorlog baklei nie? Hulle maak reg vi die oorlog. Maa nou hoekô kan hulle nie gestasie wôt in die areas wat soe dik toe van die gangstes issie? Drie-en-twientag miljoen rand vi drie maane? En daai is sieke net die “quote”, die invoice moet sieke nog gestuu wôt!

Ek was rêrig min gespin oo die hele storie, wan die polies Chief, Bheki Cele, remind my net te veel an ’n ou-roeke. Dit lyk soes hy nie vetrou kan wôt om in charge te wies van die polies nie, soes hy moet nêrens betrokke wies by politiek, of ienige iets wat met die publiek te doene hettie. Niee, sy look maak my net uneasy voel. Maa miskien kyk ek net te veel Amerikaanse TV-stukke met ou-roekes in, of miskien is dit daai hoedjie van hom.

Die ding is die, wanne djy ’n leemte het van iets, moet dit gevul wôt. Die kinnes wat vi hulle soe stêk hou met guns in hulle hanne in, is kinnes wat liefde en bystand nodig het, en daai kamp, maak nou nie saak of dit 26-, 27-, of 28-kamp issie, gie vi hulle daai liefde en omgie wat hulle soek. Die armoede wat mense moet elke dag deu maak, wôt toe gesmee met die “easy” geld wat gangste-skap beloewe. Dis ampe soes ôs wil soe liewe, maa mense het min keuses op die Flêts.

As die liewens van die mense op die Flêts belangrik was, dan sal die drug dens, prossie-huise, merts en gangs nie die proebleem is wat dit nou issie.

Maa Cele en annes soes hy sien dat die SADF die antwoort is. Wat doen die army annes as om mense nou te laat veilig voel? Wat gebee as die gangs gatvol raak en trug stoot of hulle wôt gecorner? Dan sal die army mos moet trug skiet, en wat wôt dan van die publiek se safety?

Die is wat ek sien.

Army = wettige entiteit wat mense, bronne en turf beheer.  

Gangstes = onwettige entiteit wat mense, bronne en turf beheer.

Soe wat is die veskil as altwie die selle goed anvang? Die een is wettig en die anner nie. Ja! Die army is maa net oek ’n gang wat ’n biesagheid run, en wanne daa geskiet moet wôt oo turf, dan is hulle daa.

 

Weermag beurtkrag

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top