Ons spoortjie loop so fyn
deur tye en wet en gier
ek sien dit nou
oor die bedrade muur.
’n leë swembad, die kombuis sonder lag
tussen lang gras lê die gebreekte glas
Die afkyk (om die berge te vergeet)
waar is my hulp vandaan?
sal niemand meer weet.
die ou-ou foto se vreugde is nou verby
Die glimlagte en vreemdheid van hul
sorgloosheid
wat swewend agterbly
en laat my dink aan die tyd
toe ek en jy
so min kon had
maar steeds kon bly