Sy kyk na my soos 'n god

  • 0

In die winkel saam met haar pa
loop ‘n dogtertjie van so vier jaar,
 
haar gesig genadeloos ontwrig van geboorte,
maar deur die misplaaste oë
kom iets wat my toor –
dit was haar onbewustheid van die deformasie.
Daar was geen vat van die wêreld
in haar kyk na my.
Geen vloek na boontoe.
Geen pyn.
 
Maar ek weet: die gestaar, die agteraf gepraat presipiteer
om die rangskikking en al weet sy nie,
lê die eensaamheid reeds ingegrawe.
Want elke windgat, pronker of ydeltuit
sal deur hul ongeskrewe beleid
daardie oë dowwer en dower dwing,
die kind onnodig, selfbewus en verslae
tot by die hek van die hel bring.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top