In die nanag
tussen kribbellaatsy en vlas
die moordenaar
met sy palp op die snaar
hy wag, doodstil vir die prooi
wat dool in die git
buite is sy wêreldwye web se ankers in die uithoeke
vasgeplak en ingespit.
Hy slaan ag op
‘n trilling
so teer en fyn
maar die frekwensie versnel
raak oorweldigend
oombliklik tot intense pyn.

