Veeltalige universiteite: ’n onderhoud met Emma Groenewald

  • 5

Emma Groenewald praat met Naomi Meyer oor Emma se artikel rondom veeltalige universiteite wat onlangs in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn het: Veeltaligheid op universiteit: ’n uitdaging én ’n geleentheid vir identiteitsvorming.

Veeltaligheid op universiteit: ’n uitdaging én ’n geleentheid vir identiteitsvorming

As mens in hierdie land oor veeltalige universteite praat, rys baie mense se nekhare. Maar dis 'n praktiese realiteit – die meeste universiteite is lank reeds veeltalig. Hoe het julle dit in julle navorsingsomgewing ervaar? En beteken "veeltalige" universiteit – die studente praat verskillende tale met mekaar, of daar word verskillende tale in die lesinglokale gepraat?

In die Noordkaap is Afrikaans die taal wat deur die meerderheid mense gepraat word, terwyl Setswana die grootste taalgroep by SPU is. Al Suid–Afrika se taalgroepe word verteenwoordig by SPU, maar die grootste taalgroepe is Setswana, isiXhosa en Afrikaans. Kleiner taalgroepe sluit in isiZulu, Venda, Sotho, Pedi en ander. Baie van die Afrikaans– en isiXhosasprekende studente vind dit in hul eerste jaar geweldig moeilik om in Engels, die medium van onderrig, te kommunikeer.  Kodewisseling kom dus voor – waar een student moontlik 'n ander sal help. Die kodewisseling veroorsaak egter spanning – veral tussen die bruin Afrikaanssprekende studente en die swart Setswanasprekers. Die Setwanasprekers wil hulle taal bevorder aangesien hulle op skoolvlak nooit die geleentheid gehad het om in hul huistaal onderrig te word nie.  Die meerderheid dosente is egter baie sensitief – ons aanvaar geen vraag in Afrikaans of Setwana nie. Indien 'n student nie 'n vraag in Engels kan formuleer nie, moet 'n medestudent dit eers in Engels vertaal.

Wat het julle laat dink: hieroor wil ek navorsing doen? Wat omtrent die kwessie van veeltaligheid het julle geïnspireer of geïnteresseer?

Ek het my PhD studie onder Adré se leiding gedoen –  rondom die narratiewe identiteitsvorming van studente op 'n diverse kampus. Vir data het ek refleksiewe skryfoefeninge en onderhoude met agt studente oor twee jaar gebruik.  Ons doen tans 'n opvolgstudie – weer skryfoefeninge en onderhoude met dieselfde agt studente in hul derde jaar en vierde jaar. Taal was een van die aspekte wat sterk na vore gekom het. Dit maak my opgewonde om te sien hoe studente se ingesteldheid teenoor veeltaligheid verander. Waar studente in hul eerste jaar negatief was oor ander tale, veral Afrikaans, het hulle in hul derde jaar 'n meer gemaklike houding teenoor die ander tale ingeneem. Taal is een dimensie van my identiteit en indien 'n anderstalige my probeer aanspreek of groet in my taal, erken en respekteer hy of sy dus die dimensie van my. By die SPU se School of Education moet alle studente in hul derde en vierde jaar een Language of Communication neem – Afrikaans, Setswana of isiXhosa (die grootste taalgroepe van die Noordkaap).

Hoe reageer studente op die plofbare kwessie van taal? Of was dit vir hulle hoegenaamd so 'n plofbare kwessie soos wat dit vir baie ouer mense is? Watter soort terugvoering en gesprekke het julle tydens jul navorsing gekry?

In studente se eerste jaar neem ek spanning, agterdog of wantroue tussen verskillende taalgroepe waar.  Terwyl Engels die medium van onderrig is, word Setswana hoofsaaklik informeel op die kampus gebruik. Studente het vertel van 'n gedig of toespraak wat 'n student in Afrikaans tydens 'n Afrikadagviering gelewer het en die negatiewe uitbarsting van die studente wat gevolg het. Toesprake in isiXhosa en Setswana is egter positief aanvaar. Dan ook 'n student wat Setswana wil bevorder – hy gee slagspreuke in Setswana waarna hy dit in Engels vertaal, maar sodra daar woorde in Afrikaans geuiter word, reageer die klas negatief. Dit is wel verblydend om te sien dat studente in hul derde jaar meer positief is teenoor ander tale. Ek glo die feit dat hulle dan al twee jaar saam in 'n klas was, help om die aanvanklike spanning of agterdog uit die weg te ruim. Die module Conversation Language help ook baie – en ek sal graag wil sien dat dit 'n verpligte module word, nie net vir opvoedkundestudente nie, maar vir al die studente.

Soveel mense, soveel tale. Maar word alles dan nie uiteindelik Engels nie? Ook: dink julle dat taal 'n groot rol speel in mense se kulture in hierdie land? Wat het julle bevind?

Veeltaligheid kan mense verdeel, maar ook mense bymekaar bring. Die onus rus op die individu – indien ek bereid is om 'n ander taal aan te leer, al is dit net basiese kommunikasie, is ek bereid om van 'n ander te leer, respekteer ek die individu vir sy taaldimensie en beweeg ons nader na mekaar.

Ek is self skuldig – as voorheen bevoordeelde wit Suid–Afrikaner was dit nooit nodig vir my om 'n ander taal aan te leer nie. Dit is een van my doelstellings – om minstens een ander taal wat in my streek gepraat word, te leer. Een dosent is 'n pragtige voorbeeld.  Hy kom van Zimbabwe en kon nie een van ons tale (behalwe Engels) praat nie. Hy het saam met die studente die Conversationalklasse bygewoon – eers twee jaar in Afrikaans en nou in Setwana. Dit maak my hart warm as hy my in Afrikaans groet en 'n basiese sin of twee in Afrikaans praat. Ek glo hoe meer ons mense kan oorreed om uit hul gemaksone te kom en 'n ander taal aan te leer, hoe nader kan verskillende taal– en kultuurgroepe aan mekaar beweeg.

Wat was die moeilike uitdagings en wat was die geleenthede op positiewe vlak – stories wat julle gehoor het? Ek sal graag sommer net informele stories uit jul navorsing wil hoor, as julle kans sien om dit te deel.

Nomsa se storie het my die meeste inspireer. Haar huistaal is isiXhosa, maar aangesien sy op 'n Noordkaapse dorpie grootgeword het, kan sy Afrikaans vlot praat. Vir Nomsa het Afrikaans verskillende kultuurgroepe saamgebind en "it was nice. At school we were Xhosa and coloured learners – there were no difference. We spoke Afrikaans 100 percent of the time. Even with the Xhosa teacher we would speak Afrikaans". By SPU wou sy baie graag by die koor aansluit, maar het bevind dat dit "not inclusive enough" is nie, aangesien daar meestal Setswana–liedere gesing word. Sy het dus besluit om nie 'n koorlid te word nie, want dit was "difficult to sing when I didn't know the meaning of the song". Sy het doelbewus met Tswana–studente begin sosialiseer en haar poging om haar taalagterstand uit te wis "became a joyful experience". In haar derde jaar het Nomsa weer by die koor aangesluit. Sy kon toe ook al byna vlot Setswana praat. Sy het die koor oorreed om ook liedere in Afrikaans en isiXhosa te sing. Haar bemiddeling is fantasties.

Die studente hieronder identifiseer hulself in terme van verskillende groepe en dit is dienooreenkomstig aangedui.

Joseph (Tswana-speaking male student)

"Regarding language, I think we have changed a lot – language bit by bit is no longer becoming a barrier. Those who didn't know Afrikaans, they are trying to learn it – and I also think being friends with people from different cultures and languages has also helped".

Amy (English-speaking coloured student)

"This year (third year) there was no code–switching in class – they stick to English. Just in our conversational Setswana class will the lecturer explain the terms in English. The students definitely get along better this year – the groups are much more accommodating towards each other. The groups know each other better".

John (Afrikaans-speaking white male student)

"Because we are taking conversational language – people have opened up more to Afrikaans – when someone do say something it's not that big of a deal anymore and they try to communicate in your language. I know some words in Setswana – I see people appreciate if if you can speak their language a bit. What was negative – was in microteaching because they have Setswana as a language and now they want to do a lesson on it but not everyone understands – so now it was sort of trouble in the class and the lecturer that invigilated also speaks Setswana so the rest of us was sort of left out but then they said you can't do it in a language that not everyone understands. Experience regarding language got better – so the negative experience regarding language was more in year one and two."

Reece (white English-speaking student)

"We did discussion in microteaching and everybody came in with topics and then the one was Afrikaans being removed from tertiary education and that caused a big thing, because half the class was like they don't know how anybody should learn Afrikaans and then Afrikaans people got really offended. At the end it wasn't a discussion – it was a full–blown argument. It went from tertiary education and ended up in Afrikaans in normal schools should just die. Language is part of me – we should respect one another."

Otsile (Pedi/Tswana-speaking male student)

"I took conversational Afrikaans this year. There are about the dominant languages in Kimberley – Afrikaans, Setswana and isiXhosa – if you know two of the three you are fine. But on campus you hear different languages from all over South Africa–Venda, Pedi. Language that can be a barrier, should actually bring us together. As a first–year student, the code–switching was more problematic because it may be a student that is exposed for the first time for example Afrikaans. As a third–year student you are now used to this – we are comfortable hearing other languages."

Shaka (isiZulu-speaking male student)

"I am a Zulu and I manage to find people that are like me – so we stay together, we stay in the same residence – most of us we stay in the same commune –  and in my third year the same thing happened. People outside the commune may say it is ethnicity. We are eight people in the commune and only one was Tswana – we lived well with him and then the other were all Zulus from different places. Since we are already in their environment we have already learnt their (Tswana) language, is just that we don't speak it, the language we learnt it, we know it  – it's just that we don't speak it – it comes back with the accent thing – so when you try to speak, people will start laughing, so it not nice. For me personally I just stopped that – I haven't explored it too much – my peers – whenever I try to talk– they will laugh – because of the accent – the way they speak is different from the way they speak. I follow a Setswana conversation up to the end – those that don't know me wouldn't know that I follow."

 

https://www.litnet.co.za/category/menings/universitysa/

  • 5

Kommentaar

  • "Veeltalig" - kode vir Engels-oorheersing.

    Dis die einde van staatsinstellings- en daarmee saam staatsuniversiteite.

  • Avatar
    Johannes Comestor

    In die Noord-Kaap, soos in Namibie, is Afrikaans die algemene spreektaal. In albei is die universitere onderrigtaal egter Engels. Dit word eerder om politieke as opvoedkundige redes gedoen. Die naam van die universiteit in Kimberley het ook doelbewus 'n sterk politieke inslag. Universiteit Kimberley of Universiteit Noord-Kaap sou meer neutraal gewees het. Daar behoort baie sterker verset teen die eensydige en skadelike verpolitisering van die akademie te wees.

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Nee wat ek dink Sol Plaatje is 'n uitstekende naam vir daardie universiteit. En hulle trek ook studente van reg oor die land, nie net uit die Noord-Kaap nie. Die Noord-Kaap het minder as 2 miljoen mense, Eintlik onbenullig in vergelyking met ander provinsies se getalle. Een van hulle kursusse is byvoorbeeld Publieke Administrasie. Die hele Suid-Afrikaanse regering se administrasie word in Engels gedoen. Elke notule. Elke verslag. Elke vergadering. Alles. As iets in Afrikaans of enige ander taal ingedien word, sal die ouditeur bevind die werk was nie gedoen nie. So dit maak gladnie sin om die kursus in Afrikaans aan te bied nie. Dan leer mense net klomp begrippe in 'n taal waarin hulle nooit sal skryf nie.

  • Avatar
    Johannes Comestor

    Barend is 'n Van der Merwe wat 'n pleidooi vir Engels eerder as Afrikaans lewer. Sol Plaatje se ANC-verbintenis is vir hom ook geen probleem nie. As daar 'n Afrikaanse universiteit in Kimberley was, kon dit Afrikaanse studente vanoor die hele Suidelike Afrika getrek het. Hy berus ook in die feitlik uitsluitlike gebruik van die koloniale taal Engels in owerheidsdienste op al drie regeringsvlakke. Tradisioneel sou 'n mens eerder verwag dat 'n Van der Merwe daarop aandring dat Afrikaans as amptelike taal oral tot sy reg kom.

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Johannes ek herhaal, Suid-Afrika se hele administrasie word in Engels gedoen. Elke verslag en notule en vergadering word in Engels gedoen. Die Afrikaans wat in die Noord-Kaap gepraat word, word tog mos nie eintlik as Afrikaans beskou deur die ooms met die dik brille nie. Dit word "Kaaps" genoem. Daar is groter konsentrasies Afrikaanssprekers in ander dele van die land. Die Noord-Kaap het nie eens 2 miljoen mense nie. Waarvan 'n derde Setswana praat. Al die handboeke is ook deesdae in Engels. Wie gaan dit als vertaal? Jy? En ja Plaatje was baie begaafde skrywer gladnie slegte keuse vir die universiteit se naam.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top