Die 2018 US Woordfees WoordTROfees is op 18 April by ’n spesiale toekenningsgeleentheid by Hog House op die Spier-landgoed oorhandig. Die wenners het elkeen ’n kunswerk en kontant ontvang. Dié prystuitdelingsgeleentheid is aangebied met die ondersteuning van die ATKV.
Hier is die lys van nominasies.

Rehane Abrahams (Womb of Fire)
Die wenners is:
Toneel: Beste speler
Rehane Abrahams (Womb of Fire)
Toneel: Beste byspeler
Kopano Maroga (Buite land)
Toneel: Beste regisseur
Sara Matchett (Womb of Fire)
Toneel: Beste teaterstuk
Womb of Fire
Toneel: Beste Woordfeesdebuut
Klippe wat val
Beste opkomende kunstenaar(s)
Carla Smith (NRNNSA)
Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie
Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing
Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar
Elvis Blue (Saam)
Kontemporêre musiek: Beste groep
Gesnaarde gedigte
Klassieke musiek: Vokaal
Conroy Scott (Elijah)
Klassieke musiek: Instrumentaal
Signum Quartet
Visuele kunste: Beste aanbieding
Manyatsa Monyamane (Ongetiteld)
Woordkuns
Die kuns van verdwyn
Beste tegniese prestasie
Eeufeeskonsert (klankmeng: Johan Griesel)
Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë is:
Prosa: Elsa Joubert – Spertyd
Politiek en aktueel: Thandeka Gqubule – No Longer Whispering to Power
Leefstyl: Antoinette Pienaar – Die lang man sonder skaduwee
Kinder- en jeugboeke: Philip de Vos – Vandag is ek ’n windlawaai
Die volgende spesiale pryse is op die aand van die toekennings oorhandig word:
Die pendeldiens-span is aangewys as die Feeshelde wat vanjaar ’n besonderse bydrae tot die sukses van die US Woordfees gelewer het.
Janine Neethling het die In Verbondenheid-prys ontvang. Hierdie prys word toegeken aan ’n rolspeler wat binne die omgewing van die US Woordfees, WOW en die US Koor nouer en beter samewerking bewerkstellig het sonder dat hy/sy monetêr daarvoor vergoed is.
WOW Onderwyser van die Jaar
Johan le Roux
WOW Skool van die Jaar
Worcester Sekondêr
Kommentaar
Ek stem saam met die span van die pendeldiens, hulle was ware helde, en só vriendelik, en daar was absoluut geen uitsonderings nie. Elke een het voortreflike diens gelewer.