US Woordfees 2017: Volledige program

  • 7

Die bekendstelling van die program van US Woordfees 2017 het op 17 November 2016 plaasgevind. Hier onder is die volledige program. Volg telkens die skakel na die betrokke onderafdeling van dié fees, wat vanaf 3 tot 12 Maart 2017 plaasvind:

  1. Skrywersprogram
  2. Diskoers
  3. Toneel
  4. Stand-up-komedie
  5. Begin
  6. Woordkuns
  7. Kabaret en konsert
  8. Sanlam-musiekfees
  9. Coetzenburg-konserte
  10. Klassieke musiek
  11. Kinderteater
  12. Filmfees
  13. Visuele kuns
  14. Tuiskoms
  15. Leefstyl
  16. Spesiale projekte
  17. WOW

Kaartjieverkope by Computicket vanaf 20 November 2016.

Klik hier om die volledige program in PDF-formaat af te laai.

  • 7

Kommentaar

  • Ek het per ongeluk twee kaartjies bespreek vir die Woordfees: Hotel Malaria,Sat 4 Maart 20:30. Is bereid om dit aan iemand te skenk indien hulle dit in Pta kan kom afhaal.

  • Lorraine Joubert

    Is daar hierdie jaar weer 'n klassieke pops konsert? Dit word mos gewoonlik op die eerste dag gehou.

  • Brfandon Noorman

    Dis my heel eerste keer wat ek die US Woordfees bywoon,en ek is baie opgewonde.
    Ek sien uit na die mooie Stellenboch met sy prag en praal en sy "Matie" studente.

    Komplimente aan die organiseerders.

  • Etrecia Mostert

    Die Woordfees is 'n wonderlike geleentheid vir Stellenbosch en sy mense. Ek het Heuwels Fantasties en die manne gaan kyk op Sondag 5 Maart. Dit was beslis nie 'n Heuwels Fantasties-optrede nie, aangesien hulle slegs twee liedjies op hul eie gesing het en 'n derde saam met nog twee ander sangers. So ja ... dit was 'n teleurstelling vir ons groep wat kom kyk het.

  • Hallo Leana, ek stel voor jy gaan na die Woordfees se kantoor in Ryneveldstraat - jy sal al die inligting hier kry. Die kantoor is in Erfurthuis, net oorkant die Sasol-kunsmuseum. Parkeer dalk by die Eikestad Mall en stap deur die parkeerterrein na Ryneveldstraat (wat afgesper is vir die duur van die fees). Hoop jy kom reg en geniet die fees. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • Marizanne Viljoen

    Ons het vandag Fiela se kind beleef - met een woord: "briljant"!! Ons was vier vroue vanaf Rawsonville, onder andere 'n blinde dame. Hoe fantasties was die parkerings- en pendelbussiefasiliteit nie! BAIE DANKIE vir elkeen wat betrokke is met die beplanning en organisasie en al die vriendelikheid - ook van die bestuurders van die bussies. Werklik 'n fees en 'n voorreg!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top