Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings X

  • 0

Hier verskyn die tiende lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Inhoud

Helene Pretorius
Sophia Oliphant
Franco Colin
Andre F van der Berg
Minette Strydom
Sonnet Flynn
Sanja-mari van Rooyen
Molly Bester
Rita Victor
Rethabile Sindi
Sherize-Lee Patrick
Thatto Tshipo
Pabalello Williams
Jabez du Preez
Myrtle Theart
Fredré Dunn
Chanelle Krüger
Ethan Ellappa
Gerhard Scheepers
Ria Cascione
Eva M
Michellé Hattingh
Karen van Heerden
Andri Bekker
Theodoor George Kieser


 

Helene Pretorius

Die sagte horlosie van Salvador Dali
(1904–23 Januarie 1989)

“Vasgevang in my rolstoeltronk
Hangende snorpunte, sit ek hier …
Verbrande, bewende oumanshande
Sonder kwas of skilderdoek.
Versink in donker dieptes van depressie
In ’n doodloopgang op soek.
My geheue in neurose en obsessie vasgespeld,
My Camembert is lankal reeds klaar gesmelt.

Vyf-voor-twaalf waar die wyster staan
Kondig elk minuut oorbodig aan.
Als is breekbaar, niks rigied, tyd selfs is nie meer eksplisiet.
Metafisika is nie meer nodig,
filosofie is nou oorbodig!

Poltergeeste verstrengel my!
Nog drie minute ... moet ek bly.
Anderkant surrealistiese hallusinasie,
’n Vreemde tydgleuf, sonder spasie.
Daar, my Gala, my seer geliefde,
Daar ontmoet ons die eersgebore Salvador.
Moeder Maria, die tyd stap aan …
Gee aan my doodskleed dat ek kan gaan
My Heer, my Meester het dit voldaan!”


 

Sophia Oliphant

Lugleegte

’n Hol kol versteek
diep in die liggaam
tussen organe en weefsels
are wat verlê
om bloed te begelei
die lugleegte
wat onrus aanwakker
die liggaam dryf
tussen dobberende skuite
sommige verpletter
teen skerp rotspunte
op die wye blouswart oseaan
bote vasgeval teen sandbanke
die liggaam bly leeg


 

Franco Colin

Palimpses

Van meet af voel ek vreemd
genoeg tuis hier en terselfdertyd so anachronisties ontheemd.
Johan Myburgh: "Venesië" uit Uittogboek

Mens betree nie hierdie stad nie maar vaar dit binne op polsende canali en rii soos slagare
deur ’n amfibie. Jy word deel van die beeld soos pieksels in ’n akwatiese selfie van ’n stad
wat dryf op sy Escher-inversie. Die ontheemde reisiger onderneem ’n skattejag na geeste
en inkantasies deur Roomse katedrale en Markus-plein, versterk met Apero’s en chicettis.
Vanuit ’n omgeboude klooster op Campo San Zan Degola weef ’n menslike skietspoel
deur die inslag en skering van afigurado-stadsfluweel vol tropiese palmtuine
in versteekte nisse wat plots bes gee aan geskifte sybrokaat van terra cotta stucco.
Bo-oor kletsrym goth graffiti-appliek van ’n hede oor immigrasie kabale
langs gotiese portale en ondervoetse Casanova-legendes gemessel tussen keistene.
’n Calvinistiese voyeur betree die kerk van San Giacomo Dell’Orio
verby die patina van sondegepoleerde deure na ’n stilte wat hoorbaar weergalm.
Jy sluip tussen antieke skilderye van heiliges onder geelsugtige lae vernis en gedenk-kersroet.
’n Opulente karnaval van geloof glimmer oral met ou vroutjies se gebede soos kanale van stilte
tussen kakofonie van barokgoue kruise en vuurpylsuile: is skuld en verlossing
altyd so grafies of is dit ingegrifde NG-asketisme wat skril repliek lewer op hierdie praal?
Die jeugdige spook van Peggy Guggenheim paai, wink almal nader oor die Canal Grande.
Haar gebeente is gebêre soos eietydse dolosrelieke veilig langs dié van haar honde,
in ’n voortuin met Marini se berede standsengel, arms en fallus gestrek tot ’n surrealistiese
sonwyser tussen toeka en nou. Alles glimmer onder die teleskopiese blik
van Galileo se gedaante verhewe in die Campanile:

hy preek dat nomades hier nie net deur ’n driedimensionele terra firma reis nie,
eerder binne die volronde hedonisme van ’n mens-tyd-ruimtelike palimpses.


 

Andre F van der Berg

As ek tyd kon stop

As ek tyd kon stop
as ’n nuwe krag,
vasgevang in ’n
verwoestende
onseker onvaste
warrelwind,
het ek dalk ’n kans gehad.

Ons was
verdorwe, bedwelmd
deurmekaar. Tyd was ’n
wiggelaarsoomblik van
wynerige feesdae
Verdiepings van onsself daardie somer,
skerpskutter jagmaak op ons toekoms.
Ons was onstuitbaar
hoër altyd hoër
vinniger altyd vinniger
tot die keer toe die uitgeteerde
engel in ’n wolk oor die Oos-Vrystaat
reguit mik vir die drie
Sipresse, die put aan die
skadukant van waar ek gekruisig staan.
Dis daar waar ek tyd sou wou stop,
jou hand diep in my sy. Ongelowig.

As ek tyd kon stop
het ek nie gelê op die verlate plein
onder die afwykende gesigte
van elke kloktoring
wat sidderend genadeloos
marsjeer met die mandjies van ons gisters
en die gevlekte deurmekaar bondels van vandag nie.


 

Minette Strydom

Net ’n oomblik
(na ’n breinbesering)

Wag ’n bietjie ...
ek wil jou sien.
Soos daardie dag toe olyfgroen oë my roer
Toe vreugde aan maroelabome hang
En jy … toe jy net jy was

Jou stem en sagte woorde
Het die snare van my hart melodies gestreel
My ingetrek in jou wêreld
Jou Dawid-hart met my gedeel

Die kronkelpad van die lewe
Het stil-stil ’n gordyn kom hang
Daar waar die son insluip
Jou glimlag gesteel … vir ’n oomblik

Soos ’n matador het jy die arena betree
Gevul met monsters wat ons lewe wou steel
Die bloed het gevloei, maar wonde genees
Sal ons kasteel ooit dieselfde weer wees?

Verward en beangs het jy na my gestaar
Die klanke van my herinneringe
’n vreemde taal
Vir jou onduidelik
Vir my net grou

Sal jy terugkom soos my hart onthou
Met sagte hande en oë wat lewe
Mag die son deurbreek agter die donker gordyn
En nuwe oomblikke verlig ontbloot


 

Sonnet Flynn

Lughawelyne
vir Nels

ek wens die arm
van ’n sekonde
was langer
sodat dit om ons kon vou
en ons mekaar dan
vir ewig en altyd
styf kon vashou ...

en soos die tyd verbytiek,
Mag dit dalk iewers vashaak,
sodat tyd seblief sal stilstaan
en ons nooit weer
hoef te groet nie ...


 

Sanja-mari van Rooyen

Tydmeting

Vir die speler van ’n klavier,
die pols van die metronoom.
Vir die bitter wraaksugtige,
die wag op die wiel wat draai.

Vir die toegewyde atleet,
die jaag van die stophorlosie.
Vir die avontuurlustige,
die kennis van die sonwyser.

Vir die afwagtende skurk,
die uitloop van die uurglas.
Vir die geduldige geveerde
die wyser op ’n koekoekklok.

Vir die uurwerk van ’n horoloog,
die vasvang in ’n tydstuk.
En die einde van die mensdom,
die aftel op die atoomklok.


 

Molly Bester

Die Geneser

Ons elkeen het ’n oomblik
wat ons omruk en laat val.
Ons lê en krul
met vrae omhul
en wonder of ons sal herstel.

Die bloed verdroog tot rowe.
Die pyn word dof en dood.
Maar rowe skeur
en bloei dan weer.
Die wond is skielik groot!

Dan stol die bloed uiteindelik,
en verdroog saam met die seer.
’n Nuwe begin,
’n ou litteken
en die storie saam daarmee.


 

Rita Victor

Jeug in digitaal

GEBOORTE ...
O die pyn, Barensnood
Asem snak, uit veilig moederskoot
Die hemel maak oop …
Tyd vir Menswees …
PEUTER KLEUTER
Borrelende lag
Hoog, hoër, swaai die swaai
Ogies blink van sonskyndag
Sorgeloos wees, te kort, te gou
Tyd vir …
SKOOL
Gesiggie blink gewas
Dra sware toebroodjietas
Tik tak, tik tak sewe jaar
Digitaal nie stil gaan staan …
Tyd vir …
HOËRSKOOL
Krom van boeke dra, trap op, trap af
Tienergeite, toekomsbesluite
Matriekafskeid, Eksamen
Te gou, vlerke sprei,
Tyd vir ...
STUDENTELEWE
Die lewe ’n  lied, gryp alles jou gebied
Swot, kapperjol, gate uit geniet
Môre is nog ’n dag, nou tyd vir lag
O, Griet dis Gradedag
JEUGDIGITAAL,
Flikker jou sekondes, minute, ure
Tyd het my ingehaal
Dis TYD … vir
GROOTMENSWEES!


 

Rethabile Sindi

A new beginning

Time to stop xenophobia.
Time to let me wear my black skin with pride.
Time to have pride in my dreadlocks,
because that’s the only crown I will ever wear.
Time to hear the rhythm in the click of my Xhosa.
Time to stop measuring the voice of my soul,
because I was born black, curvy and proud.

In a world like this there is no time to waste on pride
because I am
Black Magic ...


 

Sherize-Lee Patrick

A gift from God

Time is the memories of everyday life
From birth to death, time stands still
but waits for no man.
Time is the light at the beginning of a new life
and the end of a life well spent.

From the first breath to the last
every laugh, tears, every happy and sad memory
shares the same breath and in which it is captured and kept,
safe until the time you take your last breath
then remember all that time has given
as it is stored in heaven.
Remember the life you have spent
and only then will you realise what time truly is:
A gift from God.

Time! It moves past you like the wind,
fast and unexpected.
When you look back
will your time have faded like a road with no end.
The road you will ride through life and time
and only if you ride on the right side of life
will you find that time is forever timeless.

Are you on the right side of time?


 

Thatto Tshipo

Revelation

People diving in this pit of oblivion …
your time has come to wake up
from your destructive fantasies and illusions.
Things are not as peachy as they appear to be.
Your innocence and lack of wisdom
have blinded your eyes from the brutal truth.

Take a quick second to redirect your focal
point paying attention to this revelation:

All rosy, peachy and smiles
You’re all high on love
Opening up all your vulnerabilities
and heart up to him,
oblivious of your sense of worth
being subtly devalued …
It’s never that obvious
but it’s definitely a pattern leading to a dead end …

Dear Mother was never wrong
to warn you about that Guy
she didn’t feel comfortable with.
Her gut instinct gave her a tremendous
sense of revelation and truth
for before your innocence could ever see.

It’s in the way he emotionally manipulated
you, knowing you would always be
on standby, prepared to forgive even
the most unforgivable.
Taking good advantage of your good
heart and pure intentions.

It’s in the way he subtly abused you
emotionally and killed something
within you each time
while you dwell in the illusion and dream
that these are only minor, insignificant faults …
that things will get better soon.

Sweet, innocent child, wake up from your fantasy.
The world is not all rosy as it appears to be.
True love is much purer than you’ve seen.
LISTEN to that intuition God’s blessed you with.

It’s time for the big revelation.
Expose the selfish narcissists
because we’ve had it!

There is a much better love you deserve
than this …


 

Pabalello Williams

Never-ending clock

Time …
The keeper of all
The creator and the storyteller
of all dynamics the universe call

Time
You’re like a roller coaster
You ride to infinity
Our heart’s clock stop
but your arrows are continuous

Time
They say you heel the forbidden
With you Mother Nature can arose

Time
“You wait for no man,” they proclaimed
But you flow like the rhythmic tunes
of everlasting melody
For you walk on sand
with no footprints.
Therefore you leave us reminiscing
and yet contemplating
destined thoughts
with no sign of reaching the everlasting
destinations

You’re time
proclaim lessons
Like the poetry sung
we danced to your screwed guitar strings
Like a violin
we sing to your notes
We run to you
and only you can run at your pace
forgetting the numbers it’s futile to catch
up
on you …

You’re the spring birds
I wish you were
seasonal


 

Jabez du Preez

The essence of eternity

Each second that passes by is a moment missed,
A moment which will never be seen again.

Time is the one aspect of life which cannot be touched,
An entity in its own respect, who waits for no one.
With its own unique characteristics, and precise pace,
Time has no equal in the race to eternity.

In the presence of time, life can never stand still,
Because time was never designed to pause.
No reset, no playback, no fast forward,
Only one chance to do it all, or miss out on everything time has to offer.

Only time knows when the clock started ticking,
But, we all know it will never stop.
Time represents a tunnel with a glimmering light at the end,
A light with which no one will ever make its acquaintance.

Time is without form, and cannot be seen,
Invisible to the eye, but has the biggest impact on our lives.
A powerful force which cannot be reasoned with,
Who holds all of life’s greatest secrets.

Time has never stopped to wait for anyone or anything,
So why wait, when time gives you the opportunity each second which passes by?


 

Myrtle Theart

Die lyn

Van voor af elke keer
herhaal patrone hulself
Die lyn van lewe na sterfte
is universeel vir plant, dier of mens

Die verrassingspakkies lyk net anders
dit kom met die lewenspakket
Stuk vir stuk vou dit oop
soos wat die horlosie aanloop

Die lyn is soms opdraand (klim jannie klim)
Die lyn is soms afdraand (so ja, skep nou asem)

Paaie neem almal met asem op roetes en reise
deur seisoene van sonskyn na reën
Dié lyn se naderende einde is in sig
piep piep piep piep pieeeeeeep

Die masjien hier voor my wys net
EEN LANG STREEP met een lang klank
Die stilte sink in en stroom uit in soutwater
oor my wange, nek en hals

’n Massiewe berg verrys deur my wasige oë
halfblind, blindelings moet ek die eerste tree gee
Jy, blaser van die wind wat my vorentoe dryf
heel bo wag my vlerke – blink en sterk soos jy


 

Fredré Dunn

Wanneer leef mens?

Leef jy? of skarrel jy?
van kosblikke pak en boksterte maak,
bo-oor skewe koebaais,
na kolomme en kolomme data en grafieke,
oor oranje verkeersligte,
verby werkwoorde en maaltafels,
tot uie wat braai in ’n pan,
tuinplante wat vrek
en ’n huis wat lankal slaap.

Leef jy? of dryf jy?
in die dik sop
van onvergenoegde oppervlakkigheid.
Nooit tevrede,
spyt oor die verlede.
Dieper stroom
’n heilige vrees vir die hede.

Leef jy? Of staan jy net in ’n ry?
In lang stoete op die snelweg,
met vol hande en leë oë
in koswinkels en apteke.
Skuifel-skuifel met ’n verbysterende spoed
al hoe nader aan die einde.

Wanneer leef mens?
Voor of na die dood?


 

Chanelle Krüger

Sekelmaan

Sekelmaan, donker nag
Sekelmaan, wat vir my lag
Jy sny my met jou sekelwoorde
Gebroke snare, leë akkoorde
Wanneer sal die son opkom om my te verlig?
Waarom voel my lewe soos een groot, donker klug?
My hulpkreet na God weerklink deur die Hemele
My trane word deur Hom raakgesien, saam met al my smekinge
Hy ruk my vanuit die kloue van die duisternis en lei my in Sy weë
Met tyd maak Hy my rein en Hy ken my elke tree
Dié gebroke legkaart van my hart word deur Hom aanmekaar geheg
Deur Sy Woord, kan ons die gees van depressie triomfantlik beveg.


 

Ethan Ellappa

A song we once knew

When I was born
I was a child
It was fun
Only lasted a while
The ground began to shake
A voice droned 
You are a man now
You are owned 
Gently
One foot in front the other
Fragmented reality
We used to be brothers
Fingers out
My palms, your chest
Waiting for the night
To dispense her rest
And I, softly
Almost whisper
Sing that song again
The one that brings the winter
But the silence
It has been growing
Glancing over
Destiny knowing
Only but an illusion
Intruder alert
Face down, away
Towards the dirt


 

Gerhard Scheepers

Pimp ons Ossewa

In Afrikaners leef die Afrika-gees
Soos kind wees huppel in ’n mens se vlees
Soos die gees van ’n mens leef as ’n kind
Leef ons as Afrikaners in Christenwees

Die skool van die lewe ’n Bybel-sin
Ontval tot na-aap verstaan van ’n kind
Vir wie ’n oomblik ongenaakbaar is
Nog lank nog swaar vol omgee in gewis

Oor donker grond tree ons skaduwee lig
Tot daai oomblik van die swaarste gewig
Menswees verken onder ope konflik
Kragte versteek eers van selfs grootmensblik

Tot stof verlaag onder God se reënboog
Troon die tempel van die mens as verhoog
Waar geeste vliet in spel van alle spele
Oorlog bring uit die verskiet deur die hede

Kragte so kwaai in hul ruk en hul pluk
Maak Goudverloor Oorlog ’n toekomsblik
In tamaai verhoogstuk taaiheid verby
Groei magte wat breek of wy of kastei

Die sterk hart met die verhaal van ’n kind
Te min vir kennis aan werklikheid bind

Reënboog van onderdrukking swart geklee
Bring dié se stem nie van ken op hul knieë

Gun Afrika dan vrye teuels tot moord
Maar bevry ons uit hul vakansieoord
Dis weer ons bloed wat oorgangratte smeer
Oor vure gespalk as rotte blameer

Statig van kind rou tot grootmens bewus
Flou gespog aan ontvou van lewenslus
Tot ontvang van ’n vlam jou doodgaan blus
                                                          Rus
Om die skeppingsplan wat in snylyn /\

Jou vryheid ervaar tot ootmoedig sug
Hierop verlief_neem kennis ken verlig
Waarnemings_verm_oë oefen tot oorbrug
Geesgebore ba_ba vorm as Christus-lig

Wie kies as saad leef geestesmens tegemoet
Selfdood voer toekoms Christus binneroep?
Terwyl Afrika haar foute vertroos
Toyi toyi tyd op voete swaar in knieë lig


 

Ria Cascione

Dagtake

My dag het al weer
heel op sy eie
soos ’n patrysveer
verbygewaai.

Op Venus
duur ’n dag
glo ’n volle jaar:
hoe salig
om te wonder
wat ek sal doen!

Tyd wil ek vind
om opsluit na Mahler
en nuwe digterstemme
te kan luister:
more sal ek beslis
weer agter raak. 


 

Eva M

Analogie

Voor daglig is ek wawyd wakker
Honger om jou sand te ken
Hier is jy my beste makker –
Lank voordat ek jou wil rem.

Teen middag sou ek my vergryp
Jou gawes onbeskaamd uitbuit.
Bottels vol – gemors en uitgesmyt.
Wie kan die jeug en die jonkheid stuit?

Na skemer hou ek my kamtig waardig
Probeer jou tot wysheid promoveer.
Jou lyne duidelik hier teenwoordig
Tog wil ek jou steeds preserveer.

In donkernag. Is ek versadig?
Het die oog genoeg geproe?
Pynloos. Genadig.
Toe.


 

Michellé Hattingh

Hoop

Vertrek van die noorde
tot die suide
lê hul Nguni-hart
gevorm deur ’n middeleeuse epog
verskeur deur die struweling
van die self
en die setlaar.
Na aankoms van Batavia
om melk en heuning in te stop
het hul hartklop begin klop.
Maar twee pole het polêr verkeer
oor die gewin van ’n land
ryp in bloed en woed.
Sal hul dan nie sien, wat siener sien
dat mag ’n spyker kap in die hart.
Soos die Israeliete sal hul swerf
oor dit wat hul nie kon werf
en die rooigrond in die hart
het die land laat los in smart
’n noodkreet: ongehoord, ongenadig.
Verwagtend, met ywer
het sonstrale deurgebreek
vir ’n vryheid, ’n dolorosa
om die liefde te kweek.
’n Skeur en saamsnoer om vrede
verworwe en by ander verwronge
bebloed en gebalsem vir die reënboog.

Sal ons kan leer
dit wat deur die tyd gebeur
dat dit ’n stryd is om die eeue heen
vir die veg vir mag en teen mag
om te vermag;

maar mý hart sal bly hoop
want tyd hou aan met loop.


 

Karen van Heerden

Te min

Millisekonde, sekonde, minuut, uur
Dis in elke deel van ons lewe
ingeweef
In musiek, ons hartklop, inwerk
Die getye van die oseaan
Dit stel vas of ’n soen
liefde
hartseer
verlange
verraaier
uitspel
of uitskree.
Dis die verskil tussen ’n vinnige hartklop in jou keel
... en ’n motor op sy dak.
Jy het die reëls van tyd gebreek
’n Band wat moes vorm oor jare
het jou ’n oomblik geduur/oomblik in beslag geneem
’n Oomblik weggeruk in ’n oomblik
’n Hart uitgeruk met ’n oproep van 23 sekondes
23 sekondes wat bewys het
jou tyd was
te min.


 

Andri Bekker

skippers and merchants

we marvel at
life hereafter
and the life ever-after
we puzzle over
how skippers become
merchants of time
how time is thrown into
the wide expanse
and rhyme
to a dance
of witheredness
and holiness;
we stop at infinity


 

Theodoor George Kieser

Sjuut!

Stil nou! Sy rus, sy slaap.
Sy’s mat, sy’s moeg, so siek.
Die oë toe, die hande slap.
Die asem jaag, die hart verswak.
Wag nou!
Geen traan, geen sug,
Dis waar; sy’s lief, maar oud.

Getrou gedien, jou teer versorg.
Haar werk is klaar, sy wil gaan rus.
Ween nie!
Vir haar ’n kus,
’n Afskeidsoen, dan rus.
Vir altyd sag, verlos van pyn,
Gun haar die rus, in hemelrein
Afskeid.

Lees ook:

Skryfkompetisie: Tyd

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VIII

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings IX

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top