Hier verskyn die negende lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.
Inhoud
Abrie Nortje
Chantelle Flores
Albert Maritz
Renschie van der Vyver
Mamré Wentzel
Heinrich Buys
Tessa Buys
Elizabeth Arends
Hennie Warnich
Janco Cronjé
Riaan Meintjes
Ilna Stander
Gwendoline van den Bergh
Arisa Janse van Rensburg
Alba Joubert
Riaan le Roux
Marieta McGrath
Maryke Lyons
Kanja van der Merwe
Francois Roets
Elizabeth
Koosie Delport
Mariana Loots
Sarie van Wyk
Amy Petterson
Abrie Nortje
Ek sal geduldig wag
Elke môre subtitel die dag soos koffie wat geplaas word
om asem te haal net so bevind jy jouself bevraagteken blaai, draai
jy deur jou woord op soek na ’n antwoord, tog hoe Geniaal kan
’n oog nie kyk, ’n hand vinnig terug bedui maar hoe
dadelik spring die begrip van tyd kos jou niks nie.
Ek staar padlangs opsoek na voetspore wat enige horlosie
se tyd sal laat wegdraai met die as môre sou wegraak in die geheime
van gister. As woorde skepties in die oop lug niks beteken nie
haal tog net asem en glimlag om net die frons uit jou oë
te laat sien wegraak maak die inspirasie tog bly staande en
hoe dadelik spring die begrip van tyd kos jou niks nie in nie.
Riviere is so rustig soos vloeiende wind om ’n hoek opsoek
na ’n windpomp om sy vinne te laat maak draai.
Vasgevang staan jy stil in die Herinnering van jou hartsmense
Wat saggies maar tog skepties beweeg jy opsoek na jou bestemming
al horend luister jy na die skoonheid en rustigheid hier rondom jou
dis hier, dis hier, hoor ek. Dis hier waar ek my na my siel verlang maar tog
hoe dadelik spring die begrip van tyd kos jou niks nie in nie.
Die aand kom duister nader op soek na sy helder ster om na aan hom te koester.
Maar dan onthou jy Môre is gister, gister is vandag om slegs soos die verlore
veer van ’n voël weer te maak werk in die kunswerk op sy werke wat hy voorheen
was, maar tog lewe jy self nog in jou skaduwee wat jy vir iemand anders wil wees
net om terug te kyk op alles wat verby jou flits tog wete dat wanneer jy jou kop
neerlê hoe dadelik spring die begrip van tyd kos jou niks nie in nie.
Chantelle Flores
Eulogy to Absence
A moment of silence:
To a mirage deserted in hypnagogic flare
A glance banished by day’s graceless glare
A cry swept away in wingless flight
And tombs never to be brought to light.
To cherished letters washed away on time’s tainted tide
And catacombs of dreams sepulchered alive
To songs of libation graced to gods long dead
And wastelands where angels dare not tread.
To a jest jettisoned in a moment’s haste
And poems liberated to timeless waste
And ideas caught up in the devil’s fire
And wildflowers never to be admired.
To prayers gifted to the abyss
And whores never recorded amiss
And species never to grace our lists
And babes never to know a kiss.
We honour these pages from the One Book torn
Scarcely a bruise ’pon Perfect Form
For this world would not be every moment reborn
Without your destruction in the instant’s storm.
Albert Maritz
Ode aan Andrew
In tandem met my prosa oor jou,
kon ek destyds “Gedig vir my Hande” voordra.
Net ’n vrou sal waardeer my soeke na
papier. “Die soektog na my gesig
is so geweldig dat ek alle gesigte haat.”
Ek soek papier om ’n ode aan jou
Te skryf in die kleinhuisie. Môre se koerant
sal jou inhê. Jou kuns nou baie meer
werd. Ontslae van die smart in jou
kleure. Die neseier van jou nuwe
lewe ’n kort voëlvlug weg. Jou smart
nou hare, en al die ander wat gewag het.
Jy sou nie vlug nie. Jou staan het jou vlieg
geword. Jou val. Ons harte smag
van die pyn. Gesuig deur jou prag.
In jou vlieg lê ons vreugde.
Albert
3 Januarie 1995
Renschie van der Vyver
Moments of change
Think of all the colours dark,
You realize there’s in your heart
No more spark.
Gravity wants to take you down,
This lifeless you wont even frown.
You look at the clock and sigh,
You’re tired of holding your head up high.
A shiver runs down your spine,
Maybe it’s time to say goodbye,
To what was, a life once mine.
Then purple bubbles pass you by,
You wonder how they can fly so high.
Around you all is dark and cold,
You know what has time, not yet told,
And maybe that’s how your soul got sold.
Goth will make you feel the pain,
Emo gives it away in vain.
When emptiness surrounds your soul,
Crying does not help your goal.
Standing in a crowded room,
Look around you to see everyone bloom.
Another look at the clock to see,
How long this charade will continue to be.
Invisible is now you,
Inaudible may come true.
No one sees it, no one cares,
The suffering you have to bear.
His eyes find yours and you hold your breath,
The gaze he gives is one of death.
The clock strikes midnight,
And you turn around,
To run away from his evil bound.
Who will help you, who will care,
About this hurt inside your stare.
No one knows what he has done,
All because for him it’s fun.
The clock’s arms shows how the minutes pass,
The one who hurt you will find you fast.
If he finds you, you will die,
No one will know and no one will cry.
You finally make it to the door,
And look back at the evil man once more.
He knows what he did and if you tell,
For who will it be, an eternity of hell?
Who will believe you, your scares are inside,
He will demand to all, it’s you who lied.
Fear grabs your neck and slowly squeeze,
Evil touches your arm and weaken your knees.
No one will notice when you’re gone,
Purple bubbles will sing a happy song.
He drags you away out in the cold,
No one will know that evil took your soul.
In the dirt as I lay and wait,
For evil to finish my deathly fate.
My last thoughts are found to be
How could this be happening to me.
I don’t want to die here, in this way,
Someone must know, the truth I must say.
I claw at his eyes and scratch his face,
And punch with my fists till he’s in a daze.
Someone hears my desperate cries,
I take her hand and she pulls me from my demise.
The evil man now is done, never again will he take
Away someone’s sun.
Her helping hand holds mine tight,
As I walk again on my road of life.
Purple bubbles will come soon,
As time goes by, I again, will bloom.
Mamré Wentzel
Sirkel
blind is jou gesig en
hard is jou woorde,
saamgevleg in elke lewenssel.
reinste van alle waarheid, tog
die seerste om te hoor.
oop is jou arms en
wyd is jou genade.
ek gee die treë, jy voltooi die sirkel
of wil jy vir my sê
jy gee die treë, ek voltooi die sirkel?
Heinrich Buys
die omega:
ons aardse werklikheid is ’n tydbom
wat daarvan hou om homself as onsterflik te vermom
een of ander tyd gaan die wêreld eindig
die son skielik
uitdoof
sterre stadig in vakuum
val
melkwegperde losbreek uit hul stal
van tyd
en gaan sit met ’n heelal vol spyt
as ek nooit jou hand,
vir ’n klein ewigheid,
aspris per ongeluk,
vasgehou het nie
Tessa Buys
Een (oom)blik
Vir ’n bestemde oomblik in tyd
laat sak jy die luik voor jou venster
en ons oë ontmoet kwesbaar
soos die eerste strale van
die son
die oop see
En deur ’n Hoër Hand
aan ’n teer plekkie
word jy vasgebrei
vir altyd
aan my
Elizabeth Arends
Soos ’n winterboom
Afgeëts teen die vaalgrys lug
staan sy daar
gestroop van groei.
Ontbloot, ontredderd,
te verdor om eers te probeer strek na
’n nuwe seisoen;
te gewoond aan dié ene se
ongenaakbare geskud.
Sy staan daar as ’n vernielde monument
van wat tans hede is
’n leegte ’n niks
(ek het jou verloor).
Sy staan daar net-net geanker
met haar wortels in die oorblywende
vruggrond van die verlede
(ek het jou gehad).
Sy staan daar desperaat-wagtend
op genadereën wat haar moet red
van ’n uitsiglose toekoms
want
– ek sal jou nooit weer hê nie –
Hennie Warnich
Die tydmasjien
ek droom van n tydmasjien
genaamd die Tiek-Tok 20-10
wat jou letterlik
in staat stel
om die vervelige te versnel
soos om trae toustaan
spoedig te laat verbygaan
of dalk wil jy graag
’n belangrike spertyd vertraag
soos ’n omgekrapte maag
wat jou laat hol
en jy moet die uurglas stol
selfs met romanse
verbeter jou kanse
want die opsitkers se vlam
kan jy verlam
of versnel
afhangend wat die aand voorspel
met die draai van ’n knop
na LANGSAAM
vir ’n verlengde tydraam
of OOGWINK
om dooie tyd te krimp
kan jy besluit
hoe vinnig loop die tyd
maar as die haan vroegoggend kraai
en ek uit my droom omdraai
met die tydmasjien skoonveld
is ek tydelik ontsteld
want ek besef maar net weer
Vader Tyd is ten volle in beheer
Janco Cronjé
Die ellende van my takke
Ek is weggeneem van my moeder
en verplaas na ’n Mooi-rivieroewer.
Met my nuwe lewensjare het ek gesien
hoe my skadu die liefde dien.
Die jong liefde het gekom
en mekaar goed bederwe
deur twee name in my stam
met ’n stomp mes uit te kerwe.
Jaar na jaar het die liefde kom kuier,
ek het gesien hoe dit steun en verouder.
Die laaste dag moes toe kom,
die liefde se laaste groete.
My takke het begin hang,
want tyd het die liefde gevang.
Riaan Meintjes
Verandering:
dit sneeu in Pretoria
en Dubai kry trane,
’n gebou het geval
en ’n bom het gemoor
die whiskeyglas-persoonlikhede
sterk en amper onbreekbaar,
liefde soos warm ontbyt
snoesig met skyfies
misverstaande mense
sal ek spreek
is soos die Kaapse liefde
kleurvol
van vergeet
liefdelose heroïengevulde harte
en dreinerende aksies
die bedkassie-persoonlikhede praat nou
bottelliefde en sonskyn vergeet
maan-aantasbaar
en liefdelose weer
dit sneeu in Pretoria
en Dubai kry trane,
’n siel het gebreek
en ’n pynvrystelling het gemoor
Ilna Stander
plek
net dwars langs die Aga
die sitbankie, eers wit,
vir verkluimdes: kuiken
en lam, kinders en man
vir pieringkoffiedrink deur Pa
tot biltongkonsertinas vra
later kombuismentgroen
by plakpapier en selfdoen
mettertyd na die kleinkombuis
̶ die gasstoof moes in –
neffens die boerebederwer:
die neersitplek vir melk of vleis
met aftrede in die tuishuis
word dit met oorgooidoek
huis-huis vir kleinkind, of vatplek
vir emfiseem se asemsoek
toe geërf en eers lank gestoor
tot krytverf posvat oraloor
met afskuur wys ’n blouselblou
en sus onthou vir Ma:
dit was mos eens ’n wastafel
gemaak deur ouma San se pa
verf dit dan liewer deurskyngrys
met ligte hand en kwas
behou die blou, rou repe hout
en skifsels kleur, onthou wat was
bewys waarvan, van wie, van tyd?
so kort ons sit –
is dit nou dít?
geslagte se letsels ten spyt
herstel sy eer as storieplek
by die paniekknop, gerieflik
vir laag buk om tóg die croc
soggens oor die hak te trek
Gwendoline van den Bergh
net toe ek wegkyk
(14 April 2018, Zel se gedig)
Ek het net vir ’n oomblik weggekyk
toe is al
jou Barbies weggepak saam met ou teddies,
Tamagotchi’s en skool handboeke.
’n leeftyd se herinneringe in ’n boks.
Ek het net vir ’n oomblik weggekyk toe jy
Pretoria ruil vir die Kaap
nou praat ons ure om oor die man in jou lewe
en dat jy so gelukkig is,
van julle honde wat die strand so geniet
en al die nuwe drome wat jy nou het.
Ek het net vir ’n oomblik weggekyk
toe stuur jy ’n foto waar jy in jou trourok staan
ek het teruggevlieg in tyd …
ek sien weer die dogtertjie van ses jaar oud
wat hoë hakskoene en rokke uit ma se kas steel
haarself skelmpies make-up en trou-trou speel
voor die spieël,
dit alles tussen hande vol kaaskrulle en Nik Naks.
Ek het net vir ’n oomblik weggekyk
en nou staan ek hier …
en
jy
voor
my
Jy lyk so mooi,
ek voel so trots.
Vandag kyk ek nie vir ’n oomblik om nie.
Ek drink elke sekonde in en ek bêre jou
beeld in daardie plekkie spesiaal
uitgekies in my hart vir jou.
Vandag kyk ek nie om nie
vandag kyk ek nie om nie.
Arisa Janse van Rensburg
Aan Alleen, op jou 21ste
Klink nog ’n glasie op 21 wees
want dis verby voor jy jou oë uitvee
en as jy weer sien staan jy voor dooiemansdeur.
Jy, Alleen.
Klink nog ’n glasie op 21 wees
en maak al die foute en al maak dit soms seer
is daar altyd iets vir jou om te leer.
Jy, Alleen.
Klink nog ’n glasie op 21 wees
en hou vas aan daardie jonkheid van gees
net daar waar jy staan laat gaan van jou vrees.
Jy, Alleen.
Klink nog ’n glasie op 21 wees
want jy is al een wat die volgende tree kan gee
en jy is al een wat die reëls kan breek.
Jy, Alleen.
So, klink nog ’n glasie op 21 wees
want jy, Alleen, klink dalk jou laaste een.
Alba Joubert
Uurglas
Tussen die begin en nou
het ’n uurglas woestyne gebou
berge sand loop onverpoos
slegs die wederkoms sal tyd kan troos.
Soos die son aanstap van oos na wes
tik wysers ritmies van ses tot ses
elke sekonde in die verlede
herleef as gedagtes in die hede.
Tekens van tyd oor talle jare
sigbaar in die silwer van my moeder se hare
benerige hande krom en skeef
plooie oor haar hele gelaat verweef.
Nooit het ek besef tyd is so haastig
my uurglas in ’n oogwink duskant veertig
tyd is ’n luukse genade van Bo
spandeer dit volgens jou beste vermoë.
Riaan le Roux
Verbly
"... die uur toe ek begin glo!" - John Newton [vry vertaal]
Lukas 13:18-19
millennia later
bly
bloed soel
beweeg
druif aar
geanker
onder die son
drup nog sout
bestaan
kans vir lewe
word steeds
met stip
’n uitspansel
onbeskryflik bewys
ruimte vir vleuels
onuitdoofbare lig
Marieta McGrath
’n Volmaakte vriendskap
Het ek maar ’n teepot om tyd
mee te skink, sal ek dit in mooi porselein
afmeet,
en ons stywerig sit tot ek diskreet,
ferm-vriend'lik vermaan
dat ons na die pot se bodem staar?
Of sal ons dit ruimskoots in kombuisbekers stort,
en ons skoene uitskop
en praat tot ons monde droog raak,
en sal ons die pot weer en weer
vól maak?
Maryke Lyons
Gebed
Liewe Heer,
Net U kan die wêreld om keer
Kan U asseblief net weer
Na die aarde toe terugkeer?
Ek weet dis net ’n les wat ons moet leer
Niks kan my en die mense keer
Om na gebed toe terug te keer
Wees paraat sal almal sê
Maar hoeveel keer moet mens praat
Oor die wêreld se misdaad?
Ons is almal net mens
Met ’n droom en ’n wens
My gebed is,
Kan God ons red vandag
Met ons gebed.
Kanja van der Merwe
Briewe aan Tyd
Geagte Tyd
Ek worstel met verwyt
Kan ek die wyser terugdraai?
Die haan is al weer aan die kraai
Geagte Tyd
Dis ’n daaglikse stryd
Oor skofte van maan en son
Onbewus agter wolke vermom
Geagte Tyd
Die strale is al weer uit
Netnou roep skemer die maan
Ek kry nie kans om stil te staan
Geagte Tyd
Die son skeur deur my ruit
My gemoed is aan die vergaan
Maar jy stap net onbesorgd aan
Francois Roets
My verpoos hier
tyd
’n werklike
’n sigbare dimensie
manifesteer homself
in die lewenslyne op my gesig
’n vingerafdruk van wie ek was
van wie ek is
trae geër van verlossing
’n epoksi wat langsaam vloei,
en die skeure van my seer luierig opvul
dit in die duister van my geheue versluier
dog net tydelik hipnotiseer
waarom die konstante hunkering
om in gister te verpoos?
die effek van tyd word tog in my kop bepaal
donker of lig, gister is reeds getroef
waarom die alewige hunkering om daar te vertoef?
tik-tik-tik
beur hy ongenaakbaar voort
skepper van gister se realiteit
argitek van môre se hoop
as hy onverpoos die nou nou – inloop
tyd is ’n gawe van God
dit het ’n begin en ’n einde
net geleen
vlietend
misterieus is die geheimenis van
wanneer hy die stophorlosie sal druk
en ons poos hier – tot ’n einde ruk
Elizabeth
Lewenslank
Somer. Winter.
Vandag word sleep, sleep gister.
Moordenaar-monster jaag my grys –
vergruis my siel met sy yskoue vuis.
Bloedrooi kersies op ’n koek
het gejok oor eendag-drome op soek.
Drome van lente, lag en verlief:
Mamma, haal my haat uit jou hart, asseblief!
Sewentien jaar se sleutels-skud
het my smekend tot bid en God verbind.
Gelewe, gevonnis, geen doel in die lewe –
eensaam vrek is nou ’n gegewe.
Siklone van semen en sweet
verteer my en “sal-oorleef” is opgevreet.
Ek boet en betaal en smeek vir genade –
my vriende nou en altyd – die skuim van die aarde ...
My vryheid het ek onnosel verruil
vir hierdie grouheid waar die duiwel self skuil.
Ma, oud en alleen in ons kaneel-en-skaapboud-kombuis,
ek: dwalend met doodsbloed op my jong-jong vuis.
Koosie Delport
Waarheen?
Uccello se horlosie
loop nie oos nie,
maar wes.
Loop joune dalk oos –
tydgebonde, rigtingvoos,
vol stres?
Die digter s’n
is ongebonde
en loop in die rondte –
haal hy ooit noord
waar hy dink hy hoort?
(Nota: Uccello het in 1443 ’n mooi horlosie gemaak wat verkeerdom loop)
Mariana Loots
lotsrivier
lustig kalwe jy
aan lyf en landskap
soos jy aan- en aanstap
al-heel-tyd
’n rots word gruis
wyl die stroom draai en dein
doelvas langs die grein
van ’n god
noodwendig
wen jy af maar voort
oopmond tot teen die poort
verby is eb en ty
Sarie van Wyk
Die betekenis van tyd
Wat tyd beteken
hang af van die gebruikers
die misbruikers
en die tandetellers
wat sit en wag
en glo in die illusie
dat môre se tyd
hule geg’n is
dat hulle môre hul
lewe gaan leef
maar dis op hul
grafte wat gaan staan:
hier lê nog ’n siel
wat geglo het in
die tyd van môre
wie se horlosie ook
gaan staan het
met die wete
dat môre se
tyd net
’n illusie is.
Amy Petterson
Tik-tak
Tik-tak, tik-tak, tik-tak
Met verleë oë staar ek uiters na die klok teen die muur
Ai klok spaar my liewe Helena met nog spertyd
Hoekom moet jy so onredelik wees
Hoekom moet jy so wees
My liewe Helena is al wat ek oor het
Nou neem jy haar by my
Nou gaan ek mos swaarkry
My liewe Helena het kanker
My liewe Helena kry swaar
Hoekom nie ek nie
Hoekom sy?
Ek is nie sterk genoeg vir dit nie neem vir my ...