SAFTA-toekennings 2021: ’n onderhoud met Elsje Stark, vervaardiger van Binnelanders

  • 0

kykNET het vanjaar twee SAFTA-toekennings ontvang. Clint Brink het ’n SAFTA-toekenning gewen vir beste akteur in ’n TV-sepie vir sy rol as Steve Abrahams in Binnelanders. Gerrit Schoonhoven, wat vroeër vanjaar oorlede is, was deel van die regiespan wat die SAFTA-toekenning vir beste regie in ’n TV-sepie (Binnelanders) ontvang het. Die reeks is tans in sy 15de seisoen.

Elsje Stark, die vervaardiger van Binnelanders, praat met Naomi Meyer oor Binnelanders se SAFTA-toekennings.

Baie geluk met die toekenning aan julle sepie! Wat beteken hierdie toekenning vir julle in hierdie tyd? 

........

Hoe lekker om verlede week twee SAFTA-toekennings vir 2020 te ontvang! Dis 'n getuigskrif van hoe 'n toegewyde span, ongeag verlede jaar se uitdagende omstandighede, sterk saamgestaan het om 'n gedeelde doelwit te bereik: die beste moontlike kykgenot vir al Binnelanders se kykers.

..........

Hoe lekker om verlede week twee SAFTA-toekennings vir 2020 te ontvang! Dis 'n getuigskrif van hoe 'n toegewyde span, ongeag verlede jaar se uitdagende omstandighede, sterk saamgestaan het om 'n gedeelde doelwit te bereik: die beste moontlike kykgenot vir al Binnelanders se kykers.

Dis egter nou met groot leedwese dat ons Ben Kruger, 'n geliefde lid van ons span, se afsterwe probeer verwerk. Vir byna nege jaar het Ben uit sy pad gegaan om seker te maak dat Okkie Ferreira 'n spesiale plek in die harte van Binnelanders se kykers beklee. Ons gaan Ben verskriklik mis.

Was daar al ooit 'n meer relevante tyd vir 'n reeks wat in 'n hospitaal afspeel? Hoe beïnvloed hierdie werklikheid van die pandemie julle sepie?

........

Ons griepvirusstorie wat in Junie 2020 uitgesaai is, is reeds in November 2019 gekonseptualiseer en geskryf, lank voor daar enige sprake van die koronavirus was.

.........

Ons het met die uitbreek van die pandemie in 2020 'n daadwerklike besluit geneem om COVID-19 glad nie in Binnelanders se storielyne by te werk nie. Ons griepvirusstorie wat in Junie 2020 uitgesaai is, is reeds in November 2019 gekonseptualiseer en geskryf, lank voor daar enige sprake van die koronavirus was. Opnames vind ook maande voor uitsending plaas, so dit het bloot toevallig so uitgewerk dat ons virusstorie tydens die pandemie uitgesaai is.

Foto van Elsje Stark: Twitter

Wat is die uitdagings en die lekkertes van sepieskryf? Hoe kry mens dit reg dat die stories aanhou nuut en vars bly?

.......

Ons het 'n storiespan wat onder geweldige tydsdruk daarin slaag om oorspronklik te dink en geen steen onaangeroer laat om ons kykers vasgenael te hou nie.

........

Een van die grootste uitdagings van 'n langlopende reeks is om die stories vars en interessant te hou en kykers te verras met die volgende kinkel in die kabel. Die lekkerste is wanneer ons dit hopelik regkry! In alle erns: Ons het 'n storiespan wat onder geweldige tydsdruk daarin slaag om oorspronklik te dink en geen steen onaangeroer laat om ons kykers vasgenael te hou nie.

Lees ook

Persverklaring: SAFTA-toekennings 2021

’n Huldeblyk aan Ben Kruger

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top