
https://breytenbachsentrum.co.za/
Almal word hartlik uitgenooi na die 15de Tuin van Digters-fees, wat op Vrydag 11 en Saterdag 12 September 2026 by die Breytenbach Sentrum, 14 Burgerstraat, Wellington, plaasvind.
Vanjaar staan menswaardig as tema sentraal. Onder leiding van feeskurator Bibi Slippers bring die program gevestigde en nuwe digters, musikante en kunstenaars byeen vir twee dae van gesprek, voorlesings, musiek, uitstallings en optredes.
Die fees bied ook geleentheid om tussen programitems iets te eet en te drink, met kosstalletjies, koffie, pizza en wyn en ander drank wat op die terrein beskikbaar is. Die boekwinkel en -stalletjies bied 'n verskeidenheid digbundels en ander publikasies, terwyl die kunswinkel by die sentrum 'n verskeidenheid kuns- en leefstylprodukte bied. Kunswerke wat deel van die uitstallings vorm, is ook te koop.
Hier is die volledige program. Gedrukte programme sal ook by die Breytenbach Sentrum beskikbaar wees. Die 2026-program is ontwerp en met die hand geïllustreer deur die kunstenaar Daniël du Plessis.
Lees ook:
Persverklaring: Folkgroep "Buurvrou" op Tuin van Digters se verhoog

