Poskaarte van Paulet Huis | Postcards from Paulet House #2

  • 2

LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool onder leiding van Rachelle Greeff is tans in Somerset-Oos aan die gang. Die kandidate wat aan die slypskool deelneem is Regardt Visser, Theolla Langenhoven, Zubayr Charles, Stef Cupido, Sandile Ntuli en Helena Troskie. Die slypskool duur tot 1 November 2020.

Die deelnemers het die volgende “poskaarte” uit die Jakes Gerwel Stigting se Paulet Huis aan LitNet-lesers gestuur. Die teksgedeeltes word gevolg deur ses foto’s deur hulle geneem, maar hulle het versoek dat foto’s apart van die tekste geplaas moet word.

Regardt Visser:

sondag 17 okt main rd somerset oos 5850

en almal mourn die week
en die weke wat voor dié gekom het

in ’n daze maak ek my way
na main rd
om entjies te koop by die spaza en
all along capture ek die pointless stroll van
beeste
kerktannies
uncles op sypaadjies
honde
kinders
en ’n geroeste Corsa wat my laat dink aan huis
toe ’n GTi met ’n lae bass tot ’n screaming stop kom en
’n mannetjie begin skree op my
ek gooi my hande in die lug en try please explain maar
vi watte fok niem jy fokkieng foto’s vannie mense se fokkieng karre
ek delete die foto voor hom en hy klim terug in die kar
my hart klop met die bass van die GTi wat my agtervolg
en ek begin vinniger stap
en draf
en hardloop
verby die spaza verby die kerk verby die
beeste anties uncles honde kinders karre
en een kerktannie skree agter my aan
wie’s daai klong vir wat hardloop hy iemand vang hom!

Helena Troskie:

A leopard never changes its spots

Ons is juis in Somerset-Oos om die teendeel te bewys. Dit is ons doel en begeerte om van gestalte en letter te verander by Jakes Gerwel se skryfskool.

Nie die boom of die dier kan verander van blaar of haar, maar budding skrywers kan wel.

Pauletstraat nege-en-veertig is aan die voet van Bosberg. Dié sien jy in die agtergrond; dis deel van die Sneeubergreeks. Die Bosberg en die Groot-Bruintjieshoogte het die hoogste reënval en die grootste diversiteit van flora in die reeks. Caesalpinia ferrea, leopard tree. Minder in gebruik is die Afrikaanse naam, luiperdboom. Dit bot in die lente amberrooi spriete. Somers dra dit donsige geel klokkieblomme. Die blare van die boom herinner aan die doringboom s’n. Voorheen was dit Libidibia genoem. Ek wil dans en dig op hierdie woord. May the budding writers do just that.

Sandile Ntuli:

All is well

At the Jakes Gerwel Foundation on 49 Paulet Street in Somerset East is a well. Peep inside and you see only a deep, dark pit. You can’t see the bottom; only an abyss. Micki Pistorius, a profiler of serial killers, wrote about entering the troubled waters of a serial killer’s soul, which she called the abyss in her book Catch me a killer. His loneliness, emptiness, depression, fear and needs become hers. It was hard to maintain a balance, she said, and not drown in the abyss. It’s the same for writers. It requires discipline not to drown in the story world. Escaping from the abyss, like a bucket that re-emerges from the well with cool, refreshing water is – as Micki puts it – light. The well represents life, health and prosperity. All is well, when there is a will and also a well.

Zubayr Charles:

More to life?

For the past five days I had been walking by the white house at 45 Paulet Street without knowing it was the Walter Battiss Art Museum. When we were told that we would visit the museum I was excited to see how much I would remember from my high school art theory class. But after roaming the museum I was most fascinated by the different pictures of Walter throughout his life, and not necessarily the art. From childhood to adulthood, in every photo, Walter displayed playfulness in his eyes and smile and it made me think about my own life, and how I had once lost my own playfulness. Was it necessary for me to lose my childlike view of the world in order to protect myself from its dangers? Grow up. Get a job. Buy a house. Get married. Have 2,5 children. After visiting the Walter Battiss Art Museum I’m left with one question: Is there more to my life than conforming to adulthood?

Stef Cupido:

Die koeie kom huis toe

Ek leer om in die oudste straat in Somerset-Oos te skryf. In Paulet Huis, reg langs die Walter Battiss-museum, waar kuns en die kunstenaar luid en anders is. Selfs die koeie stel belang, soos hulle deur die heining koggel om van die rankrose te vreet. Ek wonder wat sou lady Mary Poulett (sic), goewerneur Charles Somerset se tweede vrou, hieroor sê. Walter het kuns gemaak van liefde en stories. En hy beeld uit hoe kuns orals en alles is. So ook skep die koeie kuns oral in die bejaarde straat wanneer hulle laatmiddag terugkeer huis toe om, soos ons almal, ons terug te trek in ons skilpaddop. En hier, in mý dop, probeer ek liefde en kuns in stories omskep. Ek skryf en skryf, tot die koeie huis toe kom.

Theolla Langenhoven:

Toe blom die klippe

Niks anders, was ek oortuig, kan uit klip ontstaan nie. Net beitelwerk of krake, maar nie iets groens nie. Toe ek pregnant was, het die anties se tonge geklap: “’n Klip sal blom.”

Sondag het die Glen Avon-waterval afgeshow met die lush plante wat uit die skeure van rotse groei. Met mos wat op die gladder klippe soos soldate van ouds oor die klippe seil en dit cover in ’n olyfgroen massa begroeidheid.

Dit het my laat dink. Niks is eintlik onmoontlik nie, ons moet aanhou glo tot ons krake en barste ook kan brag met die mooiste. Wie sou kon dink op ’n Sondag, langs ’n waterval in Somerset-Oos, verlang hierdie klip na haar drie spruite wat haar laat blom het?

 

Lees hier om te sien wie ons deelnemers is:

Kommadagga – hier is ons deelnemers

Kyk hier na ons Kommadagga-skrywers se eerste foto-album:

Kommadagga: Poskaarte van Paulet Huis | Postcards from Paulet House

Alles wat jy moet weet van LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool:

LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool

Everything you need to know about LitNet and the Jakes Gerwel Foundation’s Kommadagga writing workshop

LitNet and the Jakes Gerwel Foundation’s Kommadagga writing workshop

 

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Abieda Charles

    One and all, I enjoyed your unique creative writing style, narrative craft and interrelation of poetry. I'm delighted my son, Zubayr, is accompanied by accomplished writers/poets

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top