Philip de Vos en Piet Grobler gesels oor Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes

  • 2

Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes is ’n bundel versies deur Philip de Vos met tekeninge deur Piet Grobler.

Die bundel is geskik vir kinders, maar grootmense gaan die onnutsige twee kunstenaars nog meer geniet, want die spel tussen die rympies, hul intertekste en Grobler se tekeninge is meer as blote vermaak.

Izak de Vries het met albei oor die bundel gesels en oor die manier waarop hulle reeds dekades lank lesers vergas wanneer hulle saamspan.

In hierdie video gesels Philip de Vos oor sy skeppings en lees hy verskeie verse voor.

In dié video gesels Piet Grobler die sketse, en oor Philip de Vos.

Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes word deur LAPA uitgegee, met die ISBN 9781776353224.

  • 2

Kommentaar

  • Celesté Fritze

    Jy laat die woordeboeke vir jou kloek, Philip! Dankie vir jou versies wat vir ewig in mens se ore sing 😉 En Piet Grobler verstaan jou kop.

  • Francois Verster

    Wat 'n span, daai twee! Geluk aan hulle, en ek hoop ook hulle persoonlike lewens is nou op goeie plekke.
    Piet, ek het kort na julle vertrek oorsee toe een van jou geraamde prente in Hoi Hannelore gaan koop, soos ek belowe het. Dit hang reg langs ons voordeur - spesiale plekkie.
    Philip, bly sing soos jy gebek is!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top