Piet Grobler

Piet Grobler is ’n Noord-Transvaler van geboorte. Hy het verskeie grade en diplomas verwerf, naamlik ’n BA en BD (Teologie) (UP), Hons (Joernalistiek) (US), Diploma in grafiese ontwerp (Cape Town Technical College) en ’n MA Visuele Kuns (Illustrasie) (US), asook ’n PGCE (University of Worcester).

Hy het vir vyf jaar as predikant gewerk, vir vyf jaar as grafiese ontwerper by Sanlam, en vir baie jare as vryskutillustreerder. Hy was twee jaar lank deeltydse dosent (KSUT en US) en vir nege jaar ’n voltydse dosent in illustrasie (University of Worcester, waar hy steeds besoekende professor in illustrasie is).

Piet het vir ’n jaar of drie ’n studiogalerytjie in Stellenbosch gehad, genaamd Hoi Hannelore! en ander verhale. Hy het al 90 boeke geïllustreer – meestal prenteboeke – en ook tydskrifillustrasies vir SarieDe KatInsigTaalgenoot en Sunday Times gedoen.

Hy het reeds ’n groot aantal internasionale toekennings vir prenteboekillustrasies ontvang, waaronder die Golden Apple, ’n plaket by die Biënnale vir Illustrasie in Bratislava (Slowakye), twee silwermedaljes in die Noma Concours-kompetisie (Japan), Octogone de Chêne (Frankryk), die Peter Pan-prys (Swede), die Lemniscaat-illustrasieprys (Nederland) en die literêre toekenning Chen Bochui (China).

In Suid-Afrika was daar die Katrine Harries-prys (drie maal), MER-prys, ATKV-prys, Vivian Wilkes-prys en die Tienie Holloway-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Afrika, haar diere en haar landskappe is ’n kenmerkende deel van Piet se werk.

Piet woon in Colares, Portugal, ’n klipgooi van die mees westelike hoek van Europa: Cabo da Rocha.

 

Seen elsewhere: The SA Children’s Laureate Award

Piet Grobler Books and writers 2024-05-07

"On Friday, during the South African Festival of Children’s Literature, I have been presented with the SA Children’s Laureate Award for my contribution to SA children’s literature."

Philip de Vos en Piet Grobler gesels oor Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes

Izak de Vries, Philip de Vos, Piet Grobler Skrywersonderhoude 2022-02-24

Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes is ’n bundel versies deur Philip de Vos met tekeninge deur Piet Grobler. Izak de Vries het met albei gesels.

SA-illustreerders: Piet Grobler

Piet Grobler, Bibi Slippers 2012-03-02 Piet Grobler raak liries oor sy passie vir illustrasie en wys vir ons sy skrikkels.
Top