Seen elsewhere: The SA Children’s Laureate Award

  • 0

Piet Grobler wrote on Facebook:

On Friday, during the South African Festival of Children’s Literature, I have been presented with the SA Children’s Laureate Award for my contribution to SA children’s literature.

Thank you so much to Darryl David and the festival. I am very honoured and thankful and proud. I hope to serve the SA children’s book audience till I drop dead!

What a pity that I could only receive this via Zoom and not in person. Hope to be on SA soil again in January!

Vrydag, tydens die SA Festival of Children’s Literature, is ek vereer met die SA Childrens’ Laureate toekenning vir my bydrae tot Suid-Afrikaanse kinderliteratuur. Ek is baie opgewonde hieroor en dit is regtig vir my ’n eer. Dankie, Darryl David en almal wat hierin ’n aandeel het. Dankie Betsie van der Westhuizen vir die mooi commendatio! En daar raak ek toe oudergewoonte ’n bietjie tranerig, want Zoom is maar net tweede beste wanneer ’n mens eintlik weer in SA wil wees.

Toemaar, Januarie vlieg ons weer …

’n Prenteboekillustreerder werk natuurlik altyd in ’n span en sonder ’n string baie besondere Suid-Afrikaanse uitgewers en skrywers met wie ek oor die jare kon saamwerk, sou dit natuurlik onmoontlik wees. Baie dankie!

Ek wys ’n handvol omslae van my Suid-Afrikaanse boeke ter herinnering hieraan.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top