Persvrystelling: Voorgeskrewe boeke moet ’n beter weerspieëling van leerders in die klaskamer wees

  • 1

Onderwysers! Verdien SASE-punte deur in te skakel op hierdie webinaar. Baie leerders voel voorgeskrewe boeke moet ’n beter weerspieëling van hulself in die klaskamer wees. Kom luister op Woensdag 16 September 2020 om 16:00 na raad wat die kundiges bied.

Die gesprek vind op Zoom plaas. Registrasie is gratis, maar belangrik. Kliek hier.

Die paneel bestaan uit Hanneke Basson (Herschel Meisieskool), Karin Tomlinson (Hoërskool DF Malan), Mary Banda (Klein Nederburg Senior Sekondêr), Wayne Smit (vakadviseur), André Trantraal (skrywer en illustreerder) en Bianca Flanders (skrywer).

Vraagstukke soos dié word reeds hier en in ander lande bespreek. LitNet Akademies en Voertaal het te vore berigte hieroor geplaas.

LAPA Uitgewers, Penguin Random House South Africa, die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, die South African Council for Educators (SACE) en LitNet span saam om hierdie webinare moontlik te maak.

Lees ook:

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

"Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie" – ’n onderhoud met Bianca Flanders

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top