Wenner van die Ingrid Jonker-prys 2023

Dit is vir die pryskomitee ’n voorreg vanjaar se wenner aan te kondig:
Dominique Botha
Donkerberg
Die keurders se mening oor dié bundel is dat dit “’n vindingryke en intense bundel [is], met soms baie treffende beelde (wat ook soms oor-vindingryk aandoen)”. Wat die tematiek betref, word daar gefokus op veral die “persoonlike en die familie” en is die poësie “intens van emosie”, maar word wel onderspeel.
Die bundel word beskryf as “’n collage van verlies, verdriet, onreg en liefde – alles in die mooiste taalontginning, ryke woordbenutting”. Voorts word Botha beskou as “’n sensitiewe digter wie se verse die leser beide intellektueel én emosioneel aanspreek”.
Die verse is “beeldskoon en tegnies goed geskryf” en dit “eggo Botha se prosadebuut (Valsrivier) ten opsigte van tema, styl en toon”.
Die digters Ryan Pedro, René Bohnen en Hein Viljoen het as keurders opgetree.
- Uitgereik op 14 Augustus 2023
Lees ook:
"Tyd is skemer, tyd is gras" ‒ Tweespraak met Dominique Botha
Persverklaring: Kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2023


Kommentaar
Baie geluk Dominique!