Persverklaring: Spesiale fokus op die landbou by die Etienne van Heerden Veldsoirée

  • 1

Also available in English

Almal wat belangstel in Suid-Afrika se toekoms, en veral in die toekoms van ons landbougemeenskappe, moet solank hul kaartjies bespreek vir twee belangrike gesprekke op Saterdag 23 September by Buffelshoek, ’n plaas net buite Cradock.

Christo van der Rheede, die uitvoerende hoof van Agri SA, sal sy siening gee oor die huidige stand van die landbou. Direk na hom sal die toekomskundige Theo Venter vra: Hoe lyk ons toekoms?

Dié twee gesprekke sal plaasvind tydens ’n spesiale sessie van die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Toegang tot die geleentheid sluit ’n spitbraai in en dit alles kos slegs R200 per persoon.

Later die aand sal daar rugby in die kroeg uitgesaai word en vir woordliefhebbers sal daar ’n oop mikrofoon wees in ’n ander saal.

Die verrigtinge begin om 19:00, maar gaste is welkom om vroeër reeds ’n drankie te kom koop.

Verskeie ander kundiges en politieke ontleders sal ook tydens die veldsoirée optree. Hulle sluit Christi van der Westhuizen, Frans Rautenbach, Barend la Grange, Freek Robinson, Prince Mashele, Pedro Tabensky, Luvuyo Wotshela en Tembeka Ngcukaitobi in.

Besprekings vir die spitbraai kan by Buffelshoek Dirosie Lodge gedoen word: buffelshoek.gamelodge@gmail.com of 060 433 4797.

Algemene navrae oor die program kan gedoen word by Die Tuishuise & Victoria Manor, reservations@tuishuise.co.za of 048 881 1650.

Sien ook:

Die program | The programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023

  • 1

Kommentaar

  • Simon September

    Ons het 'n woonbuurtwag gestig te Michausdal, Cradock. Ons het vorms van Afriforum wat ons tans besig is om in te vul. Ons wil die reëls ook van hulle af kry. By voorbaat dank.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top