Persverklaring: Kortlyste vir Afrikaanse resensiepryse bekend

  • 0

Meer as 100 resensies is vanjaar ontvang vir die Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse. Met dié pryse, wat vir Afrikaanse fiksie- en niefiksieresensies onderskeidelik toegeken word, word erkenning gegee aan uitnemende skryfwerk oor Afrikaanse boeke in 2025.

Die kortlyste vir die twee pryse is alfabeties volgens skrywer soos volg:

Fiksie

  • Johann Rossouw: “Dalk is weemoed oral ’n universele konstante” oor Op pad na ’n klooster in die sneeu, Johannes de Villiers, Netwerk24,14 Julie 2025. Netwerk24: Op pad na 'n klooster in die sneeu
  • Deborah Steinmair: “Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed” oor Binnerym van bloed deur Antjie Krog, LitNet, 6 Mei 2025. LitNet: Binnerym van bloed
  • Nathan Trantraal: “Die great expectations van ’n twiede boek” oor Prins deur Ryan Pedro, Rapport, 25 Mei 2025. Rapport: Prins

Niefiksie

  • Joan Hambidge: “In ‘Spanje’ is lewe en dood groot pelle” oor Spanje: Reise in ’n palimpses deur André Pretorius, Rapport, 27 April 2025. Rapport: Spanje
  • Julian Jansen: “Franklin Sonn het groot bresse vir bruin politiek geslaan” oor Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn, Rapport, 1 Februarie 2025. Rapport: Karooseun van Vosburg
  • Desmond Painter: “Filosofie is saamdink in ’n komplekse wêreld” oor Uilvlug in die skemer deur Anton A. van Niekerk, Netwerk24, 24 November 2025. Netwerk24: Uilvlug in die skemer

Die wenners, wat elk R50 000 ontvang, word op Saterdagaand 26 September 2026 in Kaapstad aangekondig saam met die wenners van die Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse.

Die beoordelaars van die pryse was Bibi Slippers (sameroeper), Candice Jantjies en Kirby van der Merwe.

Lees ook:

Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed

Persverklaring: Kortlyste vir Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse bekend

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top