
Boekomslae: Jonathan Ball, Turksvy, Penguin Random House LAPA, Jonathan Ball

The Bookshelf, vierde geleentheid, 17 September 2026
Sonder om enigsins te oordryf lewer 2026 ’n voortreflike oesjaar wat misdaadfiksie en spanningsverhale in Afrikaans betref. Die vierde aflewering van The Bookshelf at Ken Forrester Wines was juis saamgestel met die oogmerk om ’n keur van hierdie uitstaande boeke te help verhelder, soos net ’n intieme, diepgaande gesprek tussen skrywers en onderhoudvoerder en boekmens Jonathan Amid kan. Nie minder nie as vier van ons land se opwindendste stemme sluit dus by ons aan om meer oor hul proses en nuutste publikasies te vertel: Rudie Van Rensburg (Enigma); Carel van der Merwe (Die Serwiër); Martin Steyn (Blinde Kol) en DeWet Bisschoff (Kuberverraad).
Sluit gerus by ons aan in die Wine Lounge by Ken Forrester Wines op Donderdagaand 17 September tussen 18:00 tot 21:00. Dit beloof oudergewoonte ’n onvergeetlike aand van uitsonderlike wyn, heerlike kos, samesyn uit die boeke en voortreflike gesprek. Ken Forrester wyn sal ook teen ’n spesiale prys te koop wees, met al vier die skrywers se nuwe boeke wat te koop aangebied sal word.
Waar en wanneer: Donderdagaand 17 September 2026 tussen 18:00 en 21:00. Hoek van R44 en Winery Road, Stellenbosch, 7600.
Prys: R250 per persoon
Kaartjies sluit in ’n glas wyn, ’n ligte ete en toegang tot die gesprek tussen Jonathan Amid, Rudie Van Rensburg, Carel van der Merwe, Martin Steyn en DeWet Bisschoff.
Koop jou kaartjies hier: The Bookshelf - 17 September 2026 | Ken Forrester Wines
Lees ook:

