Ken Forrester Wines Bookshelf: Boekgesprek verken menswees in al sy ekstreme, brose en dikwels pynlike vorme

“⁠Wanneer goeie boeke, skerp literêre geeste en goeie wyn in een vertrek ontmoet, ontstaan daar ’n vreemde tipe towerkrag. Vir ’n paar uur skuif almal se fokus na ander sake, jou eie worsteling vervaag vir ’n wyle en die goue draad wat deur elkeen se lewe loop, staan helder uit.”