Die McGregor Gedigtefees vier 10 jaar!
Vanaf 18 tot 20 November in McGregor
Vanjaar se tema is “Touching the Wild / Die Wildernis in”
Die McGregor Gedigtefees het oor die afgelope dekade gevestig geraak as een van die gewildste literêre feeste in Suid-Afrika.
Die stigter van die fees, Billy Kennedy, sê:
“Vanjaar kyk ons terug na die wonderlike reis sover. Tien jaar is vir ons ’n baie spesiale mylpaal om te vier! Ons is dankbaar dat so baie digters en woordliefhebbers ons visie oor die jare met uitbundige passie en vrygewigheid ondersteun het. Die fees word weer vanjaar by Temenos as anker vir die naweek se verrigtinge aangebied. Ek hoop dat wat ons hier geskep het, diegene, wat die naweek saam met ons kom geniet, sal inspireer om saam met ons op die voetpaadjies van die woordkuns te bly loop, sodat ons deur poësie ons rolle as bewaarders van die innerlike en uiterlike wildernis, heelhartig bly uitleef.”
Digters wat belangstel om vanjaar deel van die amptelike feesprogram te wees, kan na https://poetryinmcgregor.co.za/ se tuisblad gaan vir inligting oor hoe om kontak te maak vir oorweging. Die sluitingsdatum hiervoor is 31 Augustus 2022.
Die program vir die tiende Gedigtefees in McGregor sal in September bekend gemaak word en kaartjieverkope sal vroeg in Oktober oopmaak.
Inskrywings vir die gedigteskryfkompetisie is nou oop! Klik hier vir meer inligting.
Vir akkommodasie navrae kontak McGregor Toerisme: info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954.
Volg ons op Facebook: Poetry in McGregor | Facebook.



