
Skryf nou in! Groot kontantpryse te wen!
Vanjaar se tema is “Touching the wild / Die wildernis in.”
Inskrywings vir die gedigteskryfkompetisie is nou oop!
Die McGregor Gedigtefees (18 tot 20 November) wil digters jonk en oud aanmoedig om te skryf en te bly skryf. Die jaarlikse gedigteskryfkompetisie is een van die opwindende elemente van die fees.
Gedigte rondom vanjaar se feestema “Touching the wild / Die wildernis in” kan nou ingeskryf word.
Gedigte kan in Engels en Afrikaans ingestuur word.
Die kategorieë is soos volg:
Jeugkategorie (7 – 17 jaar):
- Kontantpryse vir gedigte in Afrikaanse of Engels: Eerste prys: R2500; Tweede prys: R1000; derde prys: R500.
Volwasse Kategorieë (18 jaar en ouer):
- Gedigte in AFRIKAANS: Eerste prys: R5000; Tweede prys: R2500; Derde Prys: R1000.
- Gedigte in ENGELS: Eerste prys: R5000; Tweede prys: R2500; Derde Prys: R1000.
Reëls:
Gaan na www.poetryinmcgregor.co.za om die kompetisiereëls na te gaan.
Die inskrywings kan gestuur word na die feeskoördineerder, Jane de Sousa, by info@poetryinmcgregor.co.za.
In die titel van die e-pos, skryf: Kompetisie / Die kategorie* / Jou van / Jou ouderdom
Die *kategorieë is “Jeugkategorie” of “Volwasse kategorie”.
Digters mag elkeen twee gedigte instuur.
- Die sluitingsdatum is Vrydag 30 September 2022.
- Die inskrywings word deur ’n paneel van gerekende digters hanteer en hulle besluit op die wenners.
- Die finaliste word op 31 Oktober 2022 bekendgestel op poetryinmcgregor.co.za se webruimte.
- Die wenners word tydens die openingsgeleentheid op 18 November 2022 aangekondig.


Kommentaar
Ek gaan definitief in die Volwasse Kategorie deelneem.
Ek stuur in vir Volwasse Kategorie in Engels. Groete, Louise.
Ek gaan inskryf vir die volwasse kategorie in Afrikaans. Dankie, Reuben.
Ek wil graag vir die volwasse kategorie in Afrikaans inskryf. Dankie vir die geleentheid. Willemien.
Ek sal ook wil deelneem in die volwasse kategorie. Dis my droom om gedigte te skryf.
Ek wil graag iets vir die volwasse afdeling skryf.
Ek wil graag deelneem, omdat dit die enigste manier is om my taal te bevorder en my te laat groei.
Ek wil graag in die volwasse kategorie deelneem. Baie dankie, Julie
Wil ook graag deelneem in die volwasse kategorie.
Sal graag inskryf vir die volwasse afdeling.
Volwasse kategorie
64 jaar oud
Antiek-volwasse kat asb. 98 jr