Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam.
Vir die derde video in hierdie reeks is hy op ’n yskoue Sondag op sy fiets Vondelpark toe om by mense te hoor wat hulle van Afrikaans weet.
- YouTube-skakel na onderstaande video: https://youtu.be/zEqkTRfTexo


Kommentaar
Ek het gereeld te doen met Nederlanders en hulle is so verlief op Suid-Afrika - wonderlike, vriendelike mense met dankbare harte. Hierdie 'pareltjie' sal enige Suid-Afrikanerhart trots maak.
Dankie Johan - jy is 'n goeie ambassadeur vir Suid-Afrika.
Stem saam, Nico!