Die term kinders kan ’n romantiek-gelaaide konstruk wees wat allerhande assosiasies by mense aktiveer van onskuld en die noodsaak om te beskerm. Om enige gesprek oor kindverwante sake te hê moet hierdie konstrukte en opvattings uitgepak word. Elke ouer en volwassene het ook hul eie gedagtes oor wat kinders kan hanteer en verwerk. In hierdie miniseminaar word vrae gevra aan boekemense: uitgewers, skrywers, redigeerders, inligtingkundiges en kindersielkundiges. Almal wat hul opinies hier gegee het, is self ouers of het baie met jong kinders te doen.
Mommy never told me, deur Babette Cole (Red Fox, 2004), (illustrasie uit die boek hierby), word as vertrekpunt gebruik. Naomi Meyer het die volgende vrae aan deelnemers van die gesprek gestel: Wanneer is ’n boek nie geskik vir kinders nie en wanneer is ’n boek ’n goeie manier om ’n oop gesprek te hê? Moet oop gesprek deur ’n boek aangemoedig word? Is dit nie ewe moralisties of aanmatigend as om te sê ‘n onderwerp is taboe nie? En is ‘n boek nie bedoel om sommer net geniet te word nie – waarom ‘n boek aan kontroversiële onderwerpe koppel? |
|
Jaco Jacobs, kinderboekskrywer |
|
Izak de Vries, uitgewer "My seun, nou nege, skakel nog af as daar (selfs net liggies) gevry word in flieks waarna hy kyk. Hy kan eenvoudig nie verstaan dat ’n man en vrou wil soen nie. Newwermaaind ander goed doen." |
|
Francois Smith, uitgewersredakteur "As dit ’n kwessie is wat kinders raak, sal dit uit hul reaksie daarop blyk. As hulle nie weet waarvan jy praat nie, sal hulle tien teen een, soos my driejarige seun, sê: 'Waarvan praat jy, Pappa?'" |
|
Anthony Constandius, sielkundige "Dis nou nie ‘n platform vir die bespreking van kinderontwikkeling nie, maar die punt bly staan: die deel en deurwerk van leesstof benodig volwassene-begeleiding." |
|
Cecilia du Toit, voorheen dosent in Opvoedkunde "Volwassenes koop dikwels kinderboeke wat hulle nostalgiese stem, eerder as om nugter te kyk na wat kinders inderwaarheid sien en beleef." |
|
Miemie du Plessis, LAPA, bestuurder: kinder- en jeugboeke "By LAPA was en is die fokus nog altyd op die kind as leser en kan dit my min skeel of ’n boek ‘n oop gesprek met ’n volwassene moet of behoort te stimuleer en of die onderwerp van die boek (deur volwassenes) as taboe beskou word." |
|
Hevette le Grange, Michelle Cooper, Simone Hough en Aldré Lategan, NB-Uitgewers, kinder- en jeugafdeling "Die Suid-Afrikaanse mark is tradisioneel steeds baie konserwatief en dit is beslis so dat ons politieke en sosiale kwessies sorg dat sekere goed maar teer sake bly." |