Leesbehoeftes van die kind

  • 0

Naomi Meyer het vir haar vierjarige kind uit Mummy never told me begin voorlees:

Mummy never told me that life is full of little secrets ... Why must I go to school when Mummy was expelled from hers? Why do Mummy and Daddy lock me out of their bedroom? Where do they go at night?

Die illustrasies in die boek toets ook grense. Kaal mans en vroue jaag mekaar deur die blaaie.

Vir die (voor)lesende ma was daar rede tot gesprek. Met haar kind én met volwasse kenners. Sy het ’n paar kundiges op die gebied van kinderboeke uitgesoek en vir hulle gevra wat hulle van boeke soos hierdie dink. Sommige van die kundiges het gekies om die vrae as ’n geheel te beantwoord. Hier is die vrae en die antwoorde volg daarna:

Wanneer is ’n boek nie geskik vir kinders nie, en wanneer is ’n boek ’n goeie manier om ’n oop gesprek te hê?

Wat hierby aansluit, is: Moet oop gesprek deur ’n boek aangemoedig word? Is dit nie ewe moralisties of aanmatigend as om te sê ’n onderwerp is taboe nie? En is ’n boek nie bedoel om sommer net genot te wees nie – waarom ’n boek aan omstrede onderwerpe koppel? 

Hoe ver het Suid-Afrikaanse (Afrikaanse!) boeke nog nodig om te vorder voordat hulle die stof van omstredenheid afgeskud het en sommer net vrolike en tong-in-die-kies boeke raak? (Met ander woorde – ek sien kontroversie hier raak, maar dalk is hierdie onderwerpe bloot storiemateriaal as die kultuur waarbinne dit verskyn, nie eng en verstok dink nie.)

Vir my is daar slegs een wagwoord is en dis aanvraag (oftewel behoefte). Wanneer ek ’n boek publiseer, moet daardie boek verkoop, en vinnig ook. Wanneer verkoop ’n boek goed? Wanneer dit in die leesbehoeftes van die kind voorsien. By LAPA was en is die fokus nog altyd op die kind as leser en kan dit my min skeel of ’n boek ’n oop gesprek met ’n volwassene moet of behoort te stimuleer en of die onderwerp van die boek (deur volwassenes) as taboe beskou word. Ons doelwit is om kinders te laat lees en te laat aanhou lees. Dit gaan slegs oor die genot wat die kind uit die boek sal put – dit is waarom ons kinders betrek by die keuringsproses en dit is waarom ons verkoopsyfers, selfs in die huidige ekonomiese klimaat, bo gemiddeld is.

 

• Miemie du Plessis, LAPA, bestuurder: kinder- en jeugboeke

<<< Keer terug na die indeksblad vir hierdie seminaar.
 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top