LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Hoerkind, geresenseer deur Cathy Hugo

  • 0

Hierdie mentorsterugvoer vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Die tien deelnemers skryf elkeen ’n resensie waarop die mentors dan terugvoer gee. Daarna gaan hulle kans kry om weer aan hul resensies te werk, nog terugvoer van die mentors te ontvang en dan hul resensies finaal af te rond.
Hier is die finale terugvoer op weergawe 2 van Cathy Hugo se resensie.

Terugvoer: Wayne Muller

Jy het die meeste van die kommentare geïnkorporeer. Waar jy vroeër hoofsaaklik beskrywend geskryf het, lewer jy nou jou opinie – iets waarin jou lesers eintlik belangstel. Jou bespreking sluit nou ook die belangrikste aspekte van ’n teaterstuk in wat ’n mens in ’n resensie wil lees. Nou weet die leser oor die verhaal en hoe die inkleding op die verhoog dit ondersteun. Jou laaste paragraaf is ook ’n goeie afsluiting wat jou gedagtes saamvat.

Jy skryf egter steeds kort sinne en by tye bied jy frases as sinne aan. Byvoorbeeld, jou vyfde paragraaf kan bloot twee sinne wees indien jy die korter frase-agtige sinne deel maak van die hoofsinne.

Terugvoer: Mercy Kannemeyer

Dit is lieflik dat die skrywer die inhoud opsom en op sommige aspekte uitbrei, want dit gee vir die leser van die resensie ’n algehele oorsig oor die teaterstuk. Maar die woordtelling is beperk en dit voel asof die skrywer te veel tyd aan inhoud bestee en nie werklik die inhoud krities ontleed nie.

Die vraag aan die einde van die openingsparagraaf pla my. Die skrywer vra: “Maar slaag hierdie verhoogstuk daarin om Herman se diep, rou seer ook op die planke so oortuigend en eerlik soos die boek oor te dra?” Die vraag voel uit plek uit, en word nie deur die skrywer beantwoord nie, so hoekom word die vraag gevra? En as hierdie veronderstel is om ’n resensie van die verhoogstuk te wees, waarom ’n vergelykende vraag tussen die boek en verhoogstuk stel? Dink weer, asseblief.

Die enigste ietwat kritiese elemente van hierdie skryfstuk is:

“Die teateratmosfeer was melancholies en die agtergrondmusiek van Coenrad Rall en die rooi beligting het dit beklemtoon.”

Hierdie weergawe lees meer soos ’n opsomming van die toneelstuk, met te min kritiese omgaan met die inhoud. Dit lees soos ’n kykersindruk van ’n toneelstuk, en nie noodwendig ’n toneelresensie nie.

Dit is lieflik dat die skrywer die inhoud opsom en op sommige aspekte uitbrei, want dit gee vir die leser van die resensie ’n algehele oorsig oor die teaterstuk. Maar die woordtelling is beperk en dit voel asof die skrywer te veel tyd aan inhoud bestee en nie werklik die inhoud krities ontleed nie.

Die vraag aan die einde van die openingsparagraaf pla my. Die skrywer vra: “Maar slaag hierdie verhoogstuk daarin om Herman se diep, rou seer ook op die planke so oortuigend en eerlik soos die boek oor te dra?” Die vraag voel uit plek uit, en word nie deur die skrywer beantwoord nie, so hoekom word die vraag gevra? En as hierdie veronderstel is om ’n resensie van die verhoogstuk te wees, waarom ’n vergelykende vraag tussen die boek en verhoogstuk stel? Dink weer, asseblief.

Die enigste ietwat kritiese elemente van hierdie skryfstuk is:

“Die teateratmosfeer was melancholies en die agtergrondmusiek van Coenrad Rall en die rooi beligting het dit beklemtoon.”

En

“Margit Meyer-Rödenbeck en Francois Toerien het met groot sukses daarin geslaag om Herman se lewensverhaal op papier met deernis en eerlikheid te verwerk tot ‘n verhoogstuk. Daar is ook raakpunte in die verwerkte teks wat emosies aanwakker en waarmee die gehoor sal kan vereenselwig. Geon Nel, wat die rol van Herman in die teaterproduksie vertolk het, trek die gehoor uit die staanspoor aan met sy oortuigende spel. Dit is duidelik dat Nel diep gedelf het om in Herman se vel te klim om sy storie so eerlik en empaties as moontlik van die verhoog af te kon oordra.”

Dis egter bloot nie genoeg om werklik as ’n resensie gesien te word nie. Ek besef daar is geweldige diskoers aan die gang in Afrikaanse kringe tans oor wat ’n resensie is en wat nie, en wie mag resenseer en wie nie. Daai is ’n gesprek op sy eie. Wat hier van belang is, vir hierdie spesifieke resensieprojek, is om krities met teaterwerk om te gaan – of dit nou goed of sleg was. Hierdie weergawe skiet tekort. Ek sou die skrywer aanraai om na elke sin in hierdie weergawe te gaan kyk en hulle af te vra waarom die sin op die papier staan. En dan, indien die skrywer dít vir hulleself gevra het, stel ek voor hulle dink na daaroor of dit werklik ’n ontleding is, en of dit net ’n indruk is.

Mentorsterugvoer (weergawe 1)

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Eerste mentorsterugvoer: Hoerkind, geresenseer deur Cathy Hugo | LitNet STAND-teaterresensieslypskool 2023

Teaterresensie (weergawe 1)

LitNet | STAND: Teaterresensie van Hoerkind (weergawe 1)

Teaterresensie (weergawe 2)

LitNet | STAND: Teaterresensie van Hoerkind (weergawe 2)

Lees ook:

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top