LitNet | STAND-teaterresensieslypskool: Paul Kammies se resensie van Tsekmate (finale weergawe)

  • 0

Hierdie resensie vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Die tien deelnemers skryf elkeen ’n resensie waarop die mentors dan terugvoer gee. Daarna kry hulle kans om weer aan hul resensies te werk, nog terugvoer van die mentors ontvang en dan hul resensies finaal afrond.
Hier is die finale weergawe van Paul Kammies se resensie.

Tsekmate: prikkelend confrontational enne ontleding van die hantering van “outsiders”

Op papie’ issie storie van ses gevangenes intriguing, ’n typical drama. Ongelukkig is die vehaal nie so eenvoudig’ie – die kwessies van vryheid, die notions van normality, die soektog vi survival; alles innie microcosm van ‘n tronk geplaas. ’n Skaakspel wat alles betieken, no redo’s of mentors. Tsekmate vra jou ommie game te speel by abandoning jou comfort zone, want die chessboard is van rande, bottlecaps, toppatjies en scrunched-up Bybel pages gemaak.

Die toneelstuk het ees in 2022 debut as ’n produk vannie derdejaa-dramastudente uit die Stellenbosch Dramadepartement, naamlik Henrietta Cloete, Mikyall Harris, Nathaly Lottering, Ethan Patton, Nequin Petro, Tamia Thompson en Adri-Jo Waterboer, en was deu Amelda Brand facilitated. Tsekmate welcome ’n refreshing take oppie epic theatre genre, ’n styl wat ve’skillende scenes interlock sonne ommie essence van reality te verloor. Die genre reflect ook kontemporêre issues op ’n objektiewe manier, dieselfde way soes in Fugard se The island. Die play is geworkshop, ’n proses wat die geleentheid vi nuanced characters en multiple perspectives aangebied’et sodat almal se menings en kreatiwiteit kan displayed wees. In hierie way van verskeie hulpbronne van elke cast member te versamel in conjunction mettie leiding van Brand kon die cast intentionally ’n produksie skep wat omvattend is.

Die theme wat stêk innie eerste gedeelte vannie play veskyn is die concept van identity. Die stuk in dié geval vra virrie gevangenes waa hulle innie lewe pas, in en buite die tronk. It question die vehouding between bewaarde’ en gevangenes. Soosie stuk progress begin ’n mens te vestaan dat die labels is dinge wat hulle moet ansit, gebruik en wee afwas. Die feite is dat die lewe innie tronk mean dat jy moet altyd ’n character uitvoer om vi jou te protect en defend. Ôs sien die constant cycle van prejudice tienoo mense wat “different” is, en Tsekmate issie bang om albei kante vanne villain te wys, om die outsiders as human te portray. Issie sodat die audience se sympathy opgewêk is nie, is net daa om te wys dat hulle stemme oek menslik en geldig is, ingeval jy nie so gedink’et nie of ingeval jou understanding van dai oppevlakkig was.

Tsekmate issie net textually jarring, maa dit gryp aan jou sintuie as well; jou bene sidder as ’n trommel geslaan is, die reuk van ’n sigaret laat jou voel asof jy langs die karakters sit. Die geselskap is professional, Lottering en Harris se skryfwêk is deliberate en duidelik. Die geselskap speel saam mekaar soes ’n orchestra. Hulle los alle inhibitions backstage en elke emosie van woede, vrees of waansin voel ampe soes ’n nuwe emosie in die manier hoe hulle dit uitvoer. ’n Gehoorlid sal beslis betower wies deu die suiwer energie van elke toneel wat se pacing jou hart aan ’n wilde klop sit. Die beligtingsontwêp skep ’n atmosfeer wat onseker voel, wat ‘n effek van discomfort skep – tewyl die cast hul karakter se kwesbaarheid afskud, is daar altyd ’n sense van spanning, soos die shower scene of die moment waa Waterboer se hare gevleg wôd. ’n Goeie en stimulerende produksie wat ook die toekoms van teater in Suid-Afrika getuig, dat kunstenaars is belangrik omdat hulle vi ôs verskeie perspektives op ’n situation wys en ôs ootuig om ôs oorspronklike posisie te reconsider. Die toneelstuk sal jou aanraak in mee as net een manier. Jy moet uitkyk, want as jy vi een moment wegkyk, sal iets jou onkant vang – jy’s volgende:

[Soos die BEWAARDER die karakters se name lees stap hulle almal vorentoe na die eerste rang van die bord toe.]

Isaacs – Richard Konstabel; Nadine Botha; Carl Cloete; Lyntjie Prins; Paul Pienaar en Marilyn Arendse

[Die karakters praat almal gelyktydig met die gehoor, terwyl die ligte uitdoof en die skaakklokgeluid in die agtergrond speel.]

ALMAL – [saam] Ons, ons was ook eens op ‘n tyd deel van julle.

                                                                            (Tsekmate, 2022:47)

Take note, dai laaste line is gesê mette reckoning. Tsekmate remind ’n mens dat alhoewel jy nie die game own nie, moet jy saamspeel. Alhoewel jy nie die game own nie, moet jy onthou’it behoot’ie aan niemand nie. It remind jou om te try om mense beter te hanteer, or else is alles wat ons oo het, rage.



Teaterresensie: Eerste weergawe

LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 1)

Mentorsterugvoer: Eerste weergawe

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Eerste mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies

Teaterresensie: Tweede weergawe

LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 2)

Mentorsterugvoer: Finale weergawe

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies

Lees ook:

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top