Jonathan Jansen, Protea Boekwinkel en Twitter: ’n studie in wit broosheid

  • 66

Azille Coetzee en Jonathan Jansen

Verlede week in Stellenbosch stap professor Jonathan Jansen in Protea Boekwinkel in en hy kies om Engels te praat met die winkelassistent; Jansen is Engelssprekend. Die winkelassistent hou aan om met hom Afrikaans te praat. Sy reaksie teenoor haar is geïrriteerd en sarkasties. Ná die tyd vertel hy die storie op Twitter en verwys na die winkelassistent se aandrang om Afrikaans te praat as ’n voorbeeld van taalonverdraagsaamheid wat swart mense soms (of gereeld?) ervaar.

Op Twitter word hierdie uitspraak nie geduld nie. Hy is rassisties, skynheilig en ’n paar vloekwoorde word hom toegesnou. Mense maak hom bewus van die feit dat meeste Stellenbossers Afrikaans is, so wie is hy nou om te wil Engels praat daar. Hy moet ophou kla. Hy kan mos Afrikaans praat, hoekom praat hy dit dan nie. Hoe kan hy so onbeskof wees met daardie arme, gawe vrou en hoe kan hy so ’n slegte houding hê teenoor ons taal.

Met eerste oogopslag lyk hierdie wit verontwaardiging oninteressant. Nog ’n kleingeestige Twitter-storm in ’n tyd van outrage culture. En dit is dit wel. Maar hier is ook meer ter sake. Soos baie ander kere is wit Afrikaner-woede ’n spieël, sê dit baie meer van onsself as wat dit van Jonathan Jansen sê.

Hierdie insident gebeur nie in isolasie nie. Dit gebeur elke dag. “Ek haat dit as hulle maak asof hulle Engels is,” sê ons vir mekaar as ’n bruin kelner, kollega of kennis weier om na Afrikaans oor te skakel. Wanneer bruin Suid-Afrikaners om politieke redes kies om nie met wit mense Afrikaans te praat  nie (ook in weerstand teen die wit “standaardvorm” van die taal), is dit ’n besluit wat wit Afrikaners dikwels nie respekteer nie, maar spot, ignoreer of afwys. Wanneer ’n swart of bruin persoon daarop aandring om in Engels aangespreek te word, kan dit gelees word as ’n daad van verset teen die voortlewing van ’n apartheidgeskiedenis waarin wit mense besluit wie praat wat, ’n geskiedenis van verpligte Afrikaans.

Die Twitter-backlash teen Jonathan Jansen werp ook lig op die taalstryd by Universiteit Stellenbosch. Een van die hoofargumente vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal is dat dit ter wille is van die arm bruin studente wie se huistaal ook Afrikaans is. Die reaksie op Jonathan Jansen wys weer eens dat baie wit Afrikaanssprekendes en taalstryders hulle nie noodwendig besighou met die behoeftes van bruin of swart mense nie. Afrikaans bly ’n sweep wat slaan. Praat sal jy hom praat. Ons is gretig om bruin en swart mense in ons taalgemeenskap in te laat, dit wys dat ons nie rassisties is nie en dit bewys dat Afrikaans ’n regte inheemse taal is. Maar insluiting gebeur op óns terme – enter at own risk. Iemand soos Jonathan Jansen met sy uitgesprokenheid is ’n aanwins vir die taal en die universiteit – ons is oopkop en getransformeer. Ons hou veral daarvan as hy kritiek lewer teen die regering en dit in ons gunsteling Afrikaanse publikasies publiseer. Maar daar is perke aan wat ons sal duld, hy is nou in óns dorp en hy moet ons taal uitlos. Dit gaan steeds om wit baasskap.

Bowenal is die verontwaardiging oor Jansen se standpunt ’n uitdrukking van die onvermoë en onwilligheid van sommige wit Afrikaners om selfondersoek te doen. Die verontwaardigde reaksie teen Jansen se twiet kan bestempel word as ’n voorbeeld van “wit broosheid” (white fragility), ’n konsep geskep deur Amerikaanse sosioloog, Robin DiAngelo. Wanneer sommige wit mense met raskwessies gekonfronteer word, reageer hulle verdedigend (afwysend, onsteld, ens.), omdat hulle dan persoonlik betrokke of aandadig voel aan wit heerskappy. Byvoorbeeld, wanneer ’n swart vriendin vir my sê dat sy ontsteld was toe ek sekere aannames oor haar kultuur gemaak het, begin ék huil, want ek voel seergemaak dat sy dink ek is rassisties. Die gesprek eindig met sy wat vir mý troos en gerusstel dat sy nie bedoel het om my te ontstel nie. My wit broosheid maak van mý die slagoffer en blok enige kritiese gesprek oor my (waarskynlik onbewuste) rassistiese aannames en haar ervaring daarvan. Wit broosheid funksioneer dan as ’n belangrike wapen in die instandhouding van wit heerskappy, omdat dit enige uitdagings tot wit bevoorregting afweer en stil maak.

Op Twitter opper Jansen raskritiek na aanleiding van sy ervaring as bruin of swart man. Hy skep ’n geleentheid vir wit Afrikaners om te leer hoe sommige swart en bruin mense ons aandrang om Afrikaans te praat, ervaar. Eerder as om hom te vra hoekom hy sê wat hy sê, eerder as om verder na te dink oor hoe en wanneer ons Afrikaans gebruik, skree ons hom stil. Óns is die slagoffers, Jonathan Jansen die aggressor, hy is ’n groot (swart) boelie wat so onbeskof is met daardie arme, gawe (wit) vrou en ... hy teister ons taal!

Wanneer ons Jansen se twiet versmoor met ons wit verontwaardiging, verloor ons ’n geleentheid om iets te leer oor die ervarings van ander Suid-Afrikaners wat nie wit en Afrikaans is nie. Ons verloor ’n kans om te leer hoe ons beter kan wees, hoe ons, in die nadraai van Apartheid, kan bydra daartoe om Suid-Afrika se dorpe, stede en universiteite vir almal meer leefbaar te maak.

Lees ’n artikel oor die voorval in die Protea Boekwinkel hier:

Jonathan Jansen "flip" toe vrou hom in Afrikaans aanspreek

Lees reaksies op dié voorval hier: 

Jansen se vloermoer oor Afrikaans berus op "halwe waarhede"

Jonathan Jansen en Protea Boekwinkel: Frederik van Dyk reageer

 

  • 66

Kommentaar

  • Henning Janse van Vuuren

    Ek het altyd gewonder hoe die ses-uur nuus sal klink as rolle ruil en Piet Muis lees en Haas Das dra berigte aan. Daar is ʼn oulike epigram wat lui: "Employ a teenager while she knows everything." Ná ek jou mening gelees het, het ek gewonder oor die tamheid van jou woorde, die flouheid van jou gedisoriënteerde monoloog en afwesigheid van koherente substansie.

    Ek kon dus nie weerstaan om na jou profiel te kyk nie: postdoctoral researcher at the South African Research Chair for Gender Politics, Stellenbosch University. Slat my met ’n nat snoek!

    Ek wens ek het die energie gehad om na behore te reageer, maar ek groet. De minimis non curat lex.

  • Prof. Jansen het al voorheen lustig Afrikaans gepraat in daardie einste boekwinkel by die bekendstelling van sy boeke. Hy gaan dus opportunisties om met taal. Om die winkelassistent en Jansen se kritici te beskuldig van "wit baasskap" is doodgewoon onsin.

  • Frederik R van Dyk

    Prikkelende skrywe, dankie Azille.

    Ek dink die argument rondom bruin Afrikaanssprekende studente se Afrikaanse behoeftes op tersiêre vlak nie die beste of sensitiefste benadering is nie.

    Dit kan maklik verstaan word as 'n wit Afrikaanse "patronizing" houding; 'n "wit redderskap", iets wat ek nie dink op bruin Afrikaanses afgedwing moet word nie en ook nie van wit Afrikaanses verwag kan word nie. Soos jy se: "Kom binne, maar op ons terme."

    Dit mag nooit gebeur dat ons bruin Afrikaanses se behoeftes vir hul besluit en hul dan as kanonvoer in regsargumente gebruik nie. Dit is wit baasskap.

    As daar taalstorms woed, behoort ons deur 'n dekoloniale lens na sake te kyk, anders verloor mens uit die oog dat die oordonderende kolonialiteit van Engelstaligheid 'n Biko-istiese en Fanonistiese sielkundige houvas op Afrikaanssprekers oor rasgrense heen het, om nie eens te begin met die druk op Afrika-taal sprekers nie.

    Vanuit daardie oogpunt is Jansen se optrede problematies, omdat dit eweneens verstaan kan word as 'n meerderwaardigheids- en stereotiperende houding teenoor 'n Afrikaaanssprekende, in hierdie geval dan wit. Op die feite is dit reeds gerapporteer dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die vrou moedswillig opgetree het. En gegewe Jansen se tweetalige vermoë is die hele situasie ietwat kleinserig en spreek dit van boeliegedrag aan sy kant.
    Mens moet ook nie die klasse-ongelykheid tussen 'n boekwinkel-assisstent en 'n vername (en goed-betaalde) professor uit die oog verloor nie.

    Verder, bruin en wit Afrikaanses kan slegs hul gedeelde taal-uniekheid ontdek en sodoende brue bou as daar 'n aktiewe poging bestaan om die kolonialiteit van Engelstalige oorheersing te ringmuur in ons openbare taalbeleide en taal-etiek.

    Dit vereis opsigself selfondersoek na wit bevoorregting en bruin verdrukking, iets wat gelukkig reeds toenemend plaasvind in die Afrikaanse kunste en letterkunde. Die onlangse Koker-toekennings van die ATR spreek van hierdie positiewe verwikkeling.

  • Hoe meer Jansen probeer verduidelik, hoe meer oortuig hy my dat hy inderdaad, soos wat Pollux in Rapport geskryf het, 'n "pompeuse poephol" is met 'n vergrote ego. Hy sal uitvind dat, met sy hofvaardige houding, die winters op Stellenbosch ysig is.

  • Frederik van Dyk, baie dankie vir jou rustige reaksie en bedaarde teregwysing van Azille Coetzee. Soos Henning Janse van Vuuren het ek nie meer die geduld daarvoor nie. Ek moet jou darem daarop wys dat Gelyke Kanse nie net uit wit mense bestaan nie en daar is ook bruin studente, soos Mercy Kannemeyer, wat hulle teen die verengelsing van US verset. Hunker hulle ook na "wit baasskap"?

  • Bruin en wit Afrikaanssprekendes was gebelg oor sy optrede selfs 'n paar Engelssprekendes het hul misnoë uitgespreek. So jou latjie wat jy vir die Afrikaners uithaal kan jy maar bêre.

  • Prof. Jansen is geregtig daarop om in Engels of Afrikaans te praat. Die winkelassistent is amper "verplig" om die kliënt (as hy of sy dit magtig is) in die taal aan te spreek waarin die kliënt hom of haar aangespreek het (ongeag wat die winkelassistent van die kliënt se agtergrond weet). Prof. Jansen se reaksie op die insident pas ongelukkig nie by sy amp of posisie nie.

  • Frederik R van Dyk

    Ja Daniel ek stem saam, Gelyke Kanse is na my mening ook glad nie 'n wit snobistiese omgewing nie. Ek dink maar bloot aan die breër taalstryd: Ons moet slim en strategies wees en dws na ons eie strukturele vooroordele en mandate kyk voor daar opgetree word.
    In daardie opsig is Azille se diagnose nie korrek nie: Ek dink nie sy het haar noodwendig vergewis van GK se samestelling nie.
    In teorie praat sy waar: Waar twee gemeenskappe met 'n sensitiewe en hiërargiese verlede tussen hulle moet saamwerk aan daardie een ding wat hul saambind (te wete, Sambreel-Afrikaans) moet die voetwerk wel baie, baie sagkens geskied.
    Rede en bedoelings is nie genoegsaam wanneer dit by samesnoering kom nie...die mens is maar 'n tropdier.

  • 'n Studie in wit broosheid sê jy-dit klink vir meer eerder na 'n studie van' how to
    mimic the stiff english upper lip'.

  • Chris du Toit

    Laat prof Jansen sy inkopies weer hier in Pretoria kom doen. Elke winkel sal hom graag in Engels bedien, want bitter weinig winkelassistente sal hom in Afrikaans kan bedien, gewoon omdat hulle glad nie kan nie. Die meeste Afrikaanssprekendes in Pretoria (dalk ook in die res van SA) het al hiermee vrede gemaak.

  • Dankie Azille Coetzee. Broosheid en lieftalligheid kan ook onbedoelde arrogansie en ongeskiktheid word, uit gewoonte. Hoe is dit moontlik dat mense in die bresse kan tree van 'n winkelassistent wat 'n klant (wie hy ook al is) antwoord in 'n ander taal as die een waarin hy haar iets gevra het en wat sy magtig is? Ek sal my ook vervies het as ek in Afrikaans 'n pakkie sigarette in Howick wil koop en die toonbankassistent wat Afrikaans kan praat, antwoord: "Certainly. The last time I sold you sigarettes, you were a prefect of a nearby private school in Hilton?" Ek sal hom antwoord: "Nee, meneer, ek is Jan Spies van Windhoek," Al is ek nie. En dan bars 'n herrie los omdat ek kwansuis lelik was met die oom wat na die "insident" in trane uitgebars het. Behoede ons..

  • Marietjie Buhr

    Ek wil my verstout om te sê ek meen nóg wit baasskap, nóg wit broosheid het by die winkelassistent figureer. Ek aanvaar veel eerder die feit dat sy 'n bewonderaar van die prof is (was?), dat sy hom al goeie Afrikaans hoor besig het en dat sy werklik graag 'n geselsie wou aanknoop. Die professor met al sy mensekennis sou dit kon weet. Hy het moedswillig van haar 'n voorbeeld gemaak. Besluit self by wie my simpatie lê.
    En as me Coetzee wit Afrikaners oproep om eers seker te maak hoe mense soos Jansen voel, kan ons vra dat die winkelasststent ook geleentheid kry om haar bedoeling te stel? Of sal dit enigsins saak maak, synde me Coetzee reeds diagnoseer het watter verrotting daar diep in haar as wit Afrikaner lê?
    Die oproep kom reeds dat versoening in hierdie land in die hande van gewone mense en nie dié van politici nie geplaas moet word. Kom ons voeg maar by en ook nie in die hande van die sg. geleerdes nie. Tog wag ek in spanning om die stuk van Jansen te lees waaraan hy nou skaaf. Dalk bring dit tóg lig, hoop en 'n weg na versoening. Dit wat klaaglik ontbreek in sy en me Coetzee se skrywes.

  • Henning Janse van Vuuren

    Dankie, Gerhard. Ek wens ek kon dieselfde van jou sê, maar jy het nog nie veel gesê nie. Glo jy in jou hart daar is ʼn nexus tussen ‘slim’ en kwalifikasies? Dit sal ook help indien jy ‘kwalifikasies’ kwalifiseer. Dankie vir jou opregte belangstelling.

  • Kootjie Emmer

    Azille: beide Engels en Afrikaans kom van die p03swêrelde van kolonisasie. Maak dit dan saak watter kolonialis se taal gebruik word? Moet ons dan nie eerder aandring dat 'n egte local taal gebesig moet word nie?

  • Barend van der Merwe

    Daar is so liedjie wat lui - it's not what we do, it's the way that we do it...

    U maak interessante opmerkings maar het my so bietjie verloor hier na die einde toe.

  • Hendrik Kruger

    Lyk my eerder na 'n geval van Swart Broosheid van prof Jansen se kant af ... Hoekom so fyngevoellig as iemand jou herken as 'n persoon wat baie goed Afrikaans kan praat? Klink my die Prof soek maar bietjie aandag...

  • Peter Abrahams

    Dis reg prof gryp hulle aan hul bek hulle raak arrogant ek het vanaand weer die ervaring in Wellington gehad van iemand - wit- wat vir my prontuit sê, toe ek hom vra o, jy is baas? Hy my onbeskaaam antwoord ja dit moet so wees.

  • Gustaf Claassens

    Ag nee wat en met respek aan me. Coetzee, u maak 'n eenvoudige gebeurtenis onnodig gekompliseerd. Hoe u die insident ookal wil teoretiseer en lyf gee, maak na dese geen impak of indruk nie. Inteendeel, mens is tot satwordens toe moeg vir hierdie soort praatjies en 'opvoedings-prekies.'

    Feit is, u relaas is helaas niks nuuts nie. Dis so eie aan ons tyd dat dit hoogstens vervelig is. Dis deel van die nuwe modegier dat, alhoewel jy die kruks van die voorval eien, jy jouself en ander wil wys maak dat daar eintlik 'n les te leer is en dat die 'slim' Proffie nie te hard beoordeel moet word nie. Skynbaar moet ons net mooier en wyer kyk daarna. So asof die ligte sal aangaan met 'n bietjie meer inspanning en verbeelding.

    Ek's bevrees dat u in baie opsigte die teiken geheel en al mis. U sal wel u ondersteuners hê waarmee ek vrede het maar ons 'stiksinniges' (waarop u per slot van rekening sinspeel) gaan nie maklik oortuig word of 'skuldig' voel oor ons eie standpunte nie. Ons het opgehou om prys-of lofsangers te wees/word van hulle wat glo hulle beset die morele hoë grond. Daardie tyd is finaal verby.

  • Arrie de Beer

    Wat van?

    Die winkelassistent is Afrikaanssprekend (?) en wit (?).

    Sy herken prof. Jansen as hy instap.

    Sy weet hy praat Afrikaans, want dit is wat hy by sy boekbekendstelling in dieselfde boekwinkel gepraat het. (Kyk Daniël Hugo vroeër).

    Ek weet nie welke boek Jansen kom soek het nie.

    Was dit dalk sy Afrikaanse (sic) een oor Bokdrolletjies?

    Wel, hy het daarin met groot lomp voete getrap.

  • Maar is prof. Djensen dan nou ook wit dat hy so broos reageer op Vrye Weekblad? Wees tog asb. versigtig met jou uitsprake (en roltitel) - dis soms beter dat gewone mense nie weet waaraan hulle swaarverdiende belasting by universiteite bestee word nie.

  • Nou wat van al die tv stories en sepies soos 7de laan waar elke persoon meestal in hul eie taal antwoord en praat ongeag watter taal die persoon met hul mee praat. Sir Jansen sal sekerlik daaroor moet kla, dink ek. Of bly ons maar onkonsekwent as dit ons pas.

  • Johannes Comestor

    Dit is bekend dat Jansen Afrikaans en Engels kan praat en skryf. Afrikaans is sy moedertaal terwyl Engels sy voorkeurtaal is. Dit is ook bekend dat Jansen om politieke redes insidente sowel uitlok as aandik.
    Coetzee kan gerus haar aanbiedingstyl verander. Sy hou daarvan om haarself as 'n Afrikaner, Afrikaanssprekend en blank te beskryf. Maar dan gaan sy verligtheidshalwe deurgaans en ongekwalifiseerd voort om die ander kant te kies en diesulkes se standpunte en gedrag te regverdig. Dit is wenslik dat sy eerder erken dat sy 'n verloopte Afrikaner is en dat sy haar heil in politiese byderwetsheid vind. Wat vir my as tagtigjarige baie duidelik is, is dat sy in haar jeugdige voortvatendheid nog nie naastenby die lewe en die werklikheid verstaan nie. Sy behoort in haar eie belang liewer laag te le as om met beperkte insig haar mening oorgraag openbaar te maak.

  • Johan Coetzee

    Daar is 'n ding soos toleransie, ek deurdat ek op skool tweetalig op die regte manier opgelei is besit die vermoë om sonder om te skroom oor te skakel van Afrikaans na Engels sonder om aan stoot te gee.

    Op dieselfde manier verwag ek dat mense my moet respekteer en 'n medium kies waarin die boodskap wat ons wil oordra verstaanbaar te maak vir albei partye.

    Die probleem ontstaan waar mense op skoolvlak verkies om in een taal opgelei te word en dan hulle wil op ander individue af te dwing.

    As dit nie anders kan nie kan daar altyd 'n tolk nadergeroep word.

  • My geduld is ook op met hierdie alewige hand-in-eie-boesem-stekery. As 'n "liberal whitey" wat blykbaar niks reg kan doen of dink nie, is ek seker dan, soos Gustaf Claassens, een van die "stiksinniges". Maar skuldig voel, dié gaan ek nie meer nie.

  • En vanoggend staan ek in die loodgietersgedeelte van 'n badkamerwinkel hier op Stellenbosch en hoe aangenaam was dit om in vrede inkopies te doen, terwyl Pxxl the Plumber rustig voortpraat in Engels en die winkelassistent hom vriendelik bedien in Afrikaans. Beide voel gemaklik en verstaan mekaar beter... "I need a brass valve." "Soek jy die 15mm "valve" of die 22 ene?"

  • Theodorus du Plessis

    Ek weet nie oor wie se uitlatings my teleurstelling die grootste is nie - Jonathan Jansen se jongste petalje of Azille Coetzee (wie se boek ek pas tydens my besoek aan België gelees EN geniet het) se reaksie op die hele debakel nie. Omdat ek as Oud-Kovsie (Kovsies bestaan mos nie meer nie) vir Jonathan persoonlik leer ken het en ons darem meer as een keer 'n broodjie saam gebreek het (ook by ons tuis), is my teleurstelling oor sy betrokke twitterasie(s) dalk die grootste. Tog so jammer, terwyl ons almal nog sy Afrikaanse openingsin tydens sy openbare aanbieding as kandidaat-rektor by die toenmalige Kovsies so goed kan onthou: "My naam is Jonathan Jansen [in Afrikaans uitgespreek]; dieselfde van as daardie groot Springboksenter Joggie Jansen". Soos ook sy eerste optrede by sy eerste Senaatsvergadering met openingsin in Afrikaans ensomeer. Trouens, ek en sy persoonlik interaksie was altyd net in Afrikaans en ons het 'n ope verhouding gehad, wil ek glo. Anders het hy my en my se wederhelf sekerlik nie na sy afskeidsdinee genooi nie. Ons kon openlik praat oor allerlei dinge wat hom omtrent Afrikaners (daardie ou lastige minderheidjie binne die groter Afrikaanssprekende gemeenskap) gebodder en geïrriteer het. In geen stadium het hy egter sy skynbaar diepgewortelde gegriefdheid oor ons hom altyd in Afrikaans aangespreek het (en ironies genoeg hy ons), vermeld nie. Ek moet sê dat ek nogal verstom staan oor wat nou aan die gebeur is maar veral diep, diep teleurgesteld. Ai, Jonathan, was dit nou werklik nodig?

  • Fanie de Villiers

    Ek het Afrikaans grootgeword maar woon nou in ’n hoofsaaklik swart deel van Johannesburg. Ek het totaal vrede daarmee dat geen winkelassistent hier Afrikaans verstaan nie; Engels is die lingua franca (meestal broken English). Ek het eenkeer onderlangs geglimlag toe ’n kliënt van iewers in Wes-Afrika sy kledingstuk vir ’n plaaslike swart droogskoonmaker gee, en toe die droogskoonmaker die papierwerk doen en nie die Wes-Afrikaan se naam kan ontsyfer nie en hom vra om dit te spel, “A N G S” die antwoord van die Wes-Afrikaan was.

    Ek het al soms op besoek aan Pretoria iets gekoop en gedink nou is my kans om Afrikaans te praat (met wit winkelassistente), maar meestal is ek in Engels geantwoord, waarskynlik deur Engelssprekendes wat wel Afrikaans magtig is. Water van ’n eend se rug … ek kan Engels praat en het oorgeslaan daarna.

    Die punt wat ek wil maak: Prof Jansen was onbuigbaar en polities gemotiveer.

  • Carla van der Spuy

    Hoekom moet alles so oorontleed word? Prof Jansen praat vlot Afrikaans. Die assistent was 'n bewonderaar van hom. Ek het al 'n onderhoud met hom gevoer - ook in Afrikaans. Kan nie glo hierdie storie is so uit verband geruk nie. Klink vir my na moedswilligheid. As ek weet iemand kan Afrikaans praat, praat ek met hulle Afrikaans. As hulle sukkel praat ek Engels.

  • Jammer om te sê, ek vind die skryfsel onverkwikkend. Die skrywer het 'n hele klomp verdigsels oor Afrikaanses / Afrikaanssprekendes aangebied sonder om haar van die werklikhede te vergewis. Mense, wat voorgee dat hulle iemand anders is as wat hulle werklik is, moet verwag om slae te kry.

  • Jansen prober steeds sy taktlose optrede regverdig; dis baie duidelik te sien aan sy patetiese voetwerk.
    Dit gebeur in 99% van die gevalle, nee, 99,99%, waar Afrikaanssprekendes iets oor ‘n toonbank koop dat hulle Engels praat selfs al is die toonbankassistent ook Afrikaanssprekend want hoe sal hulle dit dan nou weet. Die meisie agter die toonbank het Jansen herken bloot en aanvaar dat hy maar soos die meeste mense maar Engels in winkels praat en hom eintlik tegemoetgekom deur hom in Afrikaans aan te spreek.
    Weens die reuse chip op sy skouer, en nie al die ander redes wat hy loop staan en uitdink ht vir sy artikel nie, het hy toe sy humeur verloor. Eerder nou as om maar sy uitbarsting as ‘n fout te aanvaar en die storie daar te laat druk hy nou net verder sy voet in sy mond en beklemtoon die eier op sy gesig deur die taalkaart – iets baie soortgelyks as die rassekaart – te speel.
    Ter verdeging van sy swak optrede stof hy ook nou weer ‘n paar mites af naamlik die sogenaamde bevoorregte posisie van Afrikaans in die vorige bedeling – daar was nooit so iets nie. Ook dat Afrikaners botweg weier om Engels te praat met anderstaliges. Watter onsin; hulle praat dan met mekáár Engels in winkels. Daar is wel sulke mense maar hulle is baie, báie skaars, veral daar in die ‘verligte’ Kaap.
    En terloops, hierdie is nie ‘n demokrasie nie.

  • Richard Benjamin

    Intellektuele kragdadigheid is aanvaarbaar intussen toestemmende volwassenes binne 'n intellektuele raamwerk; soos in stoei, 'n bultende intellektuele swaargewig teen 'n minder ingewikkelde mens word 'n onregverdige mismatch. Om so 'n berg uit 'n molkop te maak van 'n een vir een onpersoonlike verbygaande funksionele interaksie, veral in die skaduwee van Helshoogte, en om openbare ondersteuning onder die Twits te soek, wys Prof Jansen sy wen ten alle koste onsportiewe onverdraagsaamheid teenoor sy medemens. 'n Kerk is geen plek vir ateïstiese debat nie. Biblioteke en boekewinkels is nie plekke waar intellektuele leeus kan brul en kans vat om glimlaggende winkelassistente se koppe af the byt nie. Daardie forums is ons onwerklike SA parlement en universiteitskampusse waar Barbarisme aanvaarbaar is en word verdedig as menseregte. Haal 'n blaaitjie uit Rassie se boek van wen taktiek.

  • Hoekom is ek nie verbaas oor die man se optrede nie ? Ek het verskeie geleenthede bygewoon met ope dae by Kovsies waar die Prof met ouers en studente suiwer Afrikaans praat en hulle uit sy hand eet as hy sê die Cheethas moet die Blou Bulle donner ! Sodra hy egter alleen met net die studente praat het hy gewoonlik met groot vermaak die Afrikaanse
    ( lees Blanke) studente uitgehaal oor hulle kultuur en taal en syaaltjies gedeel hoe n wit motorfietsryer sy motor se spieel afskop ens. Die man is n mooi voorbeeld van n verkleurmannetjie en draai sy mantel soos dit hom pas as dit by taal en kultuur kom.

  • André Badenhorst

    Azille se stuk is duidelik op aannames, stereotipes en vooroordele gebaseer en nie op wat werklik in die winkel gebeur het nie.

    Daar is wel deeglike en gedokumenteerde getuienis oor die gebeure en dit ignoreer sy opvallend. Sy het dus van meet af kant gekies en staan nie objektief nie. Daarby bewolk sy die kwessie deur fokus te verplaas vanaf die gebeure in die winkel na reaksies op Twitter.

    Dit maak haar gevolgtrekking dus ideologies en dis dan vir my ook moeilik om haar in die toekoms enigsins ernstig op te neem.

  • Taal is maar net geluid wat 'n mens maak met sy mond om met ander mense te kommunikeer; niks meer nie en niks minder nie. Diegene onder ons wat nog 'n bohaai maak oor taal, is maar net die wat nog minderwaardig voel.

  • Much ado about nothing, sê die Engelse. Ek kan nie glo daar word so baie woorde gebruik rondom hierdie saak nie. As iemand my wil aansien as "baas" omdat ek wit is, is hy of sy welkom. Gaaaap!!!

  • Praat dan tog net n ordentlike engels as ek die kliënt is en jy die werknemer by n plek. Allemagtig as jy dan ingels is hou due kombuisengels in jou kombuis.

  • Marietjie Luyt

    Wel, hier in Pretoria, waar mens in ieder geval gewoonlik eers Engels met vreemdelinge praat, was ek en elke nuwe kennis tot dusver bly en verlig as dit blyk ons is albei eintlik Afrikaans. Dit maak die praat darem soveel makliker.
    Ek verstaan nie die Kapenaars nie. Is julle dan regtig net ingestel op iemand
    se velkleur?

  • Angus, 'net geluide om te kommunikeer' ?? Hier sien jy nou mos met hierdie Jansen-debakel dit is nie so nie.

  • Jonathan Jansen gedra hom soos 'n buffel wat tot gevolg het dat Azille Coetzee die witmense verguis. Red nou 'n volk. Azille stel 'n soort paternalisme ten toon wat niks anders as suiwer rassisme is nie.

  • Wilhelm Fourie

    Miskien kan Azille Coetzee vir die lesers verduidelik wat hierdie insident met Gelyke Kanse te doen het? Louise Swanepoel se naam verskyn nie op enige lys van Gelyke Kanse nie.

  • Sybrandus Adema

    Ai, en hier was nou 'n fantastiese voorbeeld van veeltaligheid in aksie; iets waaraan soveel Suid-Afrikaners lippediens gee en niks verder nie. Stel jou voor: daar's jy, in Afrika, 'n plek met soveel unieke kulture en klanke. Jy stap 'n winkel in...en...en... die persoon groet jou in 'n Afrikataal! Dis mos koel; nie net verstaan jy wat die persoon sê nie, jy voel sommer dadelik ook meer deel van die plek, want die persoon DEEL sy/haar taal met jou. Jy antwoord terug (in dieselfde taal of nie) en almal verstaan mekaar. En almal leer. Waar prakties nodig, gooi meeste immers reeds die tong van Johnson en Trump rond. Intussen kan 'n 'enkosi' hier, 'n 'ke rata dijo' daar, 'n 'sizobonana' en 'mooiloop' maar oor jou lippe rol. Dis nie die einde van die wêreld nie; dis die begin van nuwes.

  • Peter Manel, hoe kan Afrikaanssprekendes nou Afrikaans doodmaak deur Afrikaans te praat? En wat van die feit dat Afrikaanssprekendes nou maar Engels MOET praat wanneer hulle by SARS, die polisie-aanklagkantoor, die munisipaliteit, die bank, Eskom, die lugdiens - of spoorwegkantore instap of deur Jonathan Jansen aangespreek word? Maak hulle Afrikaans dood as hulle effens misnoegd daarteenoor is? Jy moet bietjie dink man.

  • Jan Rap, as jy dink dat 'n mens nog 'n bohaai moet opskop oor taal soos Jansen, dat taal nog aan die hare by politiek ingesleep moet word, dat iemand nog moord en doodslag moet skree as hy nie in Afrikaans (of Engels, of Duits of Portugees) bedien word nie, ja, dan is taal meer as 'n geluidstroom om te kommunikeer.
    Ek weet, byna alle mense gaan so om met taal: Afrikaans is my taal, Afrikaans is groot, English is my tale (of is dit nou tail), en allerhande sulke twak. 'n Taal behoort aan niemand nie; dis ons wat politiek daarvan maak.
    Taal is slegs 'n geluidstroom wat deur 'n mens gemaak word met die uitsluitlike doel om te kommunikeer (hetsy met iemand anders, of ander mense, of met homself.)

  • Francois Verster

    Johannes Comestor, 10 uit 10! Gatkruip was nog nooit koel nie, en subjektiwiteit pas uiteraard nie by 'n akademikus nie. Voeg daarby skynheiligheid en 'n gewaande meerderwaardigheid en Me Coetzee is die plakkaatkind vir wat 'n kollega 'n "unconcious idiot" genoem het. Ek dink hy het "onnadenkend" bedoel, maar Lenin sou dalk meer aan "useful" gedink het. Persoonlik dink ek eerder "logically challenged," en dat sy miskien maar eerde Geskiedenis moet swot voordat sy haar oordeel op skremgrepies in die verloop van menslike lotgevalle baseer.

  • Regso Angus
    Taal as 'n kommunikasiemiddel is bedoel om onderlinge begrip te bewerkstellig omdat almal se ervaringsvelde anders is.So verskil die prof se ervaringsveld van die van 'n winkelassistent en omdat hy reeds in die betrokke winkel van sy boeke verkoop het,so verstaan ek in Afrikaans nogal,moes hy uit die ervaring geleer het om eerder sy versoek in Afrikaans te doen.

  • Hans Richardt

    Hierdie voorval is nie "wit broosheid" nie. Dit gaan oor blatantheid van 'n man wie Afrikaans groot geword het.

  • Ronée Robinson

    Wie was nou eintlik broos hier? Die winkelassistent wat spontaan, omdat sy (verkeerdelik blyk dit) die man voor haar bewonder het, en toe onmiddelik na Engels oorslaan om die man beleef te bedien in reaksie op sy barre ongepoestheid, óf die man wat nog staan en lieg het oor wat gebeur het? Skielik kan hy nou wel Afrikaans besig wanneer dit hom pas. En wat van die hordes wit Engessprekendes wat Stellenbosch inval en eenvoudig weier om met die Afrikaanssprekende bruin staf in die Spar Afrikaans te praat? Waarom het Jansen niks daarop te sê nie? Wat sal hy die Zuluspreker in KwaZulu toesnou wat die eentalige spontaan op Zulu bedien. Dalk moet ons nou maar van al die rondtrippelry vergeet en Jansen sien vir wie hy is.

  • Nee Angus taal is nie net 'n kommunikasiemiddel nie, dis deel van 'n groep se kultuur net soos tipiese musiek, danse, kleredrag, kos ens.

  • Briljant Ronée, 'ongepoestheid' pas perfek! Ek hoop hy antwoord jou vraag oor die Engelssprekendes wat net Engels praat met die Spar-mense.

  • Conrad Steenkamp

    Beste Azille

    Dis gevaarlik om teoretiese (of in hierdie geval eerder analitiese) raamwerke met die werklikheid te verwissel. Dié stelling geld veral 1) indien dit gebruik word om standaardkenmerke aan diskrete groepe toe te ken, en 2) indien die raamwerk gesmee is in die gepolariseerde kultuuroorlog van 'n ander land. Die wêreld is meer gekompliseerd en aangenamer as dit.

    Groete

    Conrad

  • Spook Speurder

    Azille, ek voel die “wit broosheid” (white fragility), ’n konsep geskep deur Amerikaanse sosioloog, Robin DiAngelo" het hy of sy by verfynde Engelse en Amerikaansengelse 'antietjies' opgemerk en dis mi van min toepassing op Afrikaners. Haar of sy werk ken ek nie maar dit moet interressant wees om te sien hoe die skrywer die kwessie van rassistiese optrede, om die wat "wit broosheid" te kan identifiseer en verklaar, van hulself ontkoppel.
    Darbygese, het jy in jou studies nie al 'n algemene menslike broosheid by enige mens, en selfs onder soogdiere ook, opgemerk wanneer op hul foute gedruk word nie, en op hul vingers getik?
    Party van ons raak weer kwaad eerder as skaam sowel as verdedigend en ander van ons is OK daarmee om rassisties te wees en erken dit eerder as deel van die menslike las om kant te kies, jou groep te ondersteun en bekendes en onbekendes te koggel, spot en woordeliks met modder te smeer. In die politiek is dit eintlik meer as aanvaarbaar maar word tot fyner kuns beoefen. Min mense, polities korrektes ongelukkig ingesluit, draai weg van woorde na plofstof en metaal vir hul bomme om te gooi. Hoe minder rasioneel hoe meer die neiging tot geweld van meer as woorde en woede.
    Partymaal is dit selfs oraait om sout in 'n wond te vryf soos bv. wanneer die gewonde daarop aandring dat daar g'n wond is nie.
    Hoe meer politici aan hulself alleen die reg toeeien om skuld aan te sê hoe meer word die res van ons ons vryhede, insluitende die van spraak, onteien. Sulke mense is vernietigend verby alle perke.
    Ek voel verder dui die “wit broosheid” reeds ook op iets nuuts en goeds maar net nog in fetus vorm, dus onerkend, wt in alle mense se toekoms lê. Die politiese bullebakke wys graag finger maar hul eie broosheid spreek hulle as vloekwoorde oor ander uit. As ons die vryheid van bullebak wees ontneem word glo ek dat kultuur ten gronde sal gaan en erge onderdrukking volg. Daai wie perfek is moet ons asseblief ‘n guns doen en ver weg op wolkies gaan woon.

  • Spook Speurder

    Angus, jou “geluidstroom vir kommunikasie” bly ‘n mooie en aanloklike maar dood en droë abstraksie, of ‘n beeldsttroom of metafoor van taal wat ek nie wetenskaplik kan lees nie. Dis iets wat in ‘n opname ateljee en in rekenaars werk en pas maar nie as ‘taal’ toepaslik is nie, omrede dit die mens, as betekenissoekende wese en as geluidstroom skepper, uitvee.
    Masjientaal kommunikeer nie maar vorm en gee instruksies aan, en beaam korrektheid, soos ook ‘oorlogstaal’ sy bevele. Kommunikeer, as mens, veronderstel ‘n luisteraar as een wat ook antwoord gee, dus gesprekvoering wat, met tye kreatief, voortlopend en nuanseerd teenoor masjientaal se masjienagtigheid is. Dit benodig verbeelding om tot reg te geskied. Mense se tale-in-gebruik is meer as geluidstrome en geluid werk saam met ore maar tale met soveel meer. Dis iets wat ons storie se held in sy politiesgedrewe wese min van saam met sy politiek ronddra en dit maak hom ‘n gepaste metgesel vir ene Wim de V en Cameron, ‘n gedugtige maar koue lot.

  • Fanie de Villiers

    Vanoggend (17 Desember) sien ek hierdie Daily Sun-plakkaat teen 'n lamppaal: FANS LASH DJ BLACK COFFEE!

    Kry Jansen al weer slae?

  • Spook Speurder

    'Black Coffee' is 'n local DJ en sy een naam is werklik Innocent, maar ek wonder hoe die winkelassistent van hom sou geweet het. So dis Jansen se moerhumor.

  • Ronėe Robinson

    Jan - dis meer as duidelik dat Jonathan Jansen broser as 'n Engelse eentalige in die Franse platteland is (hier, waar ek my tans bevind, bestaan daardie ou taaltjie wat Jonathan so graag wil afdruk op die ganze Welt, pas de tout.) As voorstander van die sassenach se onderdrukking van als wat die eentaliges teëkom sal die ou brose sielietjie 'n grootte schok vind - die mense lig my hier reguit in dat hulle verkies om geen Engels (eentaligheid) te huldig nie. Nodeloos om te sê is ek in my element. In die beskawing huldig ons Frans, Nederlands en Duits. Hoe sou die brose Johantjie hom hier in die Franse platteland hwou handhaaf? JJ is 'n agent van imperialistiese onnoselikheid. Mens is óf ok om domonnosel te wees of dit stuit jou teen die bors. Brose Johantjie kies om so dom soos die imperialistiese onderdrukker, soos Donald Trump, te wees. Ek weet waar ek staan - waar die staan die res?

  • Ronée Robinson

    Azille Coetzee: Jy word nou die geleentheid gegun om op my stuk (hierbo in Frans) te reageer - let op dat ek nie die taal van die sassenach as heersend beskou nie - dus sal jy op een van die beskaafde Europese tale of Afrikaans moet reageer. Voorts daag ek jou pertinent uit om jou stilte rondom die uitbuiting van Bruin Afrikaanssprekendes in Stellenbosch aan die hand van eentaliges te verduidelik (ek hoef sekerlik nie te verduidelik dat die enigste eentaliges in hierdie land Engelssprekendes is nie?) As iemand wat 'n aardige bedraggie elke maand moet betaal om haar huishulp se kinders behoorlik opgevoed te kry (danksy Afrikaners) stel ek jou nou ter taak om jouself behoorlik te verdedig, by gebreke waarvan jy dalk jou jammerlike posisietjie van onkunde sal wil oorweeg.

  • Ronée Robinson

    1 Décembre 2019: Jonathan Jansen et la politique des mensonges

    Un homme, universitaire, parfaitement à l’aise en afrikaans, entre dans une librairie à Stellenbosch. Visiteur régulier, il est bien connu là-bas. Il a souvent parlé en afrikaans dans cette librairie dans laquelle, en ce moment, son livre le plus récent est bien en vue. Il a besoin de papeterie. Cet homme est notoire dans tout le pays. Il se présent comme un professeur avisé.
    Suite à sa visite, il recourt à twitter:

    Me : Good morning
    She : Waarme kan ek help ?
    Me : I need stationery
    She : Is jy die Prof van die Vrystaat ?
    Me : No, I am DJ Black Coffee

    Now you know why black people sometimes flip because of language intolerance.

    Sur facebook le professeur éminent se plaint de l’attitude de l’assistante. Il rapporte qu’elle se comporte comme il n’était pas là.
    (Si le point n’est pas clair pour vous, ne vous dérangez pas. Tout le monde est étonné par les événements).
    La vérité ?
    Selon l’enregistrement cctv, après le coup de colère du professeur, la femme a changé tout de suite en anglais. Elle lui a demandé s’il s’était bien installé à Stellenbosch. Il lui a répondu qu’il se bien installé malgré tout.
    Jonathan Jansen, qui s’identifie comme noir, promet en fait la « culture » américaine et anglais, la culture de l’impérialisme. Je sais bien qu’il parle parfaitement l’afrikaans, la langue de la majorité de Stellenbosch. Donc, il y a un deuxième mensonge d’ici. L’intolérance linguistique à Stellenbosch n’est pas une intolérance afrikaans. C’est une intolérance anglaise. Jansen reste silencieux à propos des monolingues qui refusent de prendre connaissance du caractère afrikaans de Stellenbosch et qui imposent leur seule langue au monde entier. Je me rappelle bien ma colère contre une femme anglaise pour son refus de parler un mot en afrikaans à la caissière brune, qui l’a accueillie avec une salutation amicale en afrikaans. Si on se trouve dans des espaces où l’afrikaans est utilisé par la majorité, il faut se comporter avec respect pour la langue. Quel type de personne arrive dans un espace dans lequel la plupart parle afrikaans avec une attitude si barbare quand il rencontre cette langue ? Peut – être le même type d’idiot qui, arrivant à Paris ou Berlin, est étonné de découvrir que tout le monde n’est être pas imprégné par l’anglais.
    Pour quelle raison l’acceptation de l’impérialisme anglais ? Ironiquement, Jansen est un pion de l’impérialisme anglais. Il veut forcer, imposer, la conformité ennuyante de l’anglais. Il est déterminé à détruire la richesse des cultures, il est l’ennemi des gens (pour la plupart pas blancs) qui aiment leur langue – afrikaans. Il fait quoi, quand il rencontre une personne brune et de langue afrikaans dans un magasin à Stellenbosch ? Il adopte la même attitude, faux – supérieur du monolinguisme, la même attitude caractéristique des anglais, monolingues, impérialistes, intolérants contre tous les autre Sud – Africains ? Parce que, pour nous, la majorité, l’anglais n’est pas notre langue.
    Qui est, en fait, l’intolérant dans cette situation? Et pour quelle raison le besoin de mentir ? Et dans quel but ?
    Comment explique – t – on ce besoin assez hystérique de trouver, voire, de créer, un signe raciste, malgré la réalité ? Pour manipuler la réalité ? On se rappelle la réaction absurde de Lesufi pendant la coupe du monde. Et non oublier pas Schweizer – Renecke. Ici, avec sa réaction incohérente, Janson a créé un incident, tout à fait fictionnel. Il a heurté, sans scrupule, une femme qui l’avait traité avec respect et politesse. Il s’est apparu comme un personnage grossier, en fait, un homme dangereux. Dans ce pays, avec un gouvernement souillé par la corruption, le vol, la fraude et les mensonges, pourrions – nous nous permettre de donner de l’espace à un homme tel que Jansen plus longtemps ?

  • Ronee Robinson

    Angus, jy sit nie eens die pot mis nie, jy vind dit nie eens nie. Probeer daardie teorie van jou met die eentalige en kyk hoe vinnig styg die sassenach se rooinek bloed. Taal is 'n vorm van mag en van handhawing van kultuur. Die eentalige probeer die sassenach taal op almal afdwing as 'n stuiptrekking in die handhawing van die eentaliges se kultuur. Diegene wat hulself probeer wysmaak dat Frans, Duits, Nederlands en die ander Europese tale nie meer saak maak nie, is maar net sassenach onnoselikes. Jonathan Jansen en sy Afrikaanse hensoppertjies stry vergeefs vir die oorheersing van domheid - daar is heeltemal te veel in Europa en in Afrikaans wat teen hulle tel.

  • Beste Ronee Robinson,
    Nee, ek gebruik nie 'n pot nie, en al sou ek ook, dan staan ek regop. My "teorie" kan ook nie op iemand "probeer" word nie. Dis 'n feit soos 'n koei: taal is 'n geluidstroom waarmee die mens kommunikeer. 'n Mens kan dit natuurlik ook gebruik as jy met jouself redeneer en beplan, soos ek nou hier maak waar ek eers in taal moet dink voor ek tik. (Nou wil ek by jou weet hoe toets jy dit op nogals "'n eentalige"?) Jy stem egter heelhartig met my saam in jou skrywe: dis die mens wat politiek maak van taal. Elke mens is trots op sy moedertaal en so moet dit ook wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top