In Memoriam: Gerrit Brand

  • 0

Dit is vir my ’n groot skok om te hoor dat Gerrit Brand oorlede is. Hy was een van my mees geniale studente, op wie ek besonder trots was. Hy was ’n oorspronklike en kreatiewe teoloog wat die gawe gehad het om sy gedagtes helder te formuleer en sorgvuldig te beredeneer. Sy dood is ’n groot verlies nie alleen vir die teologie in Suid-Afrika nie, maar ook vir die “international community of scholars”. Van hom kon ons ’n belangrike bydrae tot die vernuwing van die sistematiese teologie in Suid-Afrika en ook internasionaal verwag het. Ook vir die Kerk is sy dood ’n groot verlies, omdat hy ’n belangrike bydrae kon gelewer het tot die altyd noodsaaklike proses van vernuwing van die geloofsverstaan van die Christelike tradisie. Veral in tye van geloofsverwarring onder baie kerklidmate sal sy bydrae baie erg gemis word. Die Heer het gegee. Die Heer het geneem. Geloof sy die naam van die Heer.

Lees ook hierdie huldeblyk aan Gerrit Brand.
Lees Christo van der Rheede se brief aan Gerrit Brand.
Lees George Claassen se huldeblyk aan Gerrit Brand.
Lees Robert Vosloo se huldeblyk aan Gerrit Brand.
Lees Michael le Cordeur en Jacques van der Elst se gesamentlike huldeblyk aan Gerrit Brand.
Lees Pieter Duvenhage se huldeblyk aan Gerrit Brand.

'n Begrafnisdiens vir Gerrit Brand vind plaas op Saterdagoggend 9 Maart 2013 om 10:00 in die NG Moederkerk Stellenbosch.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top