Elders gesien: Waarom is dit nou skielik godslasterlik as ons dieselfde doen?

  • 1

Tom Dreyer skryf op Facebook:

Betreffende die hele Olimpiese seremonie drama, is daar myns insiens ’n ooglopende punt wat skree om gemaak te word. En dit is dat daai lede van die LGBTQ-gemeenskap TROTS is op hul identiteit. So, selfs al was die tafereel by die tafel ’n verwysing na die Laaste Avondmaal (iets wat hoegenaamd nie ’n uitgemaakte saak is nie), dan was dit vir hulle eerder ’n viering en herdenking, as ’n bespotting of beskaming. Lede van die LGBTQ-gemeenskap beskou nie hulself as onaangenaam of bespotlik, of as spreekwoordelike vrot tamaties wat jou kultuurskatte kan ontsier nie. As jy hulle teenwoordigheid by daai tafel as ’n “aanval” op jou godsdiens sien, verraai jy eintlik maar net hoe onverdraagsaam en kleingeestig jy is.

Dat mense hulleself en mense soos hulle by daardie tafel uitbeeld, is letterlik so oud soos die kunswerk self. Baie kunskenners en geskiedskrywers is van mening dat Leonardo sy eie gesig as die model vir Jakobus gebruik het, en dalk ook vir Thomas. Dit benewens die ooglopende feit dat hy die mense by die tafel uitgebeeld het as Westerlinge in die flambojante rooi en blou gewade van die Renaissance. Leonardo se kunswerk het die bibliese gegewe deur ’n eietydse bril gesien. Waarom is dit nou skielik godslasterlik as ons dieselfde doen?

Lees ook:

Kuns, godsdiens en daai Olimpiese openingstoneel

Elders gesien: Op Olimpus word die gode bymekaargemaak

The power of symbolism

  • 1

Kommentaar

  • My kommentaar is eenvoudig. Dis 'n Christelike simbool en diegene wat so trots is op hulself en hulle gedrag sal eendag voor Christus staan en moet verduidelik waarom het hulle dit wat Jesus voor sy kruisiging ingestel het as 'n heenwysing na Hom totdat hy weer kom, so afskuwelik afkraak en goedkoop maak. Ons as Christene eer ons Heerser en respekteer Hom. Hulle het geen respek en is definitief nie Christene nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top