Elders gesien: Agter die oorlogsteater se gordyn

  • 0

Albert du Plessis skryf op Facebook:

Dit begin nou duidelik word waarom Trump, Hegseth, Rubio en Levitt so fanaties skreeu en die narratief verdedig dat Iran se kernkapasiteit “totally obliterated” is. Dit is die narratief vir vrede, die narratief om nagging Nethanyahu en sy kultus te ontwapen.

’n Mens kon met ’n stok aanvoel hoe  die stuiptrekke van die “12-dag-oorlog” soos ’n teater gechoreografeer is en met rooi rook en kul-jou-hier-en-daar aan die wêreldgehoor opgedis is.

Trump is op rekord met sy deal-making-strategie waar daar meer as twee partye betrokke is: “I just play the two sides.”

Dan vat hy die kant van die wenner en verklaar homself as hero.

Dit is presies wat hier in die Iran-Israel-konflik aan die gebeur is.

Netanyahu koester nou al 30 jaar lank sy obsessie met Iran. “Let them fight and get it out of their system” (sic), was Trump se kommentaar. Toe dit begin duidelik word dat Israel, as die skietery aanhou, binnekort soos ’n “parking lot” gaan lyk, dat hul lugafweerammunisie en geld opraak, dat hulle miljarde se skade lei en nie meer langer in sweterige bomskuilings met oorloopende chemiese toiletstank kan lewe nie, het Netanyahu vir Trump gesmeek om sy vuil werk vir hom te kom doen.

Eerste bedryf

Enter the Don, New York-mafiastyl:

  • Plot die hele storie.
  • Back channel met Iran: Kry julle self reg, ons gaan Fordow bom met bunker busters. Verwyder die 600kg verrykte uraan en julle sentrifugale tegnologie. Maak nie saak of ons “slaag” nie, dit gaan oor die narratief.
  • So stel hy nagging Netanyahu en die  Israel-lobby tevrede en kry hulle van sy rug af.

Maar Bibi huil nog steeds in pyn onder puin.

Tweede bedryf
  • Oorreed Qatar om ’n skynaanval van Iran op die ontruimde Amerikaanse basis buite Doha toe te laat.
  • Gee Iran kans “to establish deterence”.
  • Alles vooraf met Iran onderhandel. Vinnig opgevolg met 'n tydlyn waarbinne beide partye sal ophou skiet.
  • En dan die TV-teater van uitbarsting teen Israel en Iran, maar veral veroordeling van Israel se “last minute unnecessary off loading of the greatest amount of bombs ever seen”. Afgesluit met die teatrale punch line: “They don' t know what the fuck they are doing! You understand that?”
Aftermath
  • Israel is verby. Kissenger het destyds al voorspel dat Israel nie langer as 2040 in sy huidige vorm as teokratiese etniese staat gaan bestaan nie. Trump besef dit. En hy wil besigheid doen met wenners.
  • Hierdie teater gaan oor veel meer as kernbomme. Dit gaan oor wie word die hoofrolspeler in die teater van die Midde Ooste. Iran is besig om die “hub” te word van 'n nuwe (ou) handelsroete tussen die Ooste en Weste. Israel het hulself in die vergetelheid in gebombardeer, kyk na die aantygings van massamoord en aantygings van bedrieglike reeksmoorde op al wat ’n Arabiese teenstandleier is. Moord en doodslag kan jou net so ver bring. Israel verdrink in die bloed, met die albatros van Gaza-volksmoord om hul nek.

Die nuwe orde in die Midde-Ooste gaan Iran sentraal plaas. Ook die Emirate, Saoedi’s, en ander, het onlangs deur Chinese bemiddeling vrede gemaak met Iran. Hulle voel vere vir Sionistiese ideologie, gaan waar die geld is. Trump ook. Wie hom ook al opvolg in Amerika, gaan nie ’n probleem daarmee hê nie. Tans lyk dit of die pendulum in Amerika weer gaan  swaai na die nuwe geslag sosiaal demokrate wat teen oorloë is. Die newcons en magas en Sioniste is verby. Uitgewoed.

Vir Netanyahu en sy kultus is daar nog twee opsies oor:

  • Die Simson-opsie. Hy het genoeg atoombomme.
  • Of, gee oor aan vrede en regverdigheid. Een staat. Ware demokrasie.
Lees ook:

Israel, Iran en Navo: Toe werp Trump sy F-bom! (26 Junie 2025)

Reguit met Robinson: Trump, Israel en Iran

Seen elsewhere: Domestic aggression turning international

Die dwaasheid van Israel se aanval op Iran se kernaanlegte

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top