Bybel in Kaaps
In hierdie afdeling verskyn gedeeltes van die Bybel in Kaaps.
Bybel in Kaaps: Die Tien Gebooie
2017-07-06"Djy sallie anner gode het as ekkie. Djy sallie vi jou beeldjies innie vorm van ienige iets wat boe innie hiemel of onner oppie aarde of wat onner innie waters is, maakie."
Bybel in Kaaps: Die kruisiging van Jesus
2017-04-19"Van twaalfuur tot drieuur toe hettie maan voorie son in gegan ennie hele namiddag wassie land in duisternis."
Die plan om vi Jesus dood te maak
2017-04-07"Oppie eeste dag vannie Fees van Ongesuurde Brood toe kommie dissipels na Jesus toe en vra: 'Waa wil U hê ôs moet gan regmaak vi U ommie Paasmaal te iet?'"
Bybel in Kaaps: 1 Korintiërs 13
2017-03-06"Al praat ekkie tonge van mense of engele,
maa ek hettie liefde nie,
dan is ek maa net ’n stuk klinkende metaal,
of ’n galmende simbaal."
Bybel in Kaaps: Bergpredikasie
2017-03-01"Innie selle way, laat jou lig voo anners skyn, soedat hulle jou goeie werke kan sien en julle se Vader wat innie hemel is kan veheerlik."
Bybel in Kaaps: Psalm 49
2017-02-15"Moetie jou daaoor steer as anners ryk wortie,
dat hulle besittings baie wortie;
wan hulle vat niks saamit hulle wanne hulle sterfie."
Bybel in Kaaps: Psalm 7
2017-01-30"as ek my tjommie kwaad aangedoenit
of my vyand gerob het sonne enige riede
dan lat my vyande my agtena sit en inhaal ..."
Bybel in Kaaps: Psalm 91
2017-01-24"Djy sallie bang wies virrie gevaar vannie naggie,
nog minner virrie pyle wat deurie dag vlieg ..."
Bybel in Kaaps: Psalm 1
2017-01-16"Dit gan lekke mettie mens wattie innie voetstappe vannie goddelose stappie ..."
Die geboorte van Jesus
2016-12-12"Toe die engele vedwyn het en trug innie hiemel in gegan het, het die skaapwagters vi mekaa gesê, 'Kom ôs gan Betlehem toe en gan kykie ding wat gebeerit, wat die Jirre vi ôs van gesê het.' Toe is hulle hastig daa weg uitie veld uit, en gan kry toe vi Maria en Josef, en die babaseuntjie wat innie krip lê."
Maria gaan kuier by Elisabet en Sagaria se loflied
2016-12-06"44 Toe ek jou stem in my ore hoo, toe skop die kind met heppiness hie binne in my. 45 Geseënd is sy wie gloe dat die Jirre sal doen wat Hy gesê het!"
Die Geboorte van Johannes die Doper wôt voospel
2016-12-01"But die engel het hom gesê, 'Niee, djy hoefie bang te wiesie, wan jou gebed was gehoor. Jou vrou, Elisabet, sal vi jou ’n seun gie, en djy moet sy naam Johannes gie.'"
