Die Geboorte van Johannes die Doper wôt voospel

  • 2

In hierdie afdeling op LitNet verskyn gedeeltes van die Bybel in Kaaps.

Luke 1-2 New International Version (NIV)
Introduction

1
Baie van hulle het dit op hulle se self gevat om oo die dinge te skryf wat gebeer het, 2net soes dit aan hulle voogeskryf was, deur die mense wie self die goed gesien het, en wie self dienaars vannie Woord gewies het. 3Met dié in gedagte, het ek dit op myself gevat om self die goed te onnersoek, vannie begin af, het ek toe besluit om te skryf, en die storie vetel soes dit gebeer het, hooggeagte Teofilus, 4soedat djy kan wiet, dat alles wat ek hie gan skryf, kan djy vetrou. 

Die Geboorte van Johannes die Doper wôt voospel

5Innie tyd van Herodes, koning van Judea, was daa ’n priester met die naam Sagaria, hy was deel vannie ’n priestegroep in Abia. Sy vrou was oek afkomstig van Aäron, en haa naam was Elisabet. 6Al twie van hulle was dieners vannie wet van God, hulle het gedoen wat hulle moes ommie Jirre se wette te volg. 7But soes dit was, het hulle nie laaities gehad ie, wan Elisabet kon nie kinnes kry nie, but hulle het oek al twie hulle djarre gehad.

8Daa het ’n tyd gekom toe dit Sagaria se priestesgroep se tyd was om voo die Jirre hulle priesterdientse te doen, soes dit gekom het, 9wassit sy beurt om innie tempel vannie Jirre in te gan en om wierook oppie altaar te gan brand stiek. 10 Terwyl ie wierook gebrand het, wassie mense, wie bymekaa gekom het om te bid, biesag om te bid buitekant die tempel.

11Tewyl Sagaria daa was voo die wierookaltaar, veskyn daa toe, aannie regtekant vannie wierookaltaar, ’n engel vannie Jirre. 12 Natuurlik toe Sagaria die engel sien, toe skrik hy homself boeglam, wan hy’s bang vi die ding wat dan net uitie bloute uit veskyn het. 13But die engel het hom gesê, “Niee, djy hoefie bang te wiesie, wan jou gebed was gehoor. Jou vrou, Elisabet, sal vi jou ’n seun gie, en djy moet sy naam Johannes gie. 14Hy sal vi jou vreugde en heppiness bring, en daa sal baie wies wat sal bly wies oo sy geboorte, 15 wan hy sal groot wies innie oë vannie Jirre. Hy sal nooit bier of stêk drank drinkie, en van sy geboorte af sal die Heilige gies binne hom liewe. 16Johannes sal baie van Isreal se mense trug bring na die Jirre hulle se God. 17 En hy sal voorie Jirre uitgaan, innie selle gies en krag as Elia, om die harte van ouers na hulle kinners toe te draai en om dies wat soe in sonde liewe op die regte te pad te bring, om soe virrie Jirre ’n volk reg te hou.”

18Toe vra Sagaria virrie engel: “Hoe moet ek jou gloe? Ek en my vrou is al twie al te oud vi kinners kry. Ek is te oud en my vrou is al vê voo mettie jare.”

19 Die engel antwoord toe: “Ek is Gabriël. Ek wêk virrie Jirre. Ek was gestuur om met jou te kom praat en die goeie nuus vi jou te bring. 20 Om aan jou te bewys, gan djy virrie tyd, totdat dit gebee, nie kan praatie, ommat djy die woorde wat ek met jou gedeel het, wat met tyd gan plaasvind, nie gegloe hettie.

21Tewyl die engel biesag was om met Sagaria innie tempel te praat, het die mense buite vi hom gewag. Hulle het gewonner hoekô hy soe lank maak binne innie tempel. 22 Toe hy uitkom, toe kon hy nie ’n woord, met hulle praatie. Toe hulle sien hoe asvaal hy is, en ommat hy nie kon praatie, toe wiet hulle dat hy het iets gesien innie tempel. Hy’t net anmekaa vi hulle gewys en beduie na die tempel toe. Hy’t proebee om te praat, but daa hettie ’n woord uit sy mond uit gekommie.

23Toe sy tempeldienste klaa was, was dit mos nou tyd vi hom om trug te gan huis toe. 24Na daai tyd toe wôt sy vrou, Elisabet, swanger, en vi vyf maane het sy haaself weg gestiek. 25“Die Jirre het die vi my gedoen,” het sy gesê. “Hy het nou agte my gekyk, om my skaamte onnerie mense weg te niem.”

26Nou innie sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël wee uitgestuur, en dié kee het hy na Nasaret, ’n dorp in Galilea, 27na ’n maagd toe gegan. Sy was veloof aan ’n man mettie naam van Josef. Josef was vannie geslag van Dawid, die maagd se naam was Maria. 28 Die engel het by haa gekom en gesê: “Ek groet jou, djy wie guns in die Jirre se oë het! Die Jirre is met jou.”

  • 2

Kommentaar

  • My probleem met dit wat dikwels in geskrifte voorgehou word as "Kaaps", is dat dit uiters baie soos standaard-Afrikaans klink as die "Standaard"-spreker dit hardop lees en iemand anders luister. Selfs in Pretoria se Vaalpens-Afrikaans word ook maar ontrondings (hys toe vir huis toe) en samevloeiings (vannie vir van die) gehoor.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top