Bybel in Kaaps: Psalm 1

  • 0

Psalm 1

1 Dit gan lekke mettie mens
wattie innie voetstappe vannie goddelose stappie,
of wie nie innie pad staan wattie sondaars vattie
of wie nie innie kring vannie spotters sittie,

2 maa wie heppiness innie woord vannie Jirre vind
en wie oorrie Jirre se woord, dag in en dag uit, dink.

3 Daai pesoon is soes ’n boem wat langs ’n stroom water geplant is,
Wat oppie regte tyd vrugte dra
En wie se blare nie uitdroegie,
Alles wat hulle doen is suksesvol.

4 Nie soesie goddelosesie,
Hulle is soes kaf, wat deurie wind weggewaai word.

5 Dis hoekô die goddeloses nie sal kan staan innie oordeel van,
Nog minner die sondaars innie vergadering vannie regverdigesie.

6 Wannie Jirre hou wag oorie pad vannie regverdiges,
Maa die pad vannie goddelose lei tot onnergang.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top