Kuberklas Kreatief
Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Stuur inskrywings na naomimeyer@litnet.co.za. Publikasie is onderhewig aan keuring.
Heimwee
2017-10-04"Voor ek weet, sit ek in jou grootwordhuis. Dis nou ’n verlate, oorvol stoorkamer, maar die houtmeubels dra nog die reuk van heimwee."
Agter die maskers
2017-09-11"Is ons, sonder masker of pretensie, dan nie genoeg nie? Hoekom probeer tieners groot wees en ander se drome navolg? Dra grootmense dan nie maar net maskers nie, of kom jy by ’n punt waar jy die masker weggooi?"
Asemrowende stilte
2017-08-14"Die feit van die saak is, as ons drie nie onwettige vlugtelinge op ’n luukse skip was nie, kon ons dalk nou duisende mense se lewens gered het. Om nie eers te praat van ons eie lewens nie, maar hoe red jy iemand wat nie verdien om gered te word nie?"
Lakenwit
2017-07-18"Toe die polisie in die skemerte inry, bly Thebo en ek daar staan. Ons luister na elke ritsel, elke voëltjie wat fluit en hoor die nagmerries weergalm."
Ontdekkingsreisiger
2017-01-30"Soos ’n uitvlug uit Egipte, kies hy koers na wat hy glo die enigste beloofde land is. Die motorfiets brom opgewonde."
Wysheid
2016-11-24"Ek sien raak hoe die wolke soms prente vir die verbeeldingrykes skets en hoe die karre wat verbyry gesigte trek."
Blou Maandag
2016-09-23"my blou Maandag
dra 'n paar kinders op haar heup
ruil doeke om in Durbanville
terwyl Morningstar se gunshots
deur ABBA uitgedoof word ..."
Praat die waarheid, selfs al bewe jou stem
2016-09-23"Ja, dit vat moed om jou waarheid te praat, maar soms vat dit ook moed om stil te bly en ’n ander mens se waarheid te verstaan en te aanvaar."
Eendag as ek groot is
2016-09-12"Eendag, as ek groot is
en die uurglas
van my lewe
leeggeloop
het ..."
Strate van plastiek
2016-08-24"Natgesweet in die oggendson het hy plastieksak en al die winkel binnegeloop."
Hou hierdie oomblikke in 'n dagboek vas
2016-08-17"Toe ek my oë oopmaak, ontmoet ek en die dagboekskrywer mekaar in die middel van ‘n tweede kans."
Op soek na die vuurtoring
2016-06-30"Ek voel die lig naderkom, soos ek die donkerte agter my voel wegkwyn en uiteindelik is daar geen omdraaikans meer nie."
