Eendag, as ek groot is
en die uurglas
van my lewe
leeggeloop
het, sal ek
vergeet om
te verlang.
My siel speel wegkruipertjie en my hartseer blinde mol.
Eendag,
as ek die wêreld
in wit en swart
sien, sal ek ophou
wanneer die son
se glimlag smiddae
breek (in 'n
kaleidoskoop
van 'n duisend
kleure) om te
dink aan ...
die stad
van my drome en
al die strate
waarin ek wou
verdwaal.
Eendag,
as my hart
doof geword
het in die
kakofonie van
hierdie wêreld,
sal ek weer leer om
hierdie liedjie
te sing.
Die melodie wat lag
teen my siel kom skryf
het.
Eendag,
as ek groot is,
sal ek ophou
skryf
en onthou:
gedigte is net
fantasieë en
sprokiesverhale net
vir kinders.
Jané de Wet, 17
Graad 12
Port Elizabeth


Kommentaar
Pragtig.