LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van natuurwetenskaplike aard. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) skakel nou met:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
Riglyne vir navorsers wat van Latex gebruik maak, kan hier gevind word.
![]() |
Natuurwetenskappe-redakteur |
![]() |
Natuurwetenskappe-ereredakteur |
![]() |
Natuurwetenskappe-ereredakteur |
Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats
2012-05-10In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.
Toewysingsheuristieke om die volgorde van bestellings vir 'n uitsoeklyn te bepaal
2012-03-20Hierdie artikel ondersoek 'n sisteem vir die opmaak van bestellings deur middel van heuristieke. Die uitsoek en opmaak van bestellings in 'n distribusiesentrum wat deur Pep besit word, word ondersoek.
Naasbeste benadering met gladstrykers
2011-08-24In hierdie artikel word relevante gevestigde resultate opgesom wat presies dit bewys: alle operatore soos S het Sx tussen twee benaderings ULx en LUx tot x, wat dieselfde beeldversamelings het.
Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10
2010-10-20In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe): Inligting
2010-01-01LitNet Akademies (Natuurwetenskappe): Inligting