Wessel Pienaar

Wessel Pienaar is ’n navorsingsprofessor in die Departement Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het die volgende gevorderde grade behaal: MS in Siviele Ingenieurswese aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley; MEcon in Vervoerekonomie aan die Universiteit Stellenbosch; PhD (Ing.) in Siviele Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch; en DCom in Vervoerekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy beskik oor ’n Kategorie A-navorsingsgradering van Sanral. In 2000 en 2011 ontvang hy die Rektorstoekenning vir Voortreflike Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is die hoofredakteur en hoofskrywer van die internasionaal gebruikte handboek Business logistics management: A value chain perspective, wat deur Oxford University Press uitgegee word. Wessel publiseer in Afrikaans en Engels. Van sy werk is deur internasionale navorsingsinstellings in Duits, Frans en Russies vertaal en gepubliseer. In Desember 2015 het Wessel die Kanselierstoekenning vir Akademiese Uitnemendheid van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, waarvan hy van 2014 tot 2017 as voorsitter gedien het, en is ’n genoot van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Ingenieurswese (SAAE).

Huldigingswoord: Erelidmaatskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan Adam Small

Steward van Wyk, Wessel Pienaar Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016-10-12

Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is die hoogste toekenning van die SA Akademie. Erelidmaatskap is vanjaar postuum aan Adam Small toegeken as erkenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal.

Onderhoud met die nuwe voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Wessel Pienaar, Naomi Meyer 2014-11-11 "Dit is wat wonderlik is van die Akademie. Die kunstenaar se inspanning kan die geestesgoedere bied vir die wetenskaplike se ontspanning en die toegepaste wetenskaplike kan die hulpmiddele help ontwikkel wat die kunstenaar ter wille is. Daarom ’n onomwonde ja, die wetenskap én die kuns roer my!"
Top