Surene Esterhuizen

Surene Esterhuizen is ’n geesdriftige leser oor vele genres heen, ‘n sporadiese blogger en ’n ywerige amateurfotograaf. 

Sy werk voltyds in die boubedryf, maar leef vir na ure wanneer sy die tegniese versorging van e-boeke en oudioboeke doen.

Sy lees ongelooflik baie, en het al ’n paar lesersindrukke op Lekkerleesboekrak (Facebook) gedeel, maar sy lees vinniger as wat sy haar menings kan deel. Verder droom sy daaroor hoe lekker dit sou kon wees om betaal te word om voltyds te lees. 

Al wat tel deur Irma Venter: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-05-31

"Toe Ami by die misdaadtoneel aankom, weet sy dis nie ’n gewone misdaadtoneel nie. Want hoekom is die Valke daar?"

’n Droomhuis vir Kristie deur Elaine Marais: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-04-30

"Dis ’n lekker storie met genoeg menslike drama om die sneesdoekies byderhand te hou, maar ook genoeg intrige om jou nog ’n bietjie aan die raai te hou. My tipe liefdesverhaal – ’n gewone storie oor gewone mense!"

Geheime op Philadelphia deur Riaan Grobler: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-03-25

"Dis vir my verfrissend om in hierdie genres iets te lees wat deur mans geskryf is, en boonop agter te kom dat hulle siening oor die liefde nie noodwendig anders as vrouens s’n is nie."

Top