Stephanie Nieuwoudt is ’n onafhanklike joernalis wat graag voltyds net oor skrywers, boeke en die uitgewersbedryf sou wou skryf. Maar om den brood en botter, skryf sy noodgedwonge oor ’n verskeidenheid dinge wat wissel van aardverwarming tot die Internasionale Straftribunaal vir Rwanda (waar die aanhitsers van die Rwandese volksmoord verhoor word), hoe interessante mense hul woonplekke inrig tot dinge wat die medialandskap raak. Sy het vir drie jaar lank in Kenia gewoon vanwaar sy wyd deur Afrika gereis en geleer het dat geen TV-beeld of goed-geskrewe artikel jou ooit kan voorberei nie op die skoonheid en hoop van Afrika ondanks die prentjie van geweld en wanhoop wat gewoonlik van die kontinent geskets word. Haar werk verskyn in koerante, tydskrifte en aanlynpublikasies. Sy doen ook vertaal- en proefleeswerk en het al ’n boek of twee geredigeer.
Opgedateer/Updated: 2010-01-27
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za