Jou KI-IK: Die tuin se geheime held
2026-01-30"Is die liewenheersbesie ’n monstertjie of ’n held?" Kyk na hierdie KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-skoleverrykingsartikel (Lewenswetenskappe) deur Rouxlyn Botha (2024) opsom. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging.
Your AI IQ: LitNet learning (the insect world) | Jou KI-IK: LitNet-leer (die insekwêreld)
2025-12-11Are you a parent looking for videos, infographics and slides of educational materials to send to your school-aged child? AI quickly summarises and packages LitNet text material in various formats. | Is jy ’n ouer op soek na video’s, infografika en skyfies van verrykingsmateriaal wat jy aan jou skoolgaande kind kan aanstuur? KI kan LitNet-teksmateriaal opsom en blitsig in verskeie formate verpak.
Graad 7, Lewenswetenskappe-verrykingsartikel: Hitte-oordrag
2025-08-19"Hitte-oordrag is belangrik vir ons mense en ook vir diere om te oorleef. Ons liggame kan net by sekere temperature funksioneer en daarom maak ons van verskillende metodes gebruik om die temperatuur daar te hou. Deur die prosesse van hitte-oordrag te verstaan kan ons die beste moontlike besluite neem om die temperatuur daar te hou waar ons dit wil hê."
Lewenswetenskappe: Statiese elektrisiteit in die insekwêreld
2025-07-03"Statiese elektrisiteit kom ook in die natuur voor. Insekte maak gebruik van statiese elektrisiteit om rond te beweeg, om stuifmeel te versamel en om hul vyande te vermy. Bye kan, deur van statiese elektrisiteit gebruik te maak, stuifmeel versamel sonder om eens daaraan te raak. Terwyl ’n by vlieg, versamel sy statiese elektrisiteit as gevolg van die wrywing tussen haar vlerkies en die lug."
Lewenswetenskappe: Chemiese reaksies in die bombardierkewer
2025-05-27"Chemiese reaksies is oral rondom ons waarneembaar. Ons is net nie altyd daarvan bewus nie. Ook in die natuur gebeur daar gereeld allerhande chemiese reaksies. Kom ons kyk hoe die bombardierkewer van chemiese reaksies gebruik maak."
Lewenswetenskappe: Sure en basisse, miere en termiete – het hulle iets gemeen?
2025-05-12"Behalwe vir selfverdediging, gebruik miere ook mieresuur om hul neste mee te ontsmet. Mieresuur het anti-mikrobiese eienskappe. Dit beteken dat dit die groei van mikrobes wat siektes onder die miere kan veroorsaak, vertraag. Mieresuur is so effektief dat dit gebruik word om veevoer mee te preserveer."
Graad 7: Lewenswetenskappe – hidrobreking en skaliegas in die Karoo en die impak van brandstofproduksie op die omgewing
2025-03-31"Die ontginning van skaliegas in die Karoo was die afgelope jare die onderwerp van baie debatte. Die proses is tydelik gestaak om tyd toe te laat vir beter navorsing, maar kan nou weer in volle swang voortgaan. Maar wat is die impak daarvan op die omgewing?"
Graad 8: Lewenswetenskappe – aanpassings vir oorlewing in die droë Karoo
2025-02-26"Aanpassings maak dit vir organismes makliker om in hul omgewing te oorleef. As hulle nie by ’n veranderende omgewing kan aanpas nie, moet hulle weg trek of uitsterf. Daar is drie maniere waarop organismes aanpas: struktureel, funksioneel en deur middel van gedrag." Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel.
Lewenswetenskappe: Predator of prooi? Die mierleeu se plek in die ekosisteem
2025-02-10Rouxlyn Botha het ’n meestersgraad in Omgewingswetenskap cum laude behaal. Sy is passievol oor die natuur. Sy het al vir LitNet ’n paar Lewenswetenskappe-artikels geskryf. Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel.
Lewenswetenskappe: Chlorofil, fotosintese en blaarmyners – hoe om groen te bly
2025-01-17"Terwyl plante fotosinteer, skakel hulle koolstofdioksied, water en ligenergie om in suurstof, water en koolhidrate. Die chemiese vergelyking lyk soos volg: 6 CO2 + 12 H2O + ligenergie → C6H12O6 + 6 O2 + 6 H2O."
Lewenswetenskappe: Liewenheersbesie – of ’n monstertjie?
2024-12-23"Die klein kruipertjies lyk voorwaar of hulle uit ’n bangmaakstorie kom. Orals oor hulle lyfies is stekelrige uitgroeisels. ’n Lang dik stert laat hulle so ’n bietjie soos ’n dinosourus lyk, en met ses bene beweeg hulle plat op hulle mae rond."
Lewenswetenskappe: Gee paddas vratte?
2024-12-09"As jy na hierdie foto kyk, sal jy sien dat die padda se vel nogal hobbelrig lyk, so asof hy vratte het. Dit is natuurlik waar die storie dat jy gaan vratte kry as jy aan paddas vat, vandaan kom. Dit is egter nie die waarheid nie. Die hobbels op die padda se vel is vir kamoeflering."
Lewenswetenskappe: Blou pajamas en muskiete
2024-11-12"Muskiete kan nie so baie kleure soos mense sien nie. Blou is een van die kleure wat hulle nie kan sien nie, tesame met wit, groen en pers. Deur blou pajamas aan te trek, raak jy dus onsigbaar vir muskiete."
