Elders gesien: Namib100 – dag 5
2021-03-05"My hart, my siel, my asem, my alles lê in die sand tussen die duine van die Namibwoestyn en in die eindeloosheid van sy skoonheid. Dit loop deur my murg van die tyd af toe niemand my nog geken het nie."
Elders gesien: Namib100 – dag 4
2021-03-04"Die sandsnoere het soos ’n kunstenaar se verfstrepe en kwashale voor my uit gedans op die maat van sy eie musiek."
Elders gesien: Namib100 – dag 3
2021-03-02"Teen slaaptyd was my syn tevrede. Ek het vandag die ontheemdheid uit my lyf uitgestap en van hier af vorentoe sal ek net ek kan wees en daar waar ek gaan, daar sal ek gaan."
Elders gesien: Namib100 – dag 2
2021-03-01"Duin op duin op duin. Om die ewige skoonheid van die Namibwoestyn te probeer vasvang in my wese en my gebeentes. Om die sand wat deur my lyf loop te voel lewe en om te weet dat ek gegrond kan wees al is die sand onder my los."
Elders gesien: Namib100 – dag 1
2021-02-24"Ek het gewonder of ek dalk Namibkoors het dat die gediertetjies my so aanraak. Maar in my dieper waters het ek geweet dat ek eintlik net die natuur in die gemak van sy eie vel gesien het."

